Misdaadsindikaat in King William’s Town oopgevlek

Argieffoto

Argieffoto

Ses vroue en een man is in King William’s Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met verskeie rooftogte in die omgewing.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, tussen 29 en 40 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem. “Hulle word positief verbind met ʼn reeks rooftogte in die omgewing,” het hy gesê.

Die inhegtenisneming volg nadat ʼn slagoffer, wat in Augustus beroof is, die polisie gebel het toe sy sien hoe dieselfde groep Donderdagmiddag omstreeks 17:00 nog ʼn slagoffer by ʼn meubelwinkel beroof. “Die polisie het die verdagtes se voertuig agtervolg terwyl ondersteuning van die honde-eenheid en blitspatrollie ontbied is. Die verdagtes is by Fort Jackson in Mdantsane in hegtenis geneem,” het Mawisa gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn selfoon wat in Augustus 2016 van ʼn slagoffer gesteel is. Die selfoon was in die verdagtes se motor. “Die polisie het ook beslag gelê op ʼn handsak, selfoon en kontant wat van die onlangse slagoffer gesteel is. Dit is aan die regmatige eienaar teruggegee.”

Die sewe verdagtes sal na verwagting Maandag in die King William’s Town-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte van diefstal.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat ʼn soortgelyke voorval gehad het om die sake aan te meld sodat dit ook in die aanklagte bygevoeg kan word,” het kol. Andile Lamana, stasiebevelvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus 4e ·

En ek het gedink die handsak en selfoon sou as bewyse in die hof kon dien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.