Misdaad daal in Kaapstad weens Covid-19

(Foto: Facebook)

Misdaad het ten tyde van algehele afsondering in die Stad Kaapstad se sentrale sakekern (CBD) met 73% gedaal. Só het die Kaapstadse Sentrale Stadsverbeteringsdistrik (CCID) bevestig.

Volgens Mo Hendricks, CCID se bestuurder van veiligheid en sekuriteit, het misdaad beduidend afgeneem sedert die instel van die landwye afsondering in Maart. Bheki Cele, minister van polisie, het ook einde April bevestig misdaad het beduidend afgeneem in die land.

Vanaf 27 Maart tot 15 Mei is daar slegs 94 misdade aangemeld in vergelyking met 340 voorvalle wat tydens dieselfde tydperk verlede jaar aangemeld is. Verlede jaar is 23 rooftogte, 83 gevalle van diefstal uit motors en 38 gevalle van mense wat in die openbaar baklei in dié tydperk aangemeld.

Sedert die instel van die afsondering het die stad slegs vyf rooftogte aangemeld, wat ’n 78%-daling van verlede jaar is. Diefstal uit motors het met 92% gedaal en die voorvalle waar mense in die openbaar baklei, het met 70% afgeneem. Daar is slegs 11 sulke gevegte in dié tyd aangemeld.

In die eerste week van afsondering is 14 mense in hegtenis geneem ná ’n vlaag sakerooftogte in die stad se sentrale sakekern.

’n Afname van 100% is in OTM-bedrog en algemene diefstal aangeteken.

“Die grootste misdade wat in dié stadium gepleeg word, is mense wat in die openbaar baklei, prostitusie en die besit van onwettige middels en gesteelde goedere,” het Hendricks gesê.

Hendricks sê hulle het boetes van meer as R20 000 opgelê vir die onwettige verkoop van sigarette deur handelaars of klein ondernemings, asook vir mense wat versuim het om die afsonderingsregulasies na te kom en ná 20:00 in die aande sonder ’n permit in die strate rondbeweeg het.

Die CCID het tydens die afsondering saam met die polisie en die stad se wetstoepassingsagentskap onverpoos gewerk om te verseker die stad se mense, hul besittings en eiendom word ten alle tye beskerm. Sowat 300 veiligheidsbeamptes het tussen dag- en nagskofte gewissel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Genis ·

Dis nie eindelik n prestasie nie.. Ek wonder of die kaders ooit weet, daar moet eindelik nie misdaat wees nie.. Dis eindelik hulle werk om di eland te beveilig.. Nie om korrup te wees en misdaad te beskerm nie…

Anel ·

Werklik. Wat vertel julle ons nou! Wat ‘n prestasie! So wat julle eintlik wil sê is dat ons maar permanent toe gesluit moet bly sodat daar geen misdaad is nie. NARRE!!!!

Fedup ·

Well good for you, i guess. Crime is a passion for the others. For us normal people, a great pain in the big toe. There should be NO CRIME. Please try and understand that.

Sarel ·

Arresteer Burgetlikes en Kinders maar Moord en Doodslag, Skakings , Rooftogte ens het hulle nie tyd voor nie. In plaas vsn Misdaad bekamp laat die Regering 19000 misdadigers vry.

Jax ·

Snert! Ek woon in die Kaap en die syfers in ons gebied het die hoogte ingeskiet. Ek is Baie betrokke by ons plaaslike buurtwag en is daarom Baie deeglik bewus van wat werklik gebeur! Covid se Belaglike inperkings het veroorsaak dat ons nie Meer patrollies mag ry nie – die gevoelg is, dat misdaad Meer as verdubbel het in ons area. Iemand kook met syfers – soos ons teen die tyd al gewoond is. Die waarheid Sal nooit uitkom nie want gesigte gaan bloed-rooi raak!
Die regering het geen beheer oor die misdadigers nie maar wel oor die wat met hul kinders Wil gaan stap op die strand. Maaaaaaar stap in die informele gebiede en daar is dit free for all. Almal maak soos hulle lus het.
Weereens is dit net die belastingbetaler en die wat n vaste adres het, wat in die slag bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.