Misdaadstatistiek: ‘Dít is al wat die polisie sal regruk’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

“Suid-Afrika se strafregstelsel laat die mense van die land klaaglik in die steek,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Groenewald het Dinsdag in ʼn parlementêre debat oor die doeltreffendheid van Suid-Afrika se strafregstelsel gesê ʼn bevoegde kommissaris uit die geledere van die polisie en die verwydering van die vrot appels uit sy geledere, sal die diens weer op die regte pad plaas.

“Daar is baie lede in die polisie en by justisie wat hard werk en hul beste gee om ʼn goeie diens aan die mense van Suid-Afrika te lewer, maar hulle word besoedel deur die vrot appels in hul midde. Die reg tree nie op om dié vrot appels te verwyder nie. Nou dra die goeie werkers ook aan die reputasie van die vrot appels.”

Hy het gesê in die 2016/17-boekjaar was daar 2,1 miljoen misdade in Suid-Afrika wat geklassifiseer is as ernstige misdaad. Daarteenoor is daar net 27 000 ondersoekers in die polisie. “Hoe op aarde kan net 27 000 speurders soveel dossiere ondersoek en daaraan reg laat geskied? Minister Fikile Mbalula het erken dat oud-kommissaris George Fivaz die laaste behoorlike kommissaris is wat die polisie gehad het. Hy het ook erken dat almal daarna nie op standaard was nie.

“En wie stel die kommissarisse aan? Dit is die president van die land. Dan is dit duidelik dat politieke oorwegings swaarder weeg as die belange van Suid-Afrika se mense.”

“Op die oomblik is daar suksesvolle vervolging in slegs 20% van alle aangemelde misdade. Dit beteken dat 80% van alle misdadigers in die land wegkom met hul dade,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

REAList ·

Ek reken daar loop so een miljoen moordenaars vry(lik) rond.
Wees gewaarsku!!

Willie ·

Hou politiek uit, en hou die bevelvoerder verantwoordelik! Wetlik verantwoordelik…

Koos1 ·

Ek hoekom was George Fivaz die laaste goeie kommissaris? Hy was ‘n loopbaan polisieman. Polisie lede het meer respek vir iemand wat deur die range geloop het. Kleur maak nie saak nie maar bevoegdheid wel. Tans is daar soveel politieke inmenging in die SAPS dat die lede nie hulle werk kan doen nie. Dink maar aan Grace Mugabe, Winnie Mandela, Shabir Shaik en die lys gaan aan en aan!

honourable member ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG. Jy kan nie in n barbaarse land soos hierdie nie n doodstraf het nie. n lewe het so goedkoop geword. Misdaad is buite beheer so hierdie statistieke word so gekook om alles “beter” te laat lyk. Mens is bekommerd, baie bekommerd!!!!

snoefie ·

gaaaap! hoe lank gaan fw en pik nog moet pa staan vir die blanke suid afrikaner se onvermoeë om sy \haar plig te doen? lig jou gat op stemdag van die bank af en gaan trek jou kruisie. al moet jy 6 ure toustaan om daardie kruisie te trek. julle skree altyd “wat gaan my stem verskil maak” en gaan sit weer voor die tv want julle kan fw en pik beskuldig omdat jou kruisie geen vetskil gemaak het omdat jy dit nie gaan maak het nie. moenie kla nie. doen jou plig. vir jou landsgenote, bageslag en jouself

Petertjie ·

Daar is eenvoudig te min Polisiebeamptes om hierdie land te patroleer (en dan is die helfte korrup, onbevoeg of sommer net lui). Verder is daar te min speurders om al die sake te ondersoek. Hoe verwag ‘n mens dat een speurder 60 na 100 sake moet ondersoek? Dis die dat mens baie hoor dat mense kla dat hulle sake aanhangig gemaak het en dat na maande daar nog geen ondersoekbeampte by hulle was vir verklarings nie. Nou kla die parlement dat die staat se betaalstaat te hoog is en moet die SAPD met 3 000 poste moet verklein. Die strukture en hulpbronne is alreeds onteoreikend. En verder word kriminele gevang en dan kom hulle maklik los in die howe en dit maak die manne en vroue in blou ook moedeloos. Behalwe vir swak bestuur, politiek en korrupte onbevoegde beamptes is die misdaad eenvoudig te hoog om te bekamp met die huidige strukture en hulpbronne.

feite ·

Stem saam Willie en Koos 1. En daar is te veel baie hoe range aangestel wat in kantore sit en op al wat konferensie gaan, meestal word gevlieg en word dan in luukse plekke bly. hoekom word daai statistieke nie bekend gemaak nie? Vir elke Brigadier bv, kan hul eintlik vier konstabels aangestel het want dis hoeveel ‘n Brigadier verdien, wat nog van die klomp Generale??
Wat die doodstraf aanbetref, die ANC het die meerderheid stemme nog altyd en is doodstraf uit die grondwet geskryf agv dit, so mense wat sou aanhou bring doodstraf terug, hoe wil jul dit regkry?

Danie Venter ·

100% korrek. Top bestuur is te swaar en onbevoeg. Dit aanstellings gaan oor geld en wie jy ken.

Peet J ·

Gaan dit enigsins ‘n verskil maak aan die kriminele situasie wie as die minister van polisie aangestel gaan word maar die probleme wat die kriminele toestand veroorsaak aanhoudend oor die hoof gesien word en waaraan die gewone polisieman nie veel kan vermag nie bv. dwelms, drank, armmoede, opstokery ,kriminele vlugtelinge van buurstate, verkragtings ens.
Hierdie toedrag van sake is nie iets nuuts nie dit kom al van 1994 af en was deur instansies as ‘n normaliteit aanvaar met die idee dat verbetering met verloop van tyd sal intree dink maar ook aan de Klerk se woorde ons moet net wag dat die wigte en die teenwigte inskop. Saamstaan gaan ons ook niks in die sak bring nie want ons weet nie wie ons vyand is nie. Die groot hartseer is dat die Akkoord wat selfbeskikking tussen die Afrikaner en die ANC regering bewerkstellig het en onderteken was deur beide partye deur ons eie mense onder die mat gevee is. Nou sit ons en wag vir die doodsklok om te lui.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.