Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Vrydag gesê daar was ʼn algehele afname van 1.3% in kontakverwante misdade tydens die 2013/14 finansiële jaar.
“Alle provinsies het positief hiertoe bygedra, buiten die Wes-Kaap en Oos-Kaap,” het sy tydens die bekendmaking van die jaarlikse misdaadstatistiek in Pretoria gesê.
Kontakverwante misdade sluit brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in.
Brandstigting het met 4.2% gedaal en opsetlike saakbeskadiging het met 1.1% gedaal.
Sy het gesê daar is ook ʼn algehele afname in eiendomsverwante misdaad van 0.2%. Huisbraak het met 0.6% gedaal, motordiefstal met 0.6% en diefstal uit voertuie het met 3% afgeneem.
Veediefstal het met 6.2% gedaal.
Handelsmisdade het met 13.6% gedaal en winkeldiefstal met 1.1%.
Lees ook:
Misdaadstatistiek: Nagenoeg 2 000 gewelddadige betogings
Misdaadstatistiek: 800 meer moorde as verlede jaar
Misdaadstatistiek: Moorde het toegeneem
Sy bedoel: Minder gevalle van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging is aangemeld.
As ‘n mens haar glo, glo jy waarskynlik ook aan vader krismis en die paashaas.
Asof dit nou voorgehou moet as die spreekwoordelike “elke donker wolkie het ‘n silwer randjie”