Misdaadsielkundige wreed vermoor

Dr. Mirah Wilks is wreed in haar huis vermoor. (Foto: Verskaf)

ʼn Misdaadsielkundige wat verlede jaar haar doktorsgraad in haatmisdade verwerf het, is die naweek wreed deur rowers in haar huis vermoor.

Dr. Mirah Wilks (69) se man, Frank (72), het haar Sondagoggend dood in hul huis in Johannesburg aangetref toe hy van die kerk af terugkom. Die rowers het volgens kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder in Gauteng, deur die dak toegang tot die huis verkry. Sy is na bewering 12 keer gesteek en toe keelaf gesny, maar Dlamini kon dit nie bevestig nie en het bloot gesê ʼn skerp voorwerp is gebruik.

“Die polisie wag eers vir die uitslae van die nadoodse ondersoek om die aard van die beserings vas te stel,” sê Dlamini. Hulle is ook nie seker hoeveel rowers haar oorval het nie.

Volgens Wilks se Facebookblad het sy haar doktorsgraad verlede jaar aan Unisa verwerf. Sy het gepraktiseer as traumaberader en het voorheen gedien as voorsitter van die Sielkundigevereniging van Suid-Afrika (PsySSA).

Die Daily Mail berig dat Wilks as jong meisie van Israel na Australië verhuis het, voor sy, haar man en twee kinders later na Suid-Afrika geïmmigreer het. Volgens die Daily Mail het sy onlangs begin met belangrike navorsing oor aanpasbaarheid as oorlewingsmetode.

Dlamini sê twee skootrekenaars en ʼn selfoon is gesteel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Chris has left ·

Die lewe hoef nie so te wees nie weet julle? Dis hoekom ek weg is.

Francois ·

My innige meegevoel.
Dit was n duidelike haat misdaad.
Hulle het hierdie onskuldige vrou basies tereggestel op n oordadige manier.
Hulle het dit gedoen om vir ons almal n duidelike boodskap te stuur.
Dieselfde met die plaas moorde en in die ouetehuis in PE.
Ons moet bang wees.

Chris Ws ·

Ek en my vrou is nie bang vir satan en trawante nie.Ons dien ‘n Almagtige Vader wat ons elkeen ‘n brein gegee het om te gebruik.Daarom is ons paraat.Skiet hom as hy IN jou huis inkom en vra later vrae.

Cherokee ·

Skiet hom as hy jou huis ingaan, sê jy. Natuurlik is dit die regte ding om te doen. Hopelik het jy meer as een vuurwapen, want nadat jy hom geskiet het, sal jou vuurwapen vir ballistiese toetse weggestuur word.
In Gosa vertel iemand ‘n dag of twee gelede, dat sy vuurwapen 5 maande na dit gekonfiskeer is, steeds by ‘n polisiestasie gelê het en nou eers ingestuur is vir toetse. Rede waarom daar twee vuurwapens in jou huis behoort te wees.

They left with Chris ·

Lees die vorige berig, ‘n vrou is uiters wreed deur ‘n Suid-Afrikaner in Alaska vermoor en hy dit alles op video gehad. Satan het nie grense nie.

Claudia ·

Gelukkige is jy Chris om finansieel die bose SA te kon verlaat. Stem saam Dat die lewe nie so hoef te wees nie:-)

Johan ·

Sulke onnodige wreedheid maak my woedend. Dit uiters ironies dat hierdie arme vrou só moes sterf!

Lizelda ·

12 keer gesteek en keel afgesny? Is dit nie “overkill” nie? Dis baie hartseer.

Elma ·

Dit is die lewe in Suid-Afrika. Wat ‘n wonderlike lewe vir misdadigers met ons belasting betalers se geld.

Koos de Meyer. ·

Dan word daar nog gesê wees nice met hulle. Geen maar geen manier nie. Hierdie moorde maak jou woedend.

Michael P ·

Ek stem Koos hoe moet jy nice wees mense wat hierdie valse front voor gee om nice te wees moet 2 kaar dink jy is vandag nice en more sny hulle jou keel af. Hierdie moorde maak mens nie net woedend nie maar ook anti nice wees.

Jonathan ·

En dan neem hulle aanstoot en “kan nie verstaan” hoekom mens hulle allerhande name noem nie!

Cherokee ·

Deloris, jy verstom my. Ons ander wil emigreer maar jy wil immigreer. Jy moet versot wees op Suid Afrika!

Ouderdom ·

Goeie dag
Die dame se ouderdom is verkeerd.
Dit is n werkskollega van my. Sy is 69

Anja van der Merwe ·

Dagsê Ouderdom

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
Nms Maroela Media

Marius ·

Kom ons stig ‘n groep op FB, “I am staying” en dan sing ons almal Kumbaya saam terwyl ons kele afgesny word! O ja, daar is reeds so groep!

Ellie ·

In ons land het jy maar min die geleentheid om weens ouderdom te sterf, jou kans is groter dat jy aan die hand van n moordenaar sal sterf. So n pragtige vrou moes so verniel word!

Cherokee ·

Deloris, jy verstom my! Ons ander wil emigreer terwyl jy wil immigreer! Jy moet absoluut versot wees op Suid Afrika.

Mieliestronk ·

En wat mens nog warem onder die kraag maak die Regering praat nie n woord nie Dit lyk my blankes word dood gemaak soos n klomp beeste by n slagpale Want nie n woord word word gese nie Dit is n bewys hulle wil blankes in die land uitroei dat daar nie een oor is nie

Die Waarheid ·

Nee, dis omdat Maroela amper uitsluitlik oor blanke moorde berig dat ‘n skewe prentjie geskep word. Blankes word nie uitgeroei nie, inteendeel die moordsyfer op swartmense is BAIE hoer.

schaun ·

Ons moet ernstig begin met onderhandeling vir n tuisland waar ons wet en orde en veiligheid sal kan verseker op hierdie stadium betaal ons die keiser wat die keiser toekom maar die keiser gee ons nie die nodige dienste om net n voedsame lewe te ly nie.

schaun ·

Ons moet ernstig begin met onderhandeling vir n tuisland waar ons wet en orde en veiligheid sal kan verseker op hierdie stadium betaal ons die keiser wat die keiser toekom maar die keiser gee ons nie die nodige dienste om net n vreedsame lewe te ly nie.

Toetsie ·

Dit klink soos n beplande moord en nie net blote roof nie…????

Lizelda ·

Ja, @ Toetsie en die feit dat sy 12 keer gesteek is EN keel afgesny is se vir my dis overkill.

Skokkend! ·

Ek ruik n rot!
Kerk toe..aleen? Hoekom?
En deur die dak kom om dood te maak, en dit soos inbraak te laat lyk deur skootrekenaars te vat.. Nee ek is jammer ek glo dit nie!
Hier is n ander motief vir die dood as blote inbraak!

AJ. ·

Jy het dit verkeerd. Op hierdie stadium vat die keiser wat hy wil he,insluitende baie onskuldige lewens soos in hierdie vrou se geval. Kyk maar hoe word die rowers ; moordenaars en bomplanters vereer in hierdie land. Dit alles onder die dekmantel van demokrasie.

Helena. ·

Ek wens mense wil ophou kibbel en kla oor belasting geld..dit raak nou n siek storie.

Pieter ·

Kom ek se jou wat is siek helena die ANC regering wat ons belasting geld so mors dit maak n mens siek

Johan ·

Beide Toetsie en Lizelda die berig dat sy 12 keer gesteek en toe keel afgesny is nie waar nie maar dit verander nie die feit dat sy onnnodig wreed vermoor is vir items wat op die swartmark nie eers R2000 sal haal nie

Mariaan ·

ABSOLUUT SKOKKEND…nee genade..hierdie goed maak mens sielsmoeg!!!

Lee ·

Ons hele alles is deur die weer. Ek Sal in my lewe ni verstaan hoekom feite eers bv ni reg is voor enige iets gepubliseer word ni. Kom ons begin sommer eerste by die slagoffer sy ouderdom.

toy ·

Die wreedheid van haar dood wys mens hoeveel haat is daar. Hulle kom om net dood te maak en om iets te vat is net ‘n bonus. Hoe noem mens so iemand mens, dit is wreed.

James ·

Net nog n statistiek. Ek werk net jaag huis toe sluit alles en hoop om volgende dag te sien, nou kom hulle al deur die dakke. Voel of mens op waglys is om vermoor te word.

Sjoe ·

Daardie woorde sny diep. “…
op die waglys om vermoor te word.” Verstaan wat jy bedoel! Maar darem is lewe en dood in God se hand… Darem kan ons onder omstandighede steeds skuil in die skaduwee van die Almagtige… Laat ons naby Hom bly!

Mariaan ·

ABSOLUUT SKOKKEND! Mens is so magteloos in die land…maak mens sielsmoeg!!

RooiSarie ·

hierdie was ‘n baie persoonlike moord, die was nie ‘n gewone roof en moord nie

Leon ·

Misdaadkundige. Ek sou eerder sê haat misdaad of haat moord want sy is ‘n groot bedreiging vir misdadigers. Of sy dit praktiseer of nie. Hulle sien dit nie so nie.

Annamarie Olivier ·

Sy was 69 jaar oud nie 39 nie stel dit reg asseblief

Annamarie Olivier ·

Sy was 69 jaar oud nie 39 nie. Hou op om as gevolg van die ouderdomsverskil te oordeel

Anja van der Merwe ·

Dagsê Annamarie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Leon Pit ·

Rasse haat sal nooit weg gaan nie.
Die haat vir mekaar is te groot.
Beskerm jou self en wees waaksaam.

Jakes ·

Altyd val hulle vroue, ou mense en kinders aan. Ek wag vir hulle, elke dag en dan sal ek aan die wereld toon hoe daar met moordenaars gehandel moet word. Jare se opleiding sal afrekening soveel soeter maak.

AB ·

Net so Jakes! Oefen amper elke naweek op die skietbaan om seker te maak ek mis nie. Oefen ook om fiks te bly om die wat weghardloop in te haal!

Cherokee ·

En ek AB, het gister my vuurwapens by ‘n wapenhandelaar professioneel laat nasien en skoonmaak, geweerolie en patrone aangevul.

Landie ·

12 Keer gesteek met ‘n mes sommer so……Rus in Vrede Mev. Jammer vir die laaste oomblikke van jou lewe wat jy moes ervaar, Dis verskriklik!!!

Elvira ·

Na SA geëmigreer? Hoe op aarde kan mense daaraan DINK om in SA te kom bly. Innige simpatie.

Genieve ·

Whooo nee my hart is seer baie seer die mense het geen gevoellens nie.

Chris ·

Dit is erg soos dit deesda gaan . Nou lees ek so deur al die kommentaar en een ding staan uit daar wod altyd beweer dit is haat misdaad . Hoeveel keer is sulke moorde die kaaste tyd gepleeg en dan was die werklike moordenaar na aan die oorledene en was die wetteloosheid in die land gebruik as n moontlike oorsaak .

Sandy ·

Ek ruik ‘n rot. Om iemand 12 keer te steek en nog haar keel af te sny is ‘n bietjie erg. En hulle se om iemand met ‘n mes te steek is persoonlik.

Anoniem ·

Ek het n belofte aan myself gemaak. Ek gaan nie weg uit SA nie. Hierdie is my land net soos wat dit hulle land is, maar die dag as n geliefde van my aan die hand van n moordenaar moet sterf dan sal SA weet wie en wat ek is. Moenie na my kom met vergifnis praatjies nie. Ek sal doen wat nodig is om te doen.

Jerry ·

RIP Dr. Milah Wilks. Mense wat in SA bly gaan regtig n “mindshift” oor SA en die politieke misdaadaanslag moet maak. Indien mense nie kan emigreer nie sal hulle moet organiseer en n “een vir almal en almal vir een” kostevrye beveiligingskonsep moet implementeer waar almal mekaar help beveilig en vir mekaar opstaan teen misdaad, anders sal daar geen uitkoms wees en sal meeste mense “sitting ducks” bly, soos wat tans blyk die geval te wees. Of mense kan by Afriforum se inisiatief inskakel, maar ek praat onder korreksie, dat jy dan mekaar kan help, maar net oor sekere naweke!

Nee regtig!! ·

Dis ‘n gorila oorlog waarmee hulle besig is… gewoonlik was dit op plase en klein hoewes niks keer hulle om dit in die dorpe en stede te doen nie… en ek kan glo die vrou het in ‘n gegoede woonbuurt gewoon! Ek dink dis iemand wat sy êrens met haar werk in die tronk laat beland het en nou het die homself op haar kom wreek!! Die kriminele se regte sal nou eerste raak gesien word.. de hel met die pyn en vrees waardeur sy moes gaan!!

jeanette visser ·

Hoekom dink julle word die ander buurstate se mense eintlik uitgenooi SA toe? Ek sal se weer voor bereid, skaf wapens aan as jy kan en leer jou hele familie om dit te kan gebruik in tyd van nood.

L van Blerk ·

Ons seun is 2005 vermoor, deurdat ‘n Polisiehioof se twee seuns die aanranders van hom was en ‘n ander een hom vir 600m ver gesleep het. Nodeloos om te sê die Polisiehoof se twee seuns word staatsgetuies en stap skotvry uit die hof , waar in hul erken het hoeveel male hul al mense aangerand het en , ja en ons stoei vir die res van ons lewens met ons pyn oor die dood van ons enigste seun , maar God slaap nie !!

M ·

Sondag gebeur en Maroela media berig nou eers daarop. Willem Petzer op youtube is julle dae voor ….

hercu ·

“wanneer die president van die land oneerlik is en die staatsdiens korrup, wanneer slegte mense regeer, heers wanorde, korrupsie, moord en anargie, maar ware gelowiges weet dat so ‘n regering sal val” (vry vertaal)

ExPat ·

Hierdie is orals in die nuus in die buiteland, skep uiters swak beeld vir suid afrika. Uiteindelik kom die waarheid uit.

Gert Retire@Midstream ·

Wat is die mens se grootste bepalende siening van lewe? Geluk en ongekompliseerde lewe. Geloofsbeginsels en vele meer. Die toenemende verval laat onherstelbare letsels. RSA het nie meer kulturele waardes nie.

Koos Bronkhorst ·

Simpatie met familie. Arme dr Mirah Wilks se studie veld was toepaslik. Ek wonder of die moordenaar nie n onderwerp van haar studie veld was nie.

Attie. ·

Indienjy in enige tydskrif of koerant net lees van geweld op jou mense dan gaan jy later oortuig wees jou volk word uitgewis en die rassehaat in jou kry kunsmis en groei vir die vale. Die waarheid is dat die sonnige land van ons een van die beste plekke is om in te bly. Daar word meer moorde gepleeg per dag op swartes as in maande op blankes. Kom ons vra MM om vir week net te rapporteer oor swart op swart moorde, dan sal jy sien hoe gooi ons die anti-depressante weg. Maar ongelukkig raak almal gestres oor dit wat hulle heeldag lees.. Dit gaan eintlik goed met ons almal onder omstandighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.