‘Misdaadsindikaat’ oopgevlek in Burgersfort

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het sewe verdagtes in hegtenis geneem en op talle goedere, waaronder vuurwapens en toerusting wat vermoedelik gebruik word om rooftogte uit te voer, beslag gelê in Burgersfort.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang oor ʼn beplande sakeroof Saterdagaand. “Twee verdagte motors is opgemerk en voorgekeer.” Volgens Ngoepe was daar sewe insittendes in die twee motors, ʼn Toyota Corolla en ʼn Toyota Tazz.

Polisiebeamptes het die motors deursoek en op verskeie items beslag gelê, waaronder 14 seinversteuringstoestelle, twee 9 mm-pistole, ammunisie, twee hoekslypers, balaklawas en handskoene.

Volgens Ngoepe is daar ook vasgestel dat daar met die twee motors se onderstelle gepeuter is. “Sewe verdagtes, tussen 24 en 53 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal onder meer aangekla word van sameswering om sakeroof te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook die besit van huisbraaktoerusting en gesteelde motors.”

Ngoepe het gesê verdere ondersoek word ingestel om te bepaal of die verdagtes moontlik by ander misdade in die omgewing betrokke was. Die verdagtes sal Maandag in die Burgersfort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rina ·

Baie dankie aan die polisie manne wat hul eie lewens in gevaar stel om die land vir ons veiliger te probeer maak…

Jan ·

Bravo SAPD!!
Ek hoop van harte daar kom ‘n bedeling in hierdie land waar misdadigers vir ewig uit die samelewing verwyder word. Seker maar wensdenkery.

Sonia ·

Bravo SAPD!!!! Ons bly biddend vir julle veiligheid en braafheid. God seèn julle harde werk!!!!!

Cherokee ·

… ‘seinversteuringstoestelle’. Waarvoor is dit ontwikkel en waarvoor word dit in die praktyk gebruik?

sioux ·

beter vraag is waar het hulle aan die seinversteuringstoestelle gekom.

Lance ·

Wow die polisie begin iets doen ….hou asb so aan …elke dag 5 sulke stories en julle kan n duik maak in die onbeheerste misdaad in SA ….sal nou nie my asem ophou nie

jurie blanche ·

Tronke oorvol misdadigers hul het hul self nie in die tronk in geboek nie.

SP ·

Goeie werk. Die seinversteurders is algemeen op internet beskikbaar.

SP ·

Goeie werk! Seinversteurders is algemeen en vrylik op die internet beskikbaar

Annie ·

Mooi werk SAP. Net n voorstel maak niet al die goed wat gekry was. Ek wonder hoeveel mense is dood deur die skuim se hande … miskien moet hulle ook tot niet gaan?

Willem ·

Ek het my tazz as gesteel aan gegee in Burgersfort in 2015. Kan ek graag foto van die tazz kry net om te sien of dit myne is asseblief. Ek bly in Springs op die staduim.
Dankie
Willem

Willem ·

Ek het n jaar terug my tazz as gesteel aan ge gee in Burgersfort. As dit miontlik is kan ek asseblief foto van die tazz kry. Ek us op die staduum in Springs
Dankie
Willem

Snuffels ·

Hahaha…. ek is mal oor die “Sniffmybutt” arrestasie-posisie!!! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.