Misdaadstatistieke: Moord, kapings neem toe

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak.

Mbalula het toegegee dat die meeste mense onder die beleg van misdaad leef. “Hierdie statistieke wys konsekwent dat geen gemeenskap daarop aanspraak kan maak dat lede in veiligheid leef en veilig voel in Suid-Afrika nie.”

Mbalula het gesê daar kan geen oorwinning wees voor mense veilig voel en inderdaad veilig is nie. “Veilig van misdaad, veilig van vrees vir misdaad en spesifiek gewelddadige misdade.” Hy het gesê misdaadstatistieke is ʼn belangrike instrument in die stryd teen misdaad. “Ons kan nie ʼn vyand beveg wat ons nie verstaan nie.”

In die afgelope boekjaar is meer as 19 000 moorde landwyd aangemeld. Die meeste moordgevalle het in Gauteng plaasgevind.


Moord het in vier van die nege provinsies toegeneem. In Mpumalanga het moord toegeneem met 11,1%, in Gauteng met 6,7%, in die Wes-Kaap met 2,7% en in KwaZulu-Natal met 2,2%. In die vorige boekjaar is 18 673 moorde gepleeg. Die meeste moordslagoffers was manlik.

Kontakmisdade (moord, seksuele oortredings, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en roof) het die afgelope boekjaar afgeneem. Moord, gevalle van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede het egter toegeneem.

Roof met verswarende omstandighede het met 6,4% toegeneem tot 140 956 gevalle. Roof met verswarende omstandighede sluit kapings, rooftogte (huis- en sakerooftogte), vragmotorkapings, transitorooftogte en bankrooftogte in. Kapings het landwyd met 14,5% toegeneem, huisrooftogte met 7,3% en sakerooftogte met 5%. Transitorooftogte het met 10,9% toegeneem terwyl bankrooftogte met 50% afgeneem het.

Volgens Mbalula het gevalle van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging met 3,3% afgeneem. Dit het egter in die Oos-Kaap en Wes-Kaap toegeneem. In die Oos-Kaap was daar 748 gevalle van brandstigting die afgelope boekjaar en meer as 12 000 gevalle van kwaadwillige saakbeskadiging.

Volgens Mbalula het seksuele misdade in die afgelope boekjaar met 4,3% afgeneem. Dit het egter effens toegeneem in Gauteng en Noordwes. Daar is die afgelope boekjaar 39 828 verkragtings aangemeld met 98,9% van die slagoffers wat vroue of meisies is.

Huisbrake het toegeneem in die Oos-Kaap (2%), Mpumalanga (1,9%), Noord-Kaap (0,8%) en Noordwes (2,2%). Huisbrake in Gauteng het met 2% afgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

SlowJoe ·

Die Minister sê elke dag die SAPD moet hulle bekwaam om beter skuts te word. Hulle moet weet waneer en hoe om hulle vuurwapens te gebruik. Die grap is, die SAPD het geen ammunisie, tans het net die misdadigers ammunisie. So opleiding is in gevaar sonder ammunisie.

Cherokee ·

JoeSlowo, ‘n groot klomp van die polisie kan nie die eksamen slaag om ‘n bevoegdheidsertifikaat vir vuurwapens te kry nie.

Uvonka ·

Tyd dat jy jou duim waaruit jy die statistieke suig uit jou mond haal en iets daaraan doen!!! Ons almal weet wat aangaan en plaas daarvan om tyd te mors aan syfers, DOEN EERDER JULLE WERK! TSK!

Eish ·

Dit sou boekdele spreek indien die syfers per provinsie uit gedruk kon word as n persentasie van die provinsiale bevolking asook landswyd.

Al wat die rou syfers sê is dat die misdaadsituasie totaal buite beheer is en nie bestuur kan word deur die huidige personeelkorps nie.

Francois ·

Dit se ongelukkig nie veel nie.
Hier is die syfers. Kon ongelukkig net die 2011 sensus syfers opspoor per provinsie.
Bevolking – Moord syfer – Persentasie van bevolking
Gauteng 12,272,263 – 4,101 – 0.03%
KwaZulu-Natal 10,267,300 – 4,014 – 0.04%
Eastern Cape 6,562,053 – 3,628 – 0.06%
Western Cape 5,822,734 – 3,311 – 0.06%
Limpopo 5,404,868 – 813 – 0.02%
Mpumalanga 4,039,939 – 954 – 0.02%
North West 3,509,953 – 901 – 0.03%
Free State 2,745,590 – 950 – 0.03%
Northern Cape 1,145,861 – 344 – 0.03%

Willie ·

Die Polisie bestuur, moet op gebiedsvlak verantwoordelik gehou word vir misdaad… KPI’s en as misdaat op is, bonuses en iets aan die sak verbeur… nes n gesonde besigheid… syfers swak, word bestuurders gepos, en bonuses verbeur… O ja, en jy moet natuurlik darem bevoeg ook wees.

Denise ·

Wat is daar om te verstaan van die vyand ???? nee kyk hier gan dit net bly by praat en praat is net AFDRAAND ????

christa ·

die minister praat net en niks gebeur nie. Dis een ding om te se en ander om te doen.

Chris Ws ·

Fikile Vuvuzela!Praat net ‘n klomp wind.Heeltemal onbevoeg vir die pos!

Leahim ·

Dit was voorspelbaar sal graag wil weet wat die komentaar hieroor sal wees van die twee hoogs gekwalifiseerde polisie beamptes Andrew en Fanie

Cherokee ·

O ja, Leahim, jy is mos enkele dae gelede geroskam oor jou kritiek op die polisie.

kat ·

Ja -nee, pateet bly maar pateet. Plaas dat hy sy hand van sy mond wegvat en iets begin doen. Wat hy daar soek in die eerste plek maak nie sin nie – orals waar hy gaan maak hy droog – so doen almal van hulle.
Ons moet na onsself kyk – dit is geloofwaardig.

AP ·

Ongelukkig n feit hoe langer zuma “in beheer” is hoe erger gaan dit word , siek samelewing .. ergste ooit

Bekkie ·

Dalk moet hulle plaasmoorde ook by die syfers insluit …..aangesien daar net anderkant toe gekyk word as boere vermoor word

Theresa ·

Ag tog!! Wat se simpel ding om te sê: verstaan nie die vyand nie. Kyk, luister en leer. Die gemors in Suid-Afrika word duidelik weergee. Daar is niks om NIE te verstaan nie. Als is duidelik. Dis die hoë amptenary wat nie weet hoe om dit te hanteer nie. Dis die hele ding.
Absurd!

Kiepie ·

Hoe pas Meneer se opmerking dat “geen gemeenskap kan aanspraak maak dat sy lede veilig is of veilig voel in Suid Afrika nie” dan nou in by Meneer se party se “goeie storie”?

Vermeende ·

Al hierdie syfers ly soos die regering se misdaad begroting vir volgende jaar.

honourable member ·

Wonder net altyd hoe akkuraat hierdie syfers is. Misdaad in hierdie land is totaal en al buite beheer.

ja nee ·

hy probeer sy gegaap wegsteek want hy is beslis nie die een vir daai pos nie. Die wat die Polisie so slegse – daar is darem nog goeie polisiebeamptes en offisiere ook, so moenie veralgemeen nie.

Alida ·

ja-nee, ek stem 100% saam met jou. Almal is nie treurig nie. Wat weet Fikile in elk geval van SAPD sake af!!! Hy was behep met sport diè twee verskil mos hemelsbreed. Hy is nie geskik vir die pos nie en dwing geeen respek af nie. Grapmaker en nar !!!! Bring vir Bheki Cele terug. Met die wereldbeker was hier geen misdaad nie en die SAPD was oral sigbaar.

piper ·

as net die helfde van die moordenaars elke jaar tronk toe gaan sal net vir hulle n nuwe tronk elke jaar gebou moet word. die doodstraf sal daardie probleem oplos en hope geld spaar sodat belastings nie verhoog te word nie.

JR ·

kyk ek sê sou ek wakker word in die nag en ek kry n inbreker in my huis skiet ek hom net daar dood. Ek het hom beslis nie genooi vir koffie en koekies nie

Yvonne ·

Kyk hoe hou hy sy hand oor sy mond, wat is daar wat jy jouself keer om se se, meneer?

Fanie ·

Hi Leahim. Ek sien by elke misdaad verslag plaas jy die blaam op die polisie.
Nou daag ek jou uit om die volgende oefening te doen
1.Stel vas hoeveel polisie stasies in die land is.
Stel vas hoeveel beamptes daar op elke polisie stasie is– deel dan die getal deur 3 nl beamptes op dag diens, nag diens en beaptes op rusdag
Stel vas hoeveel mense daar in daardie gebied bly.
2. Stel vas hoeveel plase in die land is en volg soos in 1.
Stel vas afstande tussen plase en vanaf toegewysde polisie stasie.
Stel ook vas hoeveel voertuie toegewys is aan elke stasie.
Terwyl jy nou daarmee besig is kyk sommer wat se kommunikasie daar is na die polisie.
Dan as jy daarmee klaar is span dan jou geleerde logika in en jy sal sien dat daar nie vir die 56 miljoen mense in die land n polisieman is om elkeen op te pas nie.
Ek stel voor dat jy jou verander jou siening oor die polisie en probeer om hulle te bemoedig en nie gedurig af te breek nie.
Ek wens dat elke mens net vir eendag die werk van polisie beamptes kan doen en ja verseker is daar in jou beroep ook n hele paar vrot appels.
Laaste gedagte: voor jy dink jy is beter as iemand anders, onthou die mooiste blomme vrek ook.
Ek sal verder kommentaar lewer as jy al die statistieke kan bekom. Groete

Cacophony ·

Ons bemoedig ons polisie baie maar hoe bemoedig jy ‘n instelling wat vuurwapens verkoop, deelneem aan rooftogte en selfs vrouens verkrag. Hoekom kyk jy nie eerder na die statistieke van polisie betrokkenheid by misdaad. As jy nie daarna wil kyk nie gaan kyk dan net na die videos van beamptes wat eerder hulle dstv uitsorteer as om klaers te help. Doen eers deeglik jou eie huiswerk voor jy so dawerend uitkom om hierdie uiters swak instelling te verdedig

Cacophony ·

Net ‘n paar weke terug is ons vertel die misdaadsyfers is af! Die waarheid sal uit! Jammer maar die polisie is seker een van die useleste instellings in ons land.

ne ·

Die doodstraf moet weer ingestel word. Die polisie kry in elk geval nie die moordenaars nie. Hulle sit net in die kantore rond. Wonder net hoeveel word betaal as jy ‘n plaasmoord pleeg. Laat my nie vertel hulle word nie betaal om moord te pleeg nie

aaai ·

@FANIE… jy het vergeet om by te las dat hy moet ook vasstel hoeveel van die aangestelde beamptes is wakker op hul pos…….

Perspektief ·

Die getalle saam dui op meer as 19 000 moorde, en dit is die getalle waarvan hulle weet. n 1 tot 1verhouding dui aan dat daar amper 20 000 moordenaars was…selfs n 5de daarvan is kommerwekkend…ons land is nie wel nie, ook nie ons strafstelsel of polisie. …erens val die pap op die grond. Ons moet n staat van nood verklaar!

Leahim ·

Fanie ek betwyfel nie die feit dat daar n tekort van alles is nie ek was die voorsitter van die GPF toe Amon Mashego nog in beheer was van Pretoria polisie.Ek het n paar vergadering met perimal Naidoo gehad.Ons het klein dinge gedoen soos die polisie het met hul blou ligte die buurt patroleer ,gereelde padblokades is gehou en die misdaad in PTA moot het gehalveer en op daardie stadium was n kwart van die polisie beamptes op stres verlof .Ek is n ingenieur van beroep en nee ek kan nie n fout maak nie dan gaan onskuldige mense dood en sou daar n vrot appel wees in my beroep word hy summier afgedank of krimineel vervolg sou hy agv sy nalatigheid die dood van n persoon veroorsaak.Ek wil dit ook duidelik stel dat ek nie n vyand van die polisie is nie maar hier is n probleem n polisie beamte word in die publiek met n hammer aangeval ,mense word elke dag vermoor ,verkrag ja daar is baie probleme maar ons stel belang in oplossings,”Amon Mashego het gese give me a solution for the problem” en kortliks dit is al wat die publiek wil hê
Groete

Fanie ·

Leahim/aaai
Vrot appels prokureurs dokters advokate myners veiligheids beamptes spoorweg werkers noem maar op
Hoekom ook nie hulle aanval nie. Enige beroep het sy vrot appels.
Hoeveel polisie beamptes is al vermoor. Maar dit haal julle op nie.
Ek herhaal die polisie het nou meer as ooit die publiek se ondersteuning nodig in plaas van altyd hewige kritiek te lewer. Dit breek moraal heetemal af.
Einde van kommentaar.
Ek herhaal polisie het noumeer ondersteuning nodig

Cacophony ·

Enige beroep het sy vrot appels maar die polisie se hele boord is deesdae vol vrot appels. En as hulle nie vrot is nie is hulle so oorryp dat hulle van die bome afval. Fanie face the facts

Johanna Botha ·

Die minister is n groot nar …praat praat vloek en maak geraas …maar kyk na die feite …dit help niks so hy is useless ! Die anc is useless want niks werk nie !

Fanie ·

Leahim/aaai.
Vrot appels prokureurs advokate dokters veiligheids personeel spoorweg werkers metro polisie alle beroepe het hulle maar word nie aangeval soos die polisie nie.
Ek herhaal die polisie het nou meer ondersteuning van die publiek nodig as die gedurige negatiewe kritiek teenoor die polisie. As iemand in enige beroep gedurig gekritiseer word sal sy moraal daal net so die onnodige kritiek die polisie sn laat daal.
Hoeveel polisie beamptes is al vermoor maar daar word nie n ophef daarvan gemaak nie.
Polisieman met hammer aangeval polisieman geskiet polisieman wat rower arresteer word geskiet????Geen ophef geen simpatie. Werk dit self uit.
Einde van my kommentaar.

Michelle ·

Wonder waar die statistieke uitgekrap is. Die land is deur trek met alle geweld misdaad en die wat oor die grense genooi is, het saam gemelt vir meer misdaad.

Louis Botha ·

Die probleem is dat kriminaliteit ‘n goeie bron van belastinginkomste vir die staat is.
Alle goedere wat gesteel is en vervang word lewer vir die regering 14% BTW inkomste op.
Die kriminele is dus eintlik die minister van finansies se venote so die ANC regering baat by misdaad en gaan dit daarom nie sommer ernstiglik probeer stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.