Misdaadstatistiek: SA se gevaarlikste provinsie is…

Argieffoto

Argieffoto

Die nasionale misdaadstatistiek van 2015/2016 is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met Statistiek Suid-Afrika, in die parlement bekendgemaak.

“Daar is ’n duidelike verskil te bemerk in die wyse waarop die bekendmaking in vergelyking met vorige jare benader is.  Die syfers is duidelik en deursigtig wat die betroubaarheid van die data weerspieël,” het Lorraine Claasen, misdaadanalis van AfriForum Navorsing Instituut (ANI), Saterdag gesê.

“Die moordsyfer van 18 673, wat ’n toename van 4.9% teenoor die vorige finansiële jaar behels, noodsaak dat die SAPD in hulle Back to Basics-benadering op kontakmisdade teen individue moet fokus.  Alhoewel die gebruik en misbruik van drank en dwelms volgens die SAPD baie van die skuld vir die toename moet dra, is daar ook na die verantwoordelikheid, betroubaarheid en professionele optrede van SAPD-lede verwys en is geëis dat hulle in die komende jaar vir ʼn beduidende afname in alle misdade moet sorg,” het sy gesê.

Claasen het ʼn analise van kontakmisdade per provinsie oor dié statistiek gedoen. “Dit toon duidelik aan waar die brandpunte is wat aandag moet geniet.”

Sy het gesê die Noord-Kaap, wat een van die meer yl bevolkte provinsies in Suid-Afrika is, het die grootste toename in gevalle van roof getoon, met ʼn toename van 6.8%. “Daar is nasionaal egter ʼn afname van aangemelde gevalle van 1.5%. Limpopo het weer ʼn geleidelike toename getoon, met ʼn insidentverskil van 163 gevalle in vergelyking met die vorige finansiële jaar. Mpumalanga, die Wes-Kaap en die Vrystaat wys ʼn daling in gerapporteerde gevalle oor dieselfde tydperk.”

Die totale moordsyfer het in 2015/2016 vir die negende opeenvolgende jaar gestyg, tot ʼn totaal van 18 673 moorde. “Slegs in die 2006/2007- finansiële jaar, wat ʼn baie gewelddadige jaar in ons land se geskiedenis was, is daar in die afgelope dekade ʼn groter moordsyfer gerapporteer,” het sy Claasen verduidelik.

Limpopo het die grootste toename getoon, met die Oos-Kaap, Noord-Wes en die Vrystaat met syfers hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddeld. In die Noord-Kaap het moord egter afgeneem met 9.9%, alhoewel die gerapporteerde gevalle van poging tot moord in die provinsie toegeneem het met 17.1%.

“Volgens die SAPD kan die aard van die sosiale kontak tussen die slagoffer en die oortreder moontlik die toename van moorde verduidelik. Die meeste moorde vind binnenshuis plaas, die slagoffers en die oortreders is bekend aan mekaar en ʼn groot aantal moorde word ook gepleeg in ʼn opset waar huishoudelike geweld prominent is. Drank- en dwelmgebruik en -misbruik is ook geïdentifiseer as een van die faktore wat die toename in gevalle kan verduidelik.”

Die SAPD wys uit dat hul dossieranalise toon dat die meerderheid oortreders tussen die ouderdom van 18 en 29 is en dat die meeste gewoontemisdadigers is.

Volgens Claasens dui die volledige verslag dat Limpopo die provinsie is wat duidelik die meeste ingryping benodig. “Die provinsie is met reg ʼn fokuspunt vir die SAPD. Die enigste kategorieë wat nie ʼn toename in die provinsie getoon het nie, is diefstal by ʼn residensiële eiendom, winkeldiefstal, vragmotor-/swaarvoertuigkapings en bankrowe.

Klik hier vir die volledige navorsingsverslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lance ·

Allerande ander goed kry nou die skuld …darem vir n slag nie apartheid wat al SO holruggery is ….ek se net daar is geen politieke wil van die anc se kant en ook sy polisie mag is net PATETIES ….waarvan dit vir meeste lede net n damn job is waar die 25ste van die maand nie gou genoeg kan kom ….om nie eers te praat van die korrupte en skelm polisie waarvan mens nou deesdae so gereeld lees ….volgende jaar same story met jou kamtige en poeperige back to basics approuch !

Cherokee ·

Limpopo! Ek is verbaas. Het gedink dat dit die Karoo is want ons loop maar lig as hulle in die omgewing is.

Cherokee ·

Heheehee.. jy’t nie gedink ek gaan vertel van julle nie nè! Groetnis ook vanuit Deben! :-)

J ·

Gooi die buurstate se burgers uit SA. Dan val die moord en roof syfers. 1ste gooi Nigerian drug dealers uit dan die res.

Pieter ·

Ons benodig bewyse dat buitelanders meer misdade pleeg as locals. Ek ken heelwat buitelanders uit Afrikalande wat hard werk en net ‘n bate vir ons land is. Staak die veralgemenings as jy nie bewyse het nie.

Ai-Ai ·

Ons het ‘n Zimbabwier wat vir ons werk – ek ruil hom vir geen SA burger nie. Hy is so hardwerkend en WIL werk. Hy weet nie van loop tyd nie, daar is ALTYD iets wat hy eers klaar moet maak. Hy daag elke dag vir werk op ongeag enige siekte! Ek vertrou hom met my hele lewe – hy het ons al in ‘n noodsituasie met sy lewe beskerm. Nee wat, moenie veralgemeen nie.

vermeende ·

Desmond Tutu het in die verre verlede op n podium gestaan en gese, 170 moorde n jaar is onaanvaarbaar en hy was reg, SA staan nou al op 18 376.

Rupert Ashford ·

Jip toe was dit lekker maklik om die wit regering die skuld te gee. Ou aardsterroris Nelson ook. Ek onthou hoe hy die regering geskel het oor die geweld en gese het ” hulle het die vermoe om die geweld en moord en doodslag onmiddellik te stop want hulle het die polisie en weermag tot hulle beskikking”. En nou dat hulle die twee magte beheer?

Kobus ·

Ek herinner my, sonder om arrogant te wees, voor op die wa te wees, dat ek toenterjare, net na Zuma president geword het, hier en daar ‘n brief aan Rapport gestuur, daarin het ek my argwaan teenoor Zuma uitgespreek, daardie jare al. Ek stel dit nou maar mak.

Meestal het ek egter eerder kommetare onderaan artikels geplaas. Ek het ‘n missie gehad. Ek was toe soos ‘n Max van toeterjare met my reguit kommentaar en waarneming, net aan die ander pool. Daardie tyd was ek die vyand wat polities verkeerd geskryf het, so was ek gesien.

Ek het baie kommentare in die anti-Zuma trant onderaan skrywes geplaas. Ek het onder die skuilnaam Terminator my kommentare geplaas. Dana Snyman het in daardie jare selfs ‘n artikel geskryf en onder andere die Terminator se naam genoem omdat ek daaragter geskuil het om Zuma te verguis. (Daarna het die koerante streng regulasies begin toepas.)

Later het die kommentaarlewers en rubriekskrywers stadigaan, baie, baie stadig meer gemaklik begin word om nie polities korrek te wees nie en het hulle soos ek oor die waarheid en soos dit is begin skryf.

Vandag is ons waar ons is en ek skryf nie meer onder die skuilaam Terminator nie, dit is nou al vir ‘n tyd nie meer nodig nie.

Dit is geskiedenis en het sy doel gedien.

Kobus ·

En dan lees mens dikwels ‘n kommentaar onder aan ‘n skrywe wat vra, “en wat het jy nou al vir jou land gedoen”.

Johan mannat ·

Ja nee kimberley is gevaarlik maar so is Danielskuil n politieke oorlog. En wie kan nou on plaas moord dorpie vergeet.Ek bid vir Ons Godsgeseende mense en sommer almal Dat die Here ons sal behoed en Bewaar. AMEN

John ·

Die rassisme-idee is steeds in mense se agterkoppe sodra druk geplaas word vir ‘n antwoord. Wat uitlandse grypers en moordenaars sou antwoord as rede vir hul aksies, weet nugter alleen. Miskien was hierdie onvoorspelbare gedrag in die ou dae juis die rede waarom groepe mense van mekaar afgeskei is. Mense moet werk vir wat hulle het en tevrede wees met wat hulle het, se die Bybel. Jaloesie en gewetenloosheid bring misdaad en die dood. ‘n Regering se laksheid om sy nasie op te voed en ernstig te waarsku, veral die topleiers, om hierdie misdrywe af te le of om aan die pen te ry, is die eerste stap. As die pa van die huis sy kinders gedurig se spaarvarkies sou besteel, wat kan mens van sy kinders verwag, veral as die ouers ook nog in hul jong dae aan ‘n giftige bende behoort het?

Johannes Meintjes ·

… en so raak misdaad, moord en geweld, teen mens, dier, God en gebod, ‘n blote gesprekspunt terwyl die nuwe jaarlikse toekenning vir die provinsie met die meeste moorde deur algaar gade geslaan word en bloot akademies bespreek word. Dan wil ons glo daar rus seen op die land of die kerk het effek op die moraliteit van ons samelewing?

vermeende ·

Hierdie moord syfer van die reenboogland is hoer as die verlies syfer van lande wat in oorlog verkeer.
Ons het 50 moorde/dag, die grensoorlog se sterft syfer was laer as dit per dag.
Is ons nie miskien ak klaar in n burgeroorlog nie?

Johann Marx ·

18 376 moored per jaar. Die volgende statistiek wat ons wil sien is dit: Hoeveel arrestasies, verhore en skuldigbevindings vir moord per jaar? As ons SAPD 100% suksevol is om moordenaars te vang, te verhoor en skuldig te bevind…..dan kry ons 18 376 “lewenslange gevangenis” per jaar by, teen ‘n koste van R114/dag per persoon. Gaan kry jou calculator…..18 376 x R114 x 365 x 20 jaar = R15 292 507 200,00. Hierdie land kan nie bekostig om al die moordenaars suksesvol verhoor te kry nie…..daar sal niks geld oorbly vir die politici om te steel nie!!! Sien jy nou?

Frans C ·

As jy belangstel om te weet hoe suksesvol of onsuksesvol misdaad in ons land hanteer word,google http://www.justice.gov.za/salrc/papers/rp18.pdf. (South African law Commission research paper no. 18). Uit die steekproewe wat in sekere gebiede gedoen is tov moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede is bevind dat 75% van die aangemelde sake nooit hof toe gaan nie. Van die oorblywende 25 % word 5% onskuldig bevind,6% skuldig, 10% in die hof teruggetrek en 4% sake hangende.

Dit is afgryslike statistieke en as dit in alle gebiede so gaan leef ons in Suid Afrika sekerlik in een van die gevaarlikste lande in die wêreld.Geen wonder jong mense verlaat nog steeds Suid Afrika.

Deloris ·

Als gaan die skuld kry …. behalwe om te noem van plaas moorde …. dwelms en drank …ag asseblief gaan terug drawing board toe

Johanna Botha ·

Genade Johann dit is net skokkend …ek voorspel dieselfse statistiek vir volgende jaar want mens sien jaar op jaar dieselfde met n mate van verswakking soos daar net nog n wiel afkom. SA is onveilig en daar is net geen wil van die polisie om n verandering te maak nie !

Rynhardt ·

Moordsyfer van 4,9% wat SAPD bekend gemaak het is baie hoer! Onthou, daar is geen doodstraf vir moordenaars en verkragters in misdaad-paradys nie!SAPD is al in die verlede uitgevang dat hy misdaadststistieke beknoei.Vanaf 94′ sit SA mer oopgrense wat gevaarlike misdadigers, dwelms en onwettige vuurwapens na SA laat stroom.Hoofstroommedia moet n slag die SAPD vra op hoeveel onwettige vuurwapens hy vanaf 1994–2016 op beslag gele het, want dit gaan sy opgedisde statistieke aan publiek uiters verdag laat lyk, want misdaad is buite beheer in SA soos korrupsie en verkragting.Hoofstroommedia wys vir publiek op jul voorblaaie en TV hoeveel mense is sedert 1994-tot 2016 werkloos onder die Anc! Dit sal werklik wys vir Jan publiek hoe buite beheer dinge in SA is terwyl Anc faksies nie bogenoemde sal opper nie! Dan is daar ook nog kriminele in die polisie self, dit is ook nog nie uitgeroei nie, maar die Anc wil misdaad bekamp??? Media24 vra ook aan die SAPD om aan die pybliek te toon, hoeveel van polisie se vuurwapens was gesteel of het opsetlik weggeraak sedert 1994-2016.Sodoende kan publiek sien in watter gemors SA is .Vra ook die werklike statistieke aan (wat vir jare weggesteek word) van witboere wat uitgemoor word in SA! Hoofstroommedia, hierdie dinge laat publiek meer dink as die “opgedisde deurmekaar kos” wat die SAPD en jul hoofstroommedia wil he ons moet glo met n glimlaggende president, terwyl ekonomie lankal in sy kanon is.

Simon ·

Mnr.Polisie Kommisaris, wat is “Back to Basics -benadering”? Julle het ons hoogs opgeleide blanke lede uit gedwing en onopleibare persone aangestel in hoe polisie range wat nie weet wat hul doen of kan ondersoek nie. Daar wys jou statistieke hoeveel sake is onopgelos of uit die hof gegooi as gevolg daarvan. Wapen eienaars se aansoeke wag jare vir goedkeuring, ons as wetsgehoorsames word teikens van misdaad want ons kan ons self nie verdedig nie. Jou grensbeheerde polisie poste is lagwekkend, enige misdadiger kan die land insypel. Baie misdade is as gevolg van gewoonte misdadigers, wat soek hul dan op vrye voet? Hul hoort mos in die tronke, maar weereens, hul kom weg want jou polisie mag is onbeholpe. Begin eerder jou lede oplei en jou misdaad inteligensie eenhede uitbrei, so ook al die gespesialiseerde eenhede, SANAB, Anti-Korupsie, Moord en Roof ens, wat jul ontbind het. In die ou dae was die eenhede baie suksesvol. Ek dink dis back to basics vir jou en jou nuttelose offisiere. En as jy hulp nodig het, ons is nog hier om jul te wys hoe om dit te doen, tans doen ons opleiding en ondersoeke in baie Afrika Lande want ons word verwerp in ons eie land.

Jeanette Daniels ·

Goeie polisielede verloor moed want daar is geen bevorderdering. Nuwe lede word sommer ntso bevorder en ou lede is stuck. My man is al 20jr AO. Goeie wetsgehoorsame polisieman.

KarooKlong ·

Alle eer aan AO Daniels vir sy deursettings vermoe, ‘n Polisieman in murg en been, asook vir Jeanette Daniels want sonder haar sou die murg nie in die been gebly het nie.
Jeanette, jy is heeltemal reg in jou kommentaar. Ongelukkig is dit nie omkeerbaar nie.
Karoo groete.

Johanna Botha ·

Back to basics ….hoe so die mense met die kundigheid is dan weg of weet hy dit nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.