Die aantal moorde in Suid-Afrika het die afgelope finansiële jaar met 800 gestyg, het Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, Vrydag aangekondig.
Phiyega het gesê 17 068 mense is in die 2013/2014-boekjaar vermoor in vergelyking met die 16 259 moorde in die vorige finansiële jaar.
Volgens Phiyega het trio-misdade (motorkapings, huisrooftogte en sakerooftogte) met 10,8% toegeneem. Motorkapings het met 12,3% toegeneem; vragmotorkapings het met 12,1% toegeneem; sakerooftogte het met 13,7% toegeneem; en huisrooftogte het met 7,4% toegeneem. Trio-misdade het die afgelope 10 jaar met 95,35% toegeneem en met 4% oor die afgelope vyf jaar.
Bankrooftogte het egter die afgelope vyf jaar met 77,4% afgeneem. Dit het egter van sewe voorvalle in 2012/2013 tot 21 voorvalle in 2013/2014 toegeneem. Dit is ʼn toename van 200%. Daar was die afgelope jaar 11 bankrooftogte in Gauteng, vyf in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat en twee in KwaZulu-Natal. Transitorooftogte het onveranderd gebly met 145 voorvalle in 2012/2013 en 2013/2014.
Dwelmverwante-misdade het met 21,6% toegeneem in die 2013/2014-boejaar. Dié misdade het oor die afgelope 10 jaar met 210,4% toegeneem. Bestuur onder die invloed van alkohol en dwelms het met 1,8% afgeneem die afgelope jaar en met 133,1% die afgelope 10 jaar.
Lees ook:
Misdaadstatistiek: Moorde het toegeneem
Wat gaan die korupte regering daar aan doen gaan. Dit vermeerder of vir 3dubbeld