Misdaadstatistieke: Kinders loop deur

Argieffoto. (Foto verskaf)

Die jongste misdaadstatistieke wat Vrydag bekendgemaak is, wys dat misdade wat kinders betrek, soos ontvoerings en seksuele aanrandings by skole, drasties toeneem.

Hoewel die statistieke wys dat kontakmisdade teen kinders in geheel sedert 2018 met 6,4% afgeneem het, is 42 348 kontakmisdade teen kinders in die 2019-’20-boekjaar aangemeld.

Die aantal kontakmisdade teen kinders wat in KwaZulu-Natal aangemeld het, het boonop met 4,2% tot 8 056 gevalle toegeneem. Gevalle van ontvoerings landswyd, waarvan kinderontvoering deel uitmaak, het boonop die afgelope 10 jaar met 133% toegeneem tot meer as 6 600 gevalle wat verlede jaar aangemeld is.

Die statistieke wys dat 380 van alle gevalle van verkragting by onderwysinstellings plaasgevind het. Dit sluit skole, universiteite en kleuterskole in. In een geval van verkragting is ses slagoffers tussen die ouderdomme van ses en sewe jaar deur ʼn 14-jarige verkrag. Hulle was na bewering in die bosse besig om voëls te vang. Die 14-jarige het aan hulle beloof om van sy voëls met hulle te deel indien hulle met hom seks het.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het intussen gesê Suid-Afrika gaan tans gebuk onder twee pandemies, naamlik Covid-19 en misdaad.  “’n Skok of verrassing is dit lank nie meer nie, want geweldsmisdaad het intussen die norm geword en nie die uitsondering nie. ’n Geringe afname of toename kan nie meer die groter prentjie beïnvloed nie,” sê Guido Urlings, verbonde aan AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid.Terwyl kundige, gemotiveerde en toegewyde polisiebeamptes die pot steeds aan die kook hou – soos wat onlangs uit die SAPD se vinnige reaksie op die Hartswater-moorde geblyk het – het korrupsie, wangedrag en selfs strafregtelike optrede in die polisie die aansien daarvan beklad.”

Hy het daarop gewys dat die invloed van die COVID-19-pandemie nie vergeet moet word wanneer die volgende jaarlikse statistieke bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cleopatra69 ·

Die ban op sigaret en drank verkope en informal vendors forseer misdaad. As jy honger is en jou kinders moet kos gee wat sal jy doen. Die regering se voedsel skema is net vir sekere mense

Johan ·

Lê dit voor die deur van daai ou met die hoed. Hy is mos baie slim….gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.