Misdaad kos landbousektor miljarde

Foto:
Lukas/Pexels.com

Suid-Afrika se landbousektor word steeds bedreig deur ʼn plofbare veiligheidsituasie en dit is noodsaaklik dat die regering dit ernstig opneem en daarvolgens optree.

Dié siening spruit volgens Terence Corrigan, projekbestuurder by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR), uit AgriSA se onlangse verslag oor misdade op plase waarvolgens ʼn skokkende syfer van 70% van plase een of ander vorm van misdaad in 2017 beleef het.

Veediefstal was die algemeenste misdaad en kort op die hakke daarvan diefstal van infrastruktuur en toerusting. Minstens 25% van plase het rooftogte beleef wat volgens die SAIVR dikwels met geweld gepaargaan. ʼn Derde van die respondente het beweer daar was ʼn toename in misdaad die laaste drie jaar.

Corrigan het gesê AgriSA se opname is ʼn baie waardevolle poging om die gevaarlike situasie waaronder plaashuishoudings bedryf word te kwantifiseer. “Dit het toepassing op alle plaasgemeenskappe, boere, hul werkers – van enige ras. Te dikwels het stemme in die staat en samelewing, én die president, probeer om dit minder erg te laat klink as wat dit is. Dit verdien om erken te word as die baie werklike en verlammende probleem wat dit is,” het Corrigan gesê.

Volgens hom word alle misdade wat gepleeg word ook nie by die owerhede aangemeld nie.

Die SAIVR meen dat die koste van misdaad in die landbousektor altesaam R7,7 miljard beloop. Die SAIVR meen dat misdaad op plase, ten opsigte van eiendom of mense, ʼn reuse- strategiese kwessie vir die bedryf is.

“Dit kos nie net die sektor wat reeds onder druk verkeer baie geld nie, maar dit is ook ʼn groot ontmoediging om ʼn loopbaan in boerdery te kies,” het die SAIVR gesê.

Die SAIVR meen plaasbewoners word deur ʼn groter gevaar in die gesig gestaar. “Dit [dié siening] word ondersteun deur deeglike navorsing. Amptelike data wys tussen 2012/13 en 2017/18 was daar 353 plaasmoorde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sieg ·

Ja die verlies kan aan gewend word om meer mense werk te skep maar die boer verloor so meer plaas werkers sit sonder werk mooi so useless anc.

Jerry ·

By monde van die ANC is hulle rewolusionere struggle nog lank nie verby nie. Julle weet dit tog al teen die tyd dat die staat doelbewus plundering gepaardgaande met plaasmoorde gaan toelaat terwyl die rewolusionere struggle “non stop” voort stoomrol. Dit help nie om die staat wat aandadig is aan plundering en plaasmoorde te vra vir enige staatshulp nie, dit val op dowe ore. Hoe meer plundering en moorde kan plaasvind, hoe groter is die rewolusionere oorwinning oor kolonialisme. Vra eerder vir AfriForum vir hulp met plaasbeveiliging, julle gaan egter n bietjie moet wag totdat hulle teruggekeer het uit Australie.

Thinus Erasmus ·

Ai Jerry net toe ek dog jy sien die lig toe kap jy Afriforum met ‘n lae hou – daar is eker meer as genoeg om te help al is enkele van die leiers in Aus.
Die werklikheid is dat die hele SA in misdaad greep it en die ANC nog teeds dink hulle i in beheer en gaan daar bly.
Nou skop almal nog daarteen, maar op die ou end gaan ANC net nog ‘n misdaad kartel wees waarvan jy nie deel kan wees as jy nie misdaad aanvaar as ‘n alternatiewe vorm van regeer is nie.

Callie ·

Hier is nou bewyse weereens oor hoe jy lieg Ramaphosa. Het niemand in die parlement die durf om hom as leunaar voor almal uit te kryt in tyd wat hy vrae moet antwoord. Vraag is maklik. HOEKOM LIEG JY OOR PLAASMOORDE.

HPV ·

Met RESPEK teenoor ons landbouers, die land bestaan nie net uit die landbou sektor nie, dit is beslis ook nie die grootste werkgewer in die land nie. Spreek die invloed van misdaad op alle sektore as geheel aan. Almal ly daaronder. Misdaad kos die land as geheel miljarde nie eens van lewensverlies gepraat nie.

Alida ·

Bekamp misdaad deur die kommando stelsel terug te bring. Dit skep immers werk.

L ·

Begin alle plaas produkte vanuit Orania te distribute na res van land en wereld. So befonds ons die Afrikaner volk en bou finansiële spiere. Werkskepping en ondersteuning vir wit mense wat in SA nie MAG werk of aandele he nie. Iewers, moet ons onsself begin dra en ondersteun.

Landi ·

Bou n nuwe ekonomiese “hub” in Orania. Pretoria, JHB, Kaapstad, Bloemfontein, Durban sal nooit weer ekonomies gewys, dieselfde vir ons wees nie. Laat SA alle plaas produkte vanuit Orania aankoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.