Die land se jongste misdaadstatistiek word Vrydag in die parlement bekend gemaak.
Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, sal die jongste statistiek aan die portefeuljekomitee voorlê voordat hy die media in Kaapstad toespreek.
Jeff Radebe, minister in die presidensie, het op 9 Junie vanjaar aangekondig een omvattende verslag sal jaarliks uitgereik word en misdaadstatistiek kwartaalliks.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die bekendmaking van die kwartaallikse statistiek verwelkom en gesê daar word verwag dat dié statistieke steeds ʼn styging gaan toon in geweldsmisdaad.
Cameron het gesê roof met verswarende omstandighede het die afgelope vyf jaar (vanaf 2010 tot 2015) met meer as 27% toegeneem, grootliks onder leiding van lt.genl. Riah Phiyega, die voormalige polisiekommissaris. Moordstatistieke het tussen die boekjare 2013/2014 en 2014/2015 met byna 5% toegeneem.
“Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het reeds ʼn beduidende verskil in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gemaak, maar dit sal nog ʼn hele ruk neem voordat misdaadsyfers daal. Die kwartaallikse misdaadverslae dien as bewys van hierdie verskil omdat dit skakeling tussen die publiek en die polisie gaan verbeter,” het Cameron gesê.
Phiyega se bekgeveg met die DA-LP destyds het betrekking: Madam, yous were right and that Madam she was wrong, checks the scoreboard. Daar kan soveel beter gedoen word in die land, ons moet net aanhou baklei vir die regte dinge.
Dit gaan in elk geval net weer n verslag wees met syfers wat “gekook” is om dit minder ernstig te laat lyk wanneer dit aan die publiek vrygestel word.
Ja nee kyk…syfers gaan gekook word. n Mens kan niks glo wat hule ons wysmaak nie…..