Minstens een SA’ner dood tydens geweld in Mosambiek

Palma. (Foto: JOHN WESSELS / AFP)

Minstens een Suid-Afrikaner is dood nadat djihadiste ʼn dorp in die noorde van Mosambiek binnegeval het.

Maroela Media het Vrydag berig ʼn klomp Suid-Afrikaners is glo in ʼn hotel in Mosambiek vasgekeer nadat Mosambiekse soldate ʼn aanval op djihadiste militante geloods het. Dié stap kom nadat militante Woensdag die kusdorp Palma in die noorde van Mosambiek ingeval het.

News24 het Saterdag berig minstens een Suid-Afrikaner uit die ongeveer 200 buitelanders wat in die luukse Amarula Palma-hotel vasgekeer is, is in die konflik dood. Die Suid-Afrikaner en vyf ander buitelanders wie se nasionaliteit nie in die stadium bekend is nie, is na wat verneem word dood toe hulle van die aanvallers probeer vlug het. Djihadiste is boonop nou besig om nader aan die hotel te beweeg.

Volgens AFP is die vasgekeerde buitelanders hoofsaaklik werkers by ʼn vloeibare aardgas-perseel naby Palma. Die oliereus Total is die grootste aandeelhouer van dié perseel. Djihadiste het die kusdorp Woensdag binnegeval, slegs ure nadat Total aangekondig het dat hy geleidelik werk aan dié projek gaan hervat. ʼn Groot getal mense moes noodgedwonge die nabygeleë bosse in vlug toe die aanval begin. “Amper die hele dorp is verwoes. Baie mense is dood en talle werkers wag in die hotel om gered te word,” het ʼn werker by die perseel Vrydagaand telefonies aan AFP gesê.

ʼn Werker van ʼn maatskappy wat deur Total gesubkontrakteur is, sê helikopters het Vrydag om die hotel gevlieg en probeer om ʼn manier te vind om die mense wat in die hotel vasgekeer is, te bevry. “Teen die aand het baie mense nog op die perseel agtergebly en die militante het nader aan die hotel probeer beweeg.

Die djihadiste is na wat verneem word deel van ʼn plaaslike terreurgroep wat bekend staan as Al-Shabab. Hulle word nie verbind met die Somaliese terreurgroep met dieselfde naam nie.

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het Vrydag aan Maroela Media gesê hulle is “bewus van die situasie”. Sy sê haar departement bied tans die nodige bystand aan landsburgers deur die Suid-Afrikaanse ambassade in Mosambiek. Bitter min is nog oor die welstand van dié Suid-Afrikaners bekend.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Stephen ·

Stuur net 20 oud Recce/Koevoet lede daar in..I rest my case!.

Nic ·

stephen jy is reg dis al wat gaan help nie die vrot weermag van vandag nie

Deon ·

Dirco, as die mense met helikopters ander probeer uithaal, hoe gaan die ambassade hulp verleen? Hoeveel SA burgers is daar in daardie hotel? Het julle n plan om die mense te red of het julle n plan om in beheer te lyk… Die terugvoer van julle af in die bostaande berig is niks seggend. En waar is julle nou met “geen bedreiging vir ons nie”?

Hennie ·

1 peleton parabats sal hulle uitsorteer.Nie die hopelose lot
wat in afrika wagdiens doen.

Pampoen ·

Die wereld, SA en die OAU gee heeltemaal te min aandag aan hierdie aanval.

My siening ·

En cyrel slaap lekker terwyl SA nie die weermag het om n kleuter skool aan te val nie.

JohanR ·

Tyd om die lot vas te vat voordat dit te laat is. Miskien soe paar harde baard Recce/Koevoet manne soos hier gese word, en in ‘n week hardloop ISIS in Mozambique. Kan selfs dink aan ‘n paar Selous Scouts wat lank laas in Mozambique gekuier het!

FM ·

Wanneer skrik die regering wakker?

DIS KLAAR TE LAAT VIR WAKKER SKRIK!!!

Daar moes lankal skoon gemaak gewees het.

Jaco ·

Die Hotel is oorgeneem en blykbaar n bloedbad daar baie burgelikkes het gesterf van SA ook

Cherokee ·

Dìt, die moslem, is die antichris wat besig is om die hele wêreld in te sypel, soos 2000 jaar gelede geskryf is.

Sarel ·

Laat SA leer wat oorlog aan ‘n land kan doen.. Sedert
Onafhanklikheid was daar nog nooit vrede in die Buurland niecen ek dink hierdie groep is die wreedste van akmal. Soos gewoonlik help niemand uit nie en SA sal homself nie eers kan verdedig nie.

Bushy ·

Gorilla warfare is heeltemal iets anders as wat ons our weermag lede voor opgelei is. Vra maar

Nic ·

Dirco dit help nie om te praat en niks te doen nie .Dieco ook seker deel van anc se belofte makers

Jack ·

Ek is bevrees die patetiese en onbeholpe regering van ons sal dit makliker vind om hulle gevoel van medelye na die tyd aan families oor te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.