Misdaadkrisis in SA lok honderde na veiligheidsberaad

Sowat 1500 mense het die veiligheidsberaad bygewoon. Foto: Collin Scott

Die misdaadkrisis in die land het honderde mense Saterdag na die veiligheidsberaad van AfriForum en die Solidariteit Beweging in Pretoria laat stroom.

Die tema van die beraad is: Kom ons maak ons strate veilig.

Die ongekende reeks aanvalle en moorde op plase, hoewes én in stedelike gebiede sedert die begin van die jaar noodsaak dit dat Suid-Afrikaners toenemend self na hul veiligheidsituasie moet kyk.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê die logika van geweld is dat geweld net in toom gehou kan word deur vrees vir groter geweld. Misdadigers is net bang as hulle banger vir die polisie is. “Geweld kan net deur geloofwaardige afskrikking beëindig word.”

Volgens Buys het die vrywillige, eensydige ontwapening van die burgery ná 1994 tot die misdaadkrisis bygedra. “Die voortgaande verswakking van die staat se vermoë om burgers veilig te hou, noodsaak dit nou dat gemeenskappe meer moet saamstaan.”

Hy het op die noodsaaklikheid van ’n weerbare gemeenskap gewys om misdadigers af te skrik. “Gemeenskappe het die reg en plig om hulself te beskerm.”

Hy het na die goue driehoek verwys wat nodig is. Dit behels ’n sterk polisiemag, doeltreffende privaat sekuriteit en ’n goed georganiseerde burgery. “Ons sal beter slaap as ons beter as misdaadbendes georganiseer is. Die goue driehoek is van groot waarde om geweld beter te voorkom.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Collin Scott.

Buys het ook op die belangrikheid van buurtwagte gewys en gesê sigbare magsvertoon en weerbaarheid en die gebruik van minimum geweld moet die uitgangspunt wees.

Hy het ook ’n 10-punt-veiligheidsplan aangekondig wat daarop neerkom dat Suid-Afrikaners nie apaties oor die voorkoms van geweld en misdaad moet wees nie. Dit het noodsaaklik geword dat burgers en gemeenskappe al meer vennootskappe moet sluit en onder meer hulself moet bewapen om hulself te beveilig. “Ons sal dit nie kan keer as die see onstuimig raak nie, maar ons moet ons voorberei en onsself organiseer om aan die voorpunt van die stryd teen misdaad te wees.”

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, het in sy voorlegging oor misdaadneigings en risikofaktore gesê misdaad het sulke afmetings aangeneem dat mense nie meer veilig in hul huise, motors, op straat of in winkelsentrums voel nie.

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies. Foto: Collin Scott

Hy het veral na trio-misdade verwys (besigheidsroof, huisroof en motorkapings) wat skerp toegeneem het. In 2015-’16 was daar 19 698 besigheidsrooftogte, 20 820 huisrooftogte en 14 602 motokapings.

Met verwysing na risikofaktore het hy op verstedeliking, werkloosheid, armoede, huishoudelike probleme, gesindheidsprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik en verskeie ander gewys wat “bydra tot ’n resep vir ’n ramp”.

Ook swak regulatoriese stelsels soos die strafregstelsel, onvoldoende wetstoepassing en gebreke in die lisensiëring- en skoolstelsel skep ruimte vir hoë vlakke van misdaad.

Burger het Bogoto in Colombia as voorbeeld voorgehou van hoe misdaad afgebring kan word. Dit sluit onder meer die daarstel van stelsels in wat mense in staat gestel het om teen misdaad op te tree. Die mense van Bogoto het hul strate weer teruggeëis en kundiges gekry om ontledings te doen oor waarom misdaad in sekere gebiede erger as in ander is. Openbare ruimtes is teruggeëis en gemeenskappe is aktief betrek en beter opgelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

apie ·

die eensyige ontwapening van die burgery ná 1994 het gelei tot ‘n vlaag misdaad waarin hierdie einste wapens gebruik is en steeds in omloop is

Boerseun ·

Kumbaya na jou graf toe, du. Julle lewe in Lalla land. Kulture meng nie

Johannes van Staden ·

Wat n gesukkel om dit onder beheer tekry met n polisiemag waarvoor die skelms nie eers bang is nie …hulle sukkel al meer as 25 jaar en dit het nog net versleg onder die anc …daar is maar net geen wil om misdaad te bekamp ….hoekom sal hulle ook want dit verskaf werk en met al die VAT wat gemaak word …veral as die burgers se self beveiliging 2x meer is as die polisie se begrooting vir die jaar …..dink bq daaraan !

N Lourens Reitz ·

Piet Croucamp gaan weer baie kritiek lewer met hierdie beraad van Soldariteit

Andre ·

Ou kopdoek “professor” se insette en sienings tel soveel soos daardie baksteen in jou muur, N.Lourens Reitz. Al wat hy kan kwytraak is loutere snert

Nita ·

So ons die landsburgers mag nie meer slaap nie. Ons mag nie verwag om enige tyd veilig in ons huis in te stap nie. Ons moet booswigte inwag met ons kaalhande aangesien die regering nou deur nog n blits besluit n volgende klomp wapeneienaars dwing om hulle wapens in te handig. Maar toe ons die kommando-stelsel gehad het, het die regering dit vinnig tot niet gemaak want hulle het geweet dit sou die kriminele aan bande le.

JS ·

Nee Nita, jou stelling is nie korrek nie. Die polisie beplan weer ‘n wapen amnestie maar niemand word gedwing om in te handig nie. En as jou nuwe (wit kaart) lisensie verval het -en dis jou eie skuld – gaan jy ekstra papierwerk he, maar SA Jagters, Gun Owners South Africa (Gosa) en ander organisasies veg hard om vuurwapen eienaars se regte te beskerm. Lisensie aansoeke loop mooi glad die afgelope tyd, as jy nie ‘n wapen het nie is dit jou eie toedoen.

Andre ·

In ‘n gesprek met Swart Zimbabwiers het ek hulle gevra waarom hulle toegelaat het dat hulle land verwoes word deur Mugabe en Zanu PF. Hul antwoord was dieselfde as wat Flip Buys hier bo sê.

In die euforie van bevryding het Mugabe hulle oortuig om hul wapens in te gee.

Hulle was goedgelowig en het dit gedoen. Maar dit was ‘n groot fout ! Dit het hulle weerloos gelaat teen die vergrype en onderdrukking deur die diktator Mugabe en sy trawante.

Toe Mugabe hulle begin mishandel en onderdruk kon hulle nie weerstand bied nie aangesien hulle ontwape was.

In Afrika eindig onderhandelinge altyd in die guns van die ou met die meeste wapens!

Bruno Stef ·

Die woordvoerder of sal ek eerder se die man met die dreigende houding op die destydse forum wat aangebied was deur Freek Robinson was die ene Jaco Bothma .Die einste persoon met sy bombastiese houding het die wapeneienaars die skrik op die lyf probeer jaag en dit is deels daarom dat baie mense ongewapend is en geen teenstand kan bied as hulle sou aangeval word nie. Ek wonder of die ou nog n Polisieman is en wat sy kommentaar nou sal wees.

Baardbek ·

Geagte vriend Stef, die heer Bothma is STEEDS by die tersaaklike departement, net in ‘n ander, steeds SENIOR hoedanigheid. Volg gerus die onlangse en huidige gebeure oor hierdie aangeleentheid.
Is dit nodig om meer te sê….?

Peet J ·

Mnr. Flip Buys, gaan u slagspreuk nog van toepassing wees nl. “Kom ons maak ons strate veilig ” (wat van plase , huise en kleinhoewes) nadat die regering die Grondwet waarmee hulle tans mee besig is om ons blankes se landbougrond, huise , woonstelle , besighede e.d.m. van ons te vervreem sonder enige vergoeding, gewettig het?
Dr. Burger moet asseblief verduidelik waar die regering die kundiges kan bekom in die NSA om die nodige ontledings te kan doen om misdaad te monitor en te voorkom.

pieterdp ·

Was jy by die beraat Mnr Peet J dan het jy n andwoord gehad. Sekerlik was jy nie, maar ek was daar en plaas moorde was wel op die agenda. Ek deul liewer mee in dit wat ander slegs verwag die staat moet doen. Elke Afrikaner wat hand by sit en iets doen doen dit vir ons land en sy mense. Af gesien van ras of geloof. Sluit aan by die wat iets probeer en maak n verskil.

Dafer ·

Peet J – as ek so tussen die lyne lees, het jy ‘n BAIE beter plan as AgriForum. Laat ons ‘n bietjie hoor asseblief, dan volg ons jou! Jy kan dan jou beter slagspreuk daarstel.

Peet J ·

pieterdp,Ons blanke Afrikaners soek nie antwoorde nie ons soek oplossings vir die probleme waarmee ons elke dag mee te make het en waaroor net gepraat word en niks tot uitvoer gebring word nie nl. diefstal, moorde, verkragtings, aanrandings ens. So gee vir ons oplossings wat gedoen moet word wanneer ons eiendom gekonfiskeer gaan word deur die regering en soos hulle reeds gemeld het sonder vergoeding.
Defer nou praat jy: My slagspreuk is “Selfbeskikking vir die blanke Afrikaner” Volg my, daar is reeds ‘n Volkstaat bepaal deur die regering vanaf Orania tot diep in die Noordkaap en jy is meer as welkom.

LB S ·

“Daar is reeds ‘n Volkstaat bepaal, nogal deur die Regering”? DIT is nou nuus waarvan ek nie geweet het nie!

Alida ·

My kommentaar is gegrond op die waarheid daarom word dit nie geplaas nie. Daai rooi oorpak nar hits hulle dan aan. Wat verwag hulle.

John ·

Is Orania reeds ‘n republiek wat nie belasting betaal aan die SA nie? Ek sou vinnig ‘n sterk muur oprig rondom die gebied… al gehoor van ‘human wrongs’ en rubberbote oor die Oranje? Dis seker hoekom Zimmers so wapens steel en sommer ook hier toets of dit werk… Hierdie hele proses van drastiese bemagtiging het al voorheen afgespeel. Sedert 1984 is bangmaakstories versprei met terroriste-aksies in bokas op voorblaaie en die wit volk is ontsenu veral De Klerk en sy bangbroek-vriende in so ‘n mate dat hulle bloot net boedel oorgegee het sonder weerstand. Die ANC hoop op ‘n opvolg… weer groot-bang vir lee plase en net instap en vat… moenie sommer skiet nie en moet nie sommer jou eiendom verlaat nie. Boere moet ingelig word hoe om so gebeurtenis te hanteer om ‘n saak te WEN. Daar is verkeerde en regte maniere om op te tree. Word grondsteelwys! Geduld is die wagwoord!

Nic ·

Maroela Media: Ek het nie ‘n problem met die advertensies op julle blad nie, behalwe die van Absa. Is dit nodig om my te verontrief met hulle dienste waarin ek nie belangstel nie, terwyl ek di nuus wat julle aanbied wil lees. Die rooi doek wat die nuusitem bedek is nie snaaka nie! die pateties!

Mariné Lourens ·

Dagsê Nic

Dankie vir jou terugvoer! Maatskappye wat op Maroela Media adverteer, soos Absa, maak dit vir ons moontlik om die nuus gratis aan jou te bring. Wees gerus dat die Absa-vlag darem nie daagliks gaan wapper nie, slegs een maal per week vir die volgende drie tot vier weke.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Jean ·

Vreemd, dit lok net honderde maar duisende sit en kerm en kla oor misdaad in SA. Mense wil kla oor misdaad, hulle kritiseer die polisie en almal wat nie meer misdaad in beheer kan bring nie, maar die wragtie weet as daar iemand is wat ‘n SEMINAAR hou of ‘n bespreking daaroor daag net honderde op .. Ek sal dus nie meer mense se klagtes ernstig opneem nie, hulle is gou om te kritiseer maar as hulle self daaraan moet deelneem dan daag’n handjievol op .. ALMAL moet saamwerk om misdaad te bekamp, en dit het nie kleur nie .. as sekeres voel net ander gaan gebuk daaronder hullle gaan nie saamwerk nie, het ons maar weer moeilikheid op hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.