Misdaadstatistiek Donderdag vrygestel

Argieffoto

Argieffoto

Die land se misdaadstatistiek vir 2013/2014 word Donderdag vrygestel.

Nkosinathi Nhleko, die nuwe polisieminister, Maggie Sotyu, die adjunkminister en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris gaan die syfers by die polisie se opleidingsentrum in Pretoria vrystel.

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) en die polisie was verlede jaar in ʼn tweestryd gewikkel oor die misdaadstatistiek en hoe dit bereken is. Die ISS het gesê die statistiek bevat ʼn berekeningsfout en die polisie onderbeklemtoon die koers van geweldsmisdade.

Die instituut het destyds aangevoer die polisie het die verkeerde bevolkingstatistiek in hul berekeninge gebruik. Die polisie het glo Statistiek SA se 2001 berekeninge gebruik wat bepaal het dat die bevolking teen 2011 50.6 miljoen sou wees. Die ISS het gesê die polisie moes die inligting uit sensus 2011 gebruik het, wat bepaal het dat die bevolking 52.3 miljoen is.

Volgens verlede jaar se misdaadstatistiek was die moordkoers 0.6%. Die ISS beweer die regte syfer is 2.6%. Volgens die polisie het poging tot moord na 6.5% gestyg, maar die ISS het die syfer op 8.7% bereken.

Die kantore van die minster van die polisie en die nasionale polisiekommissaris het die kritiek verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Niks hoef vrygestel te word nie. Almal weet wat die kommentaar gaan wees. Dit gaan wonderlik in hierdie land van 1995 af. Misdaad neef elke jaar af. Alles gaan net beter en beter. Lees maar verder julle comix en suig julle duime en kyk met blinde oë wat om julle aangaan.

Elfie ·

Ja Theresa, dit gaan weer ‘n spoeg-en-plak oftewel “copy-and-paste” tipe statistiek van VOOR 1994 wees wat hulle gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.