‘Misdaad gebeur oral’, sê Wallaby ná grypvoorval

Jordan Uelese, Wallaby-haker. (Foto: rugby.com/au)

Die Wallaby-haker Jordan Uelese sê die diefstal van Taniela Tupou se selfoon voor ʼn hotel in Johannesburg gaan nie die span se siening oor Suid-Afrika verander nie.

Maroela Media het vroeër berig Tupou (23) en ander lede van die Wallabies se voorry het Saterdagaand omstreeks 21:15 van ʼn restaurant na die Sandton Sun, waar hulle tuisgaan, teruggestap, toe ʼn man verby Tupou geloop en sy foon gegryp het. Die restaurant waar hulle was, is net oorkant die pad.

Tupou het die man agternagesit en het ligte snye aan sy arm opgedoen toe hy die selfoon uit ʼn voertuig, waarin die grypdief gespring het, probeer teruggryp het.

“Dit is maklik om ʼn foon te vervang, jy kan nooit ʼn lewe vervang nie,” het Uelese aan rugby.com.au gesê.

“Ons is altyd daar vir mekaar, so as hy daardie kar agternagesit het, weet jy nooit wat kon gebeur het nie.”

Uelese het gesê ten spyte van die skok oor die voorval, gaan dit nie sy houding jeens Suid-Afrika en sy mense verander nie. “Ons was al baie hier, hulle [Suid-Afrikaners] is wonderlike gashere en aangename mense,” het Uelese gesê.

“Misdaad gebeur oral. Ek gaan nie toelaat dat ʼn klein minderheid misdadigers die beeld van Suid-Afrikaners skade doen nie.”

Uelese het ook gesê die voorval gaan die span nie keer om in die toekoms weer uit te gaan nie. Volgens hom was die spelers waarskynlik oorgerus en sal hulle voortaan waaksamer wees. “As jy agt 120 plus kilo-spelers bymekaar het, is jy waarskynlik nie sleg daaraan toe nie. Ons voel heel veilig wanneer ons saam is.”

Hy het gesê die Wallabies se veiligheidspan sien ook baie goed na hulle om. “As jy ʼn foon by een van die grootste ouens in ons span kan steel, kan jy dit seker by enigeen steel,” het Uelese gesê.

Tupou het die nuwe iPhone net ʼn week gelede in Brisbane gekoop, het die webwerf berig.

“Hy is mal daaroor om op sy foon te speel, so dis dalk goed vir hom om ʼn ruskans [van die foon] te neem,” het Uelese geskerts.

Die Wallaby-stut, Taniela Tupou, is Sondag in Johannesburg van sy selfoon besteel. (Skermgreep: Australiese Rugbyunie)

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is steeds op soek na die grypdief. Volgens hom het die dief in ʼn voertuig langs Tupou stilgehou, uitgespring en die foon gesteel, en terug na die motor gehardloop.

“Die slagoffer het sy arm lig beseer toe hy glo agter die verdagte aangehardloop het en die agterruit van die verdagte se voertuig met sy hand geslaan het, voordat dit weggejaag het,” het Masondo gesê.

Hy het gevra dat enigeen met inligting oor die voorval, die polisie sal kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bert ·

Ja, ek het ook gewonder oor die ‘klein minderheid misdadigers’
Vir miljoene hier is dit hul daaglikse modus operandum.

Johan ·

Miskien moet die span fotos van plaasaanvalle gewys word en vra of hulle steeds glo “misdaad gebeur oral”… dalk verander dit hulle opninie van SA?

nou toe nou ·

Ag my henne tog polisie soek gryfdief………..
Hulle kan nie eers ‘n moordenaar opspoor nie wat se grap is ons ou landjie tog nie.
Maar nou moet ons se- dit hang af wie vermoor is natuurlik !!!!

piet piet ·

Ek sekondeer party kan nie eers die polisie stasie kry na n skof nie.

Ralph ·

Selfoongryp is nie misdaad in SA nie! Jy het lig daarvan afgekom pel.

JPV ·

“… klein minderheids misdadigers….” Die ANC is aan bewind en die meerderheid, – hulle is almal misdadigers…

GM ·

“Handjie vol misdadigers” ? Hahaha. Die opregtes/eerlikes is eerder ‘n handjievol as mens na al die moord, verkragtings en diefstal berigte kyk wat daagliks geplaas word.

Daan ·

Julle weet seker daar was vir hom gese hy moet dit se. Algemene reels as jy jou land verteenwoordig is dat jy nie n ander land mag slegse as iets met jou gebeur het nie. So in die publiek se jy iets mooi en dan privaat kan jy die waarheid praat. Internationale figure moet altyd n voorbeeld wees, al beteken dit dat jou woorde nie is wat jy regtig wil se nie

Gert Midstream ·

Einlik net ‘n handjie vol geloofwaardige mense. Misdadigers ‘n gewone daaglikse bedryf.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.