Misdaadklagte teen hoofde van twee waterrade

(Foto: Jimmy Chang/Unsplash)

Die departement van behuising het strafregtelike klagte teen twee voormalige uitvoerende hoofde van onderskeidelik die Lepelle- en die Amatola-waterraad aanhangig gemaak.

ʼn Bittere stryd woed nou al ʼn geruime tyd tussen die departement, met min. Lindiwe Sisulu aan die stuur, en die hoofde van die twee rade.

Twee forensiese verslae wat verlede maand aan Sisulu oorhandig is, het grootskaalse korrupsie en wanbesteding van miljoene rande by die Lepelle- noordelike waterraad (LNW) in Limpopo en Amatola-waterraad (AW) in die Oos-Kaap blootgelê.

Volgens die departement het die forensiese ondersoeke langer geduur as wat verwag is, maar dat dit deeglik, gedetailleerd en omvattend is.

Sisulu het reeds albei rade onder administrasie geplaas, Lepelle se direksie ontbind en Amatola se uitvoerende hoof, Vuyo Zitumane, geskors.

Die departement het Saterdag gesê hy werk nou saam met wetstoepassers en het ʼn span regsgeleerdes aangestel om die sake te hanteer. Sisulu het adv. Terry Motau vroeër aangewys om die ondersoek te lei en het prof. Dario Milo en adv. Barry Roux nou ook by die ondersoeke betrek.

“Die departement gaan nie toelaat dat diegene wat vir die regering werk, doen wat hulle wil en die gesag van die staat ondermyn nie. Die departement gaan ook nie mense toelaat om staatsinstellings as hul persoonlike leenryk vir korrupsie en geldverduistering te gebruik nie.”

Die departement sê staatsamptenare moet aan sekere reëls en bepalings voldoen.

“Die departement is trots op die werk wat hy doen om korrupsie uit te roei en onderneem dat hy daarmee sal voortgaan.”

Maroela Media het vroeër berig Zitumane en haar eweknie by Lepelle, Phineas Legodi, het reeds verklarings by die Valke afgelê waarin hulle beweer dat Sisulu se raadgewer, Mphumzi Mdekazi, druk op hulle geplaas het om tenders aan ʼn spesifieke maatskappy toe te ken.

Mdekazi ontken dit.

Die DA se woordvoerder oor water en sanitasie, Emma Powell, het vantevore gesê Sisulu se aankondigings oor die waterrade was “ʼn doelbewuste poging van haar beeldpoetsers om ernstige strafregtelike eise wat die minister in die gesig staar, te verdoesel”. Sy het spesifiek na inmenging met die toestaan van tenders by die twee waterrade verwys.

Volgens Powell het Legodi en Zitumane in hul beëdigde verklarings vir Sisulu daarvan beskuldig dat sy met verkrygingsprosesse ingemeng het. Powell het gesê dit maak ʼn bespotting van Sisulu se aanstelling van Motau om die direksies te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

As hulle water gehad het so die virus nie so erg werspry het nie . So don het hulle hulle eie mense vermoor

Nie Verbaas

“Die departement gaan ook nie mense toelaat om staatsinstellings as hul persoonlike leenryk vir korrupsie en geldverduistering te gebruik nie.” Nou wat van die R600 miljoen wat die regering nou vir 3500 water tenks betaal het of maak dit nie saak nie?

Die Wolf

Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie.

Termiet

Sisulu is die hoof krimineel in die saak.

AJ

Sy was heeltyd daar …. en het NIKS gedoen nie!

Wapenskandaal, Staatskaping, Estina, Marikana, Esidemeni, Andries Tatane, Plaasmoorde, 20 000 moorde ELKE JAAR, Plundering van al die SOE’s en vele meer!

Nou begin sy haar veldtog om staatspresident te word met vals publisiteits-FOEFIES … kamtig en skielik ‘n anti korrupsie vegter?

…. verrot tot op die been! … satan self!