Minstens ses moontlike kopers vir SA Express

(Argieffoto: Facebook)

Minstens ses voornemende kopers stel daarin belang om die lugdiens SA Express, wat tans onder voorlopige likwidasie is, by die staat te koop.

Dit blyk uit ‘n voorlegging vanoggend aan die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) deur SA Express se likwidateurs.

SA Express is ‘n lugdiens wat die kleiner sentra in Suid-Afrika bedien, en is sedert einde April onder voorlopige likwidasie. Die lugdiens se bates word geskat op tussen R103 miljoen en R120 miljoen. Kostes sluit in ongeveer R2,2 miljoen per maand vir kantore en vliegtuigloodse (skuur waarin vliegtuie gehou word), en ongeveer R22,5 miljoen per maand vir die huur van vliegtuie.

Werknemers van SA Express het vanaf die einde van April geen salaris ontvang nie maar ontvang wel die sogenaamde Ters-toelaag van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF). Die likwidateurs het as prioriteit gestel die inwin van geld wat aan SA Express verskuldig is, en om betaling van werknemers so gou moontlik te laat gebeur. Voorts moet verseker word dat sommige van SA Express se lisensies, wat net tot 31 Julie geldig is, nie verval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Barbara

Seker China

Mallie

Barbara ek dink jy is reg, want die Cinese koop mos alles

Stofdonkie

Dalk is hier ‘n kans vir Rupert om bietjie te diversiviseer. Sy sigarette doen op die oomblik seker nie te goed nie, hy dink mos hy kan eerlik geld maak.