Misdaadstatistieke: Dít moet jy weet

Mbalula Dinsdagoggend in die parlement. Foto: @SAgovnews/Twitter

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak.

In die afgelope boekjaar, van 1 April 2016 tot 31 Maart 2017, is meer as 19 000 moorde landwyd aangemeld. Moord het in vier van die nege provinsies toegeneem.

Indien die statistieke per dag uitgewerk word, beteken dit 52 mense is elke dag die afgelope boekjaar vermoor.

Só lyk die aantal moorde per provinsie en die toe- of afname vir die afgelope boekjaar:

Kapings het landwyd met 14,5% toegeneem. Só lyk die aantal kapings per provinsie en die toe- of afname vir die afgelope boekjaar:

Só lyk die aantal huisrooftogte per provinsie en die toe- of afname vir die afgelope boekjaar:

Huisbrake het toegeneem in die Oos-Kaap (24 385 of 2%), Mpumalanga (18 507 of 1,9%), Noord-Kaap (6 518 of 0,8%) en Noordwes (15 908 of 2,2%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Helen ·

Weereens se ek ek glo nie hulle statistieke nie….Sit eerder so 20 of 20% by hulle getalle wat hulle noem. Ek sal eerder se 85 mense per dag word in Suid Afrika vermoor!!! Wit, swart, kleur, indiens ens.

Pop ·

Pragtig ANC. Dis nou iets wat julle reggekry het. En dis ook al. Die land val uitmekaar. Dis anargie, en wat doen julle daaromtrent. O, ek weet, ons skommel die parlement rond, al mnr Zuma se soldaatjies in n ry.

Gys ·

Goeie statistiek om te gebruik as moetivering vir n vuurwapen lisensie. Ook as rede om jouself te verdedig.

Michelle ·

Syfers wat hy self opgemaak het. Dit word elke jaar net erger en erger.

Leuenaars ·

En so word alle MOORDE maar weer onder een kam geskeer. Die feit dat plaasmoorde BELAGLIK toegeneem het, word nie genoem nie, want dit is BLANKES wat doodgaan. en asb moenie vir my se daar is swart boere ook wat vermoor word nie, hulle is ‘n SKAMELE 2% van die vermoordes … !! KRY die regte syfers .. hou op om leuenaars te glo!~

snoefie ·

wat anders verwag jy in n land blankes hulke woorde so moet tel want RASSISME word swaarder gestraf as moord. net vir die rekord, die anc eien enige blanke optrede teeniir n swart mens as rassisme maar alkes wat die swarte teenoor die blanke pleeg is geregverdig. SIES!

Dries ·

Zuma en sy party verkondig mos in hul propaganda :”we have a good story to tell”. Dit is vir hul so waar.

MB ·

Mens kan net mooi niks meer glo wat uit hulle monde kom nie. Die syfers is verdraai en aangepas, wat weet die mense in elkgeval van statistiek. In baie gevalle word die sake nie eers aangemeld nie. Ek vee die syfers van die tafel af met minagting.

IvR ·

Iets wat ek mis hier is dat die moord en poging-tot-moord statistieke apart gerapporteer word – dis immers dieselfde ding – al wat verskil is die uitkoms, of die arme slagoffer gesterf het of nie. Of jy nou 100% of 80% kry vir jou poging, die eintlike probleem is dat jy probeer het. Net so, as meer mense poging-tot-moord oorleef beteken dit nie noodwendig misdaad is af nie, dit beteken eder die slagoffers het hulself beter verdedig, het vinniger/beter mediese sorg gekry of was dalk net meer gelukkig om te oorleef.

Ivr ·

Hulle moet die moord en poging-tot-moord statistieke saam rapporteer – dis dieselfde ding. Of jy 80% of 100% kry vir jou misdaad, die groot probleem is dat jy die misdaad pleeg. Die blote feit dat moord op sy eie af is beteken ook nie noodwendig die misdaad het afgeneem nie, dit kan net sowel beteken die slagoffers het hulself beter verdedig, vinniger of beter mediese sorg gekry en het so oorleef – of was dalk net gelukkiger.

JJQQ ·

Jy gan jou agter-ent met hierdie stats afvee. Gebasseer op hoog onbetroubare data. Die weervoorspelling is meer akkuraat

Dafer ·

Ons sien gereeld fotos, op facebook en elders, van polisie manne en vroue wat nie hulle werk doen nie. Kan mm nie dalk ‘n foto-sessie reel waar al die lesers op ‘n spesifieke dag, op ‘n spesifieke tyd, fotos oor die land neem van lede van die polisie wat hulle sien – werkende of nie-werkende – as ‘n soort van tyd studie om te sien wat die produktiwiteit van die mag is nie?
Sekerlik kan iemand sodanige data verwerk!

Anoniem ·

A robbery going wrong!! No murders. Just stole a cellphone after you murdered the people.

gunston101 ·

En so lieg die klomp narre voort, Dis n skande dat sulke liegbekke in beheer is van die land

Johanna Botha ·

Gaan dit ooit verbeter …die land is uit beheer …baie menseregte maar meeste moorde ooit …hoe maak dit nou sin ? ?

Poepslang ·

Verbysterend – mens kan maar net wonder hoe die verdere analise, gedeel in bevolkings groepe daarna sal uitsien.?

Hugo D ·

In die VSA is dit 44 moorde per dag, so jou kans is x8 on in SA vermoor te word, gegewe die totale populasie as jy die SA statestiek glo; nee wat ekke trek nie terug nie.

Johann ·

Ek glo ook glad nie die syfers nie.
‘n Paar maande gelede is daar beweer dat slegs 480,000 Suid Afrikaners die land permanent verlaat het.

Koos1 ·

Wat my meer bekommer is dat die SAPS weier om sake te open. Ek het al by 2 geleendhede sake wou open vir aanranding en diefstal. Daar is reguit vir my gesê dat ‘n saak nie geopen kan word nie, want die verdagtes is nie bekend nie. As dit met 10 000 mense al gebeur het, hoe sal die statistieke dan gelyk het? Die polisiestasies doen dit in opdrag, om te voorkom dat die statistieke hand uit ruk, en dat die bevelvoerders beter kan vertoon as wat die werklike toedrag van sake is. Hierbo het iemand gesê dat 20% meer moet wees, ek dink dit is nog meer!

Johannes Meintjes ·

Vir diegene van ons met ‘n Skriftuurlike werelbeskouing is dit natuurilik uitermate betreurenswaardig dat bloed so vrylik en onboetvaardig vergiet word in en om SA, dat die kerk dit grootliks bloot gadeslaan en dat die regering nie bloed met bloed (doodstraf) vergeld nie. Ons pluk almal die vrugte van totale wetteloosheid onder die bevolking, in die kerk en in die regering. Onbesnyde harte, – van klip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.