Misdaad floreer glo in Krugersdorp sonder gemeenskapspatrollies

Argieffoto: Kent Williamson

Die afwesigheid van patrolliedienste van gemeenskappolisiëringforums (GPF) in Krugersdorp het misdaad glo in dié dorp laat toeneem.

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid in die Mogale City- plaaslike munisipaliteit, het gesê vermeende koperdiewe is feitlik daagliks besig om elektriese kragbokse oop te breek om smeltdrade te steel. “Die smeltdrade het feitlik geen herverkoopwaarde nie en die klein koperkontak wat deel vorm van die smeltdraad, is waarskynlik die enigste rede vir die misdaad.”

Wees die Covid-19-afsonderingsmaatreëls en die instelling van die aandklokreël is die GPF nie gemagtig om met hul werksaamhede voort te gaan nie. Polisiedienste se verantwoordelikhede is ook uitgebrei om toe te sien dat die regulasies van die Rampbestuurswet toegepas word.

“Die toename in dié soort misdaad veroorsaak dat drie of meer huise in ʼn straat vir ʼn dag of langer sonder elektrisiteit gelaat word wat lei tot groot frustrasie onder huiseienaars en die munisipaliteit,” het Steenkamp bygevoeg. “Die woonbuurte wat veral deurloop, is Krugersdorp-Noord en Krugersdorp-Wes.”

Hy het gesê dit is onrusbarend dat misdadigers hul fokus van grootskaalse koperdraaddiefstal verskuif het om smeltdrade te steel tot nadeel van baie huishoudings wat reeds gebuk gaan onder moeilike omstandighede weens die Covid-19-afsonderingsperiode.

Die VF Plus doen ʼn beroep op inwoners van Krugersdorp om enige vorm van diefstal sien dadelik by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Hoe help dit nou om misdaad by die polisie aan te meld, as die polisie hulle werk ordentlik doen sou daar nie misdaad wees en die parkie polisie sou ook nie nodig wees om die polisie se werk te doen nie.My opinie is plaas druk op die polisie om hulle werk te doen.

david

Regter Hans Fabricius was verlede week baie krities in sy uitspraak in die saak teen die SAW se optrede teen die publiek.
Dis nou nodig om min Bheki Cele , watgemeenskaps polisieering belet het, voor die hof te bring
om verantwoording te doen vir die gebrek aan optrede teen die misdadigers
Daar staan immers in die reg die beginsel : “jy kon voorsien het”…..dit geld veral vir die minister van polisie.!!
Sy redes waarom hy hulp vanaf die pubiek weier, is net soveel twak as sy stories oor alkohol….!
Hierdie man moet vervang word, en baie vinnig ook..

Emily

Hoe kan die misdaad afneem, as die kriminele weet waar om te roof, moor ens. Hulle weet ou hoed en sy spanne is te besig om mense te terrioseer wat drank en sigarette soek.

Scalla

Hoedeman moet antwoord, privaat patrollies ens, is deur hom gestop, al wat sy mense moet doen is baie maklik, hul moet net sit en kyk dat almal na agt in hul huise bly .

Juls

Krugersdorp polisie stasie is toe. Hoe moet ons misdaad aangee??????????????????????????????????????????