Misdaadkrisis in SA noodsaak ʼn dringende veiligheidsberaad

Argieffoto: Kent Williamson

Die misdaadkrisis in die land groei daagliks en die polisie het klaarblyklik nie die vermoë om dit hok te slaan nie.

Dr. Chris de Kock, ʼn onafhanklike misdaadontleder, het onlangs gesê die polisie se ‘Back to Basics’-strategie werk nie doeltreffend genoeg nie én dit behoort dringend hersien te word.

De Kock het misdaadstatistieke van 1 April tot 31 Desember 2016 ontleed en vergelyk met misdaadsyfers van 2003. Die ontleding is gedoen nadat die ministerie in die parlement gesê het hoewel moorde en poging tot moorde gestabiliseer het, het trio-misdade (huisrooftogte, sakerooftogte en motorkapings) skerp gestyg.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het, in die lig van hierdie kommerwekkende tendense en die algemene publiek se vrese en verlies aan vertroue in misdaadbekamping, besluit om, in samewerking met die Solidariteit Beweging, ʼn veiligheidsberaad te hou met die tema: Kom ons maak ons strate veilig!

Lede van AfriForum, die Solidariteit Beweging en die publiek word uitgenooi om die beraad by te woon, wat op Saterdag 6 Mei van 9:00 tot 14:30 by die Voortrekker Monument in Pretoria gehou sal word. Registreer by www.veiligheidsberaad.co.za.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, meen die beraad is dringend nodig, omdat gemeenskappe van Suid-Afrika moet saamwerk om vryheid, voorspoed en veiligheid in die land te verseker.

Die doel van die beraad is ook om AfriForum se veiligheidstrategie, genaamd Projek Nehemia, bekend te stel, wat nasionaal ingestel gaan word.

Die projek fokus spesifiek op die aanslag wat gemeenskappe binne die wetlike raamwerk teen geweldenaars moet voer. Die strategie is inklusief en het ten doel om alle gemeenskappe met inligtingsbestuur en misdaadvoorkoming te help deur middel van ʼn nasionale netwerk.

Die beraad sal fokus op:

  • Die vestiging van ʼn nasionale operasionele vermoë binne die wetlike raamwerk.
  • Die vestiging van ʼn nasionale veiligheidstelsel in samewerking met alle rolspelers.
  • Die skep van ʼn nasionale bewustheid om gemeenskappe te mobiliseer om saam te werk in die stryd teen misdaad.
  • Om nasionale en internasionale steun te werf.

Kundiges uit die Solidariteit Beweging en die publiek gaan verskeie kwessies tydens die beraad bespreek, waaronder internasionale voorbeelde van gemeenskapsamewerking teen misdaad, sinergie tussen gemeenskappe en staatsinstansies, die bestuur van gemeenskapstrukture en die rol van die burgerlike samelewing in die stryd teen misdaad.

Daar sal ook ʼn spreker wees wat die situasie in Zimbabwe sal toelig en wat moontlik kan gebeur as Suid-Afrikaners nie nou opstaan nie.

Misdaadstatistieke vir 2015/2016

  • Moord: 18 673
  • Poging tot moord: 18 127
  • Seksuele oortredings: 51 895
  • Verkragting: 42 596
  • Aanranding: 164 958
  • Aanranding met die opset om ernstig te beseer: 182 933
  • Roof met verswarende omstandighede: 132 527
  • Kaping: 14 602
  • Huisbraak: 250 606

(Inligting soos verskaf deur Africa Check)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

KOMAAN, Pretorianers – die Voortrekkermonument is relatief sentraal geleë vir bywoning en die kern van die saak is uiters belangrik vir elkeen. Hoop duisende mense kom byeen.

AL ·

Dis onaanvaarbaar dat ons wetsgehoorsame belastingbetalers onder geweldsmisdaad moet lei.
Die howe moet strawwer vonnisse gee.

Jean ·

Skrikwekkend!!!!! Nooit te laat. Laat ons soos een man opruk

pieterdp ·

Om vinger te wys en te oordeul bring niks in die sak nie.
Ek sal graag wil toe sien dat groot instansies en politieke partye die regering begin raad gee en reg wys wantand n enkile persoon kan ek nie al wil ek hoe graag.

Poliesie wat slaap en dronk is aan diens, op strategiese pleke staan om omkoop geld by die sondaars af te dryg. Gee werk om dit vir die pibliek vyliger temaak nie. Dit geld vir die Metro poliesie ook.

Jakalas ·

Kom hulle dit nou eers agter? Dis nie nou eers ‘n probleem nie. Dit was nog altyd ‘n probleem.

marous ·

Anargie is deel van die beplanning. Plaas die blaam op die witman vir alles wat verkeerd gaan insluitende ooglopende plundering van staatskas , en hits diegene aan wat nie hul deel van onbereikbare belotes ontvang het om hul wrewel uit te haal op die witmense . Dis wat dit is.

Johann ·

So nodig soos wat so n beraad is…hoekom by n plek soos.die Voortrekker Monument? Ons pluk n lat vir one eie gat deur dit daar te wil hou. Ons speel.reg.in die hande van die rasbehepte voorsangers wat waatskeinlik die bron is van.die regverdiging van die geweld status.

Alida ·

Daar word dan gelag in die parlement en walglike goed geskreeu! Wat verwag julle gaan die regering doen. Die hoofnar dans en kekkel dan “kill the boer”. Dit is om van te kots.

Ange ·

Die statistieke laat mens yskoud. Die grond is deurweek met die bloed van slagoffers. Hoe lank gaan dit aanhou? Die vloedgolwe is oopgemaak vir alles wat verkeerd en grusaam is. Geen politikus kan ons uit die donker put uit red nie- ons moet volhard in gebed. God sit hoog maar hy sien en hoor als.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.