Misdaadbekamping: ‘Terug na die grondbeginsels’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag gesê die polisie gaan hom daarop toespits om terug te keer na grondbeginsels om misdaad te bekamp en die land ʼn veiliger plek vir sy burgers te maak.

Die aankondiging volg kort nadat Nkosinathi Nhleko, die minister van polisie, en Johannes Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, ʼn deeglike ontleding gedoen het oor die polisie se prestasie in die verlede asook hul huidige prestasie. Hulle het ʼn aantal gevolgtrekkings gemaak en dit in ʼn verslag, Back to Basics Towards a Safer Tomorrow, aangeteken.

Hulle het bevind dat dringende optrede met ’n skerp fokus nodig is om die SAPD se huidige prestasie om te keer en sodoende te verseker dat dit ʼn diens word waarop elke Suid-Afrikaner trots kan wees.

Kritieke tekorte en uitdagings is tydens die deurtastende ontleding geïdentifiseer. Die meeste tekorte en uitdagings hou verband met die beproefde grondbeginsels van polisiëring wat oor ʼn lang tydperk verwaarloos is.

Daarbenewens is daar spesifieke gebiede waarin die SAPD onderpresteer wat verbind word met die drie wesenlike funksies van polisiëring. Dit behels misdaadvoorkoming, ondersoekwerk en misdaadintelligensie.

Die ontleding het polisiebestuur genoodsaak om die “terug na die grondbeginsels”-benadering in werking te stel. Daarvolgens móét elke polisiebeampte die grondbeginsels van polisiëring behoorlik en deurlopend toepas.

In die verslag is die polisiestasies ook uitgelig wat die swakste presteer wat die voorkoming en opsporing van ernstige misdade betref. Sigbare polisiëring en speurdiensplanne gaan by dié stasies in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lorraine ·

Ek dink dat 6 maande se opleiding nie genoeg tyd is om opleiding te kry nie. Daar moet defenitief met tyd gegee word vir opleiding.

Karolis ·

Dit neem jare om agter te kom dat hulle die verkeerde besluite geneem het en dit neem nog langer om dan daardie gevolge reg te stel. Ek weet nie watter gedeeltes noem hulle prestasies nie. Sterkte aan ons kleinkinders.

kobus ·

Saps kan doen wat hul wil maar het nie die guts om misdaad in sy geheel te bekamp nie agv regstellende aksie waar kundiges nou in sekuriteit werksaam is. Om saps nou te wil opbou het hul nie die kundigheid of bekwaamde manne nie.dis my mening

M ·

ESKOM het ook so ‘n paar jaar gelede met die ding van ” Back to Basics” begin. Dit het net doodgeloop. Ook maar agv. kundigheid, en nie werklik ‘n wil om die ding te laat slaag nie.
Dan wor die paar kundiges wat nog oor is in die organisasie, ook nog by dit alles oor die hoof gesien. Sterkte aan diaSAPS.

Lettie ·

Ek stem saam – te veel kundige persone is reeds weg uit die diens. Die opleiding sal verseker verleng moet word, sodat die nodige kennis ten minste daar is, dan praat ons nog nie eens van vuurwapen hantering nie…..en hoe gemaak met korrupsie….?

Theresa ·

Ag liewe hemel tog. Waarom als eers opdons en dan skielik met die wonderlike ïdee” na vore kom van terug na hoe dit hoort te wees. Seker om in geskiedenisboeke te skryf dit was so pragtig verander deur swaarkry en so aan. Gelukkig is daar ‘n menigte intelligente mense wat nie deur al hierdie bluf en gekheid mislei kan word nie. Dankie daarvoor.
Almal in die land sal ‘n sterk en lojale polisiemag verwelkom. Dis so normaal soos asemhaal.

Uys ·

B2B. Petty crime soos hul dit noem. Begin by petty crime. Die misdadiger bigen klein. Vorder na meer soos hy mak word. Motor diefstal n groot probleem want dis die begin van moord en roof. As spas onder begin sal hul sindikate uit sniffel en onder bedwang bring. Saps lede moet ook nie slaap in die voertuig as ander bestuur nie. Jy is nie op jou hoede nie en SAL ontkant gevang word en jy SAL tweede kom

Champ ·

Alle poliesie beamptes het basiese opleiding gehad,hierna moet hulle groei na volmaaktheid, skommel hulle reg oor die land onder toesig van gesoute mense weg van hul tuisdorpe af en laat hulle dierek onder streng toesig werk,so bespaar ons miljoene vir meer mense in die veld. Volgens die foto is hulle ongelukig een kleuriug??????????

Bruno Stef ·

n Mens verlang eintlik terug aan jou jongmens jare toe daar nog die SAP platpote was en jy op daardie stadium minder verdien het as n konstabel in jou beginjare in jou vakgebied.Dit was daarom dat baie van my maters toe by die polisie aangesluit het maar hulle was gedisseplineerd en baie skrikkerig vir die Stasiebevelvoerder al het ons saam baie stout dinge aangevang sonder sy kennis.

m ·

Stel voor dat hulle begin strenger kyk na die tipe wat aangestel word aangesien jou grootste kriminele in die polise sit deesdae. Hulle is deel van die rooftogte etc. Kyk hulle ooit na mense se kriminele rekords. As sekretaresse moes ek “top secret” klaring kry so ek wonder ma sterk of party van hierdie aanstellings to klaring sal kan slaag.

PJ ·

In my tyd (laat sestigs) as jy matriek gehad het was opleiding 6 maande as jy std. 8 (graad 10) het was die opleiding 1 jaar en ons was nie te sleg nie

Delta Mike ·

Bring al die “ou manne” van die destydse Polisie Mag, toe dit nog n Mag was wat wet en orde gehandhaaf het terug. Ons sal baie vinnig die misdaad onder beheer bring.

tammy ·

Dis absoluut belaglik om te dink hulle kan die SAPD weer op gesonde standaard kry. Nie in die volgende tien jaar nie!! Hoeveel van die mag wat op vandag vir SAPD werk het nog nooit misdaad gepleeg nie? Hulle is dalk net nie uitgevang nie, maar my twyfel is baie baie groot dat dit bitter min van die mense is wat met n skoon gewete loop.

Berhalet Beukes ·

Begin by die vrot appels in die SAPD…
Dan sal dit dalk al beter gaan. Ons sit met ‘n polisiediens vol polisiemanne wat hulle mag misbruik, omkoop geld vra, mmet dwelms handel en die lys gaan aan! Begin asseblief sommer by hulle!

santie ·

Indien die polisie wil back to basic hoop ek tog net hul wil bietjie hul seviele eise teen hulle ook betaal ek wag al 2 jaar….nadat een van hul bekwame drywers 6 voertuie gestamp het in ‘n parkeer area. Dalk hul bekwame drywers leer ordentlik bestuur en nie laat slaap op diens nie. Sal ‘n land met minder misdaad nou nie tops wees nie

Max ·

1. Die grond oorsake van misdaad is amptelike regerings beleid !
2. Daar is n oorvloed hulpbronne. Bv. n kolonel pos word nou deur n generaal gevul en die kolonel doen nou die sersant se Werk !
3. Daar is egter n terminale tekort aan Integriteit, Kundigheid, Vaardigheid en Toewyding !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.