Misdaadstatistieke: Moord neem toe in vier provinsies

misdaadstatistiek

Die polisie se jongste misdaadstatistiek is Vrydag bekend gemaak.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag die polisie se jongste misdaadstatistieke vir 1 April tot 31 Desember in die parlement bekend gemaak.

Genl.maj. Norman Sekhukhune het die statistieke aan die parlement se komitee oor die polisie voorgelê.

Die moordsyfer het in die algemeen met 0,1% afgeneem. Moord het egter in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga toegeneem. Poging tot moord het ook toegeneem in provinsies soos Gauteng, die Oos-Kaap en Mpumalanga.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus-leier en hoofwoordvoerder oor polisie-aangeleenthede, het die eerste kwartaallikse bekendmaking van die statistieke verwelkom, aangesien die party etlike jare reeds daarvoor vra.

“Hoewel dit blyk dat 17 ernstige misdade wat deur die gemeenskap aangemeld word in hierdie tydperk ʼn afname van 0,03% toon, moet die publiek nie mislei word nie. Kontakmisdade, wat moord, poging tot moord, ernstige aanranding, gewone aanranding, gewone roof en seksuele misdaad insluit, het in die tydperk egter met 0,1% gestyg en die trio-misdade, wat motorkapings, roof by woonhuise en roof by nie-residensiële persele insluit, het skerp met 14,3% gestyg,” het Groenewald gesê.

“Geweldsmisdaad in Suid-Afrika het steeds gestyg wat kommerwekkend is. Moord (1,3%), poging tot moord (0,6%) en roof met verswarende omstandighede (6,9%) het in die verslagtydperk gestyg. Al drie misdade het die afgelope vier jaar opeenvolgend gestyg en nou weer.

“Die trio-misdade, naamlik roof by woonhuise (5,7%), nie-woonhuise (8,1%) en motorkapings (14,3%), het skerp gestyg in die verslagtydperk. Die gevreesde misdaad, roof by woonhuise, het reeds vier jaar agtereenvolgens gestyg, nou weer in die tydperk met 5,7%.”

Groenewald het gesê motorkapings ruk handuit en het met 14,3% gestyg en dit het ook vier jaar agtereenvolgens gestyg.

“Die algemene publiek is dus heeltemal geregverdig om te sê hulle voel onveilig en dat misdaad in Suid-Afrika net toeneem. Statistieke oor plaasmoorde en -aanvalle toon vanaf Julie 2016 tot einde Desember 2016 het 27 plaasmoorde in 195 plaasaanvalle plaasgevind,” het dr. Groenewald gesê.

Klik hier vir die volledige statistiekverslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

henk ·

Die hoof van die Polise dink seker alles is onder beheer?
My genade tog!

AL ·

Ons betaal belasting waarvoor ons baie hard werk aan die Staat om n diens te lewer. Waarom kan daardie diens nie terugkom na ons vir landelike beveiliging nie? Wat gaan die regering doen oor die kommerwekkende verhoging van ernstige geweldsmisdaad?
Die Regering behoort beter om te sien na sy betalende belastingbetalers wie wetsgehoorsaam is.
Met die trant wat belastingbetalers (wie n kommerwekkende paar miljoen is) vermoor word, wat gaan die Staat daaraan doen?
Gaan die kriminele die belasting betaal? NEE!

Johannes van Staden ·

”Back to basics” dit werk nie ! ! Nou word daar nog gevra dat jy jou geweer moet ingee …wat n joke asof misdadigers nou hulle wapens gaan ingee …dink eerder die polisie is opsoek na wapens wat hulle eerder kan verkoop by die agterdeur …wat ons weet het gebeur !

Alta O'Kelly ·

Net so verwarrend soos die regering. Misdaad het afgekom maar aan die anderkant word daar ander statistieke gegee, wat bitter baie hoog is. Ek wonder om die sommetjie regtig optel na minder misdaad.

allak ·

MM.vverduidelik asb.genl.maj.N.Sekukhune sêmoord het met 0.1% afgeneem,terwyl dr.P.Groenewald sê moord het met 1.3% gestyg. Wie is reg?

PvZ ·

Ek lees dat hulle noem dat hulle ‘n verskil maak in plaasmoorde. Die opskrif in News24 is “slight decrease in farm murders”. Wil die regering sê ons kla verniet? Nou is daar ook ‘n versoek dat ons, ons wapens moet ingee. So, ons kla verniet oor plaasmoorde. Ons sit blykbaar met baie onwettig wapens wat ingehandig moet word. Dan sal Jacob Zuma vandag net weer noem, dat sodra die oudit afgehandel is, hulle die land sal vat sonder vergoeding. Ek hoop almal het klaar gesug van verligting. Stap 1. Maak aan die wêreld bekend dat die Boere verniet kla. Stap 2. Begin om al die wapens te vat. Stap 3. Vat die grond. Maar moet asb. nie worry nie. Die “grondwet” gaan met sy ninja swaard uitspring en JZ keer.

snoefie ·

Johannes van staden as ek dink aan die hoeveelheid vuurwapens wat tydens plaasaanvallers gebuit was, dink ek ook dis tyd om in te handig. n vuurwapen is die lisensiehouer tot geen hulp en beskerming wanneer dit in n kluis lê en wag om geroof te word nie. dit kom myn insiens nie neer op ontwapening nie, maar verklein die versoeking vir die lopende kanker om te gaan inbreek, aanrand en moor om wapens te verkry.

Marie Visser ·

Die man op straat het hul wapens ingehandig op vriendelike versoek van die regering. Diegene wat opgesien het na die administratiewe rompslomp van die regering om lisensies vir of hernuwing van vuurwapens uit te neem, het dit wel gedoen. Nou sit duisende wetsgehoorsame burgers sonder vuurwapens, terwyl die misdadigers tot die tande toe bewapen is en voer hulle landwyd ‘n skrikbewind onder die weerlose gemeenskap, wat op die regering vir beskerming aangewese is. Wat ‘n tragiese situasie. Ons kan maar net hande vat en bid en ons op God beroep.

Ashlee ·

Drie jaar gelede was ek genader deur n kennis in SA, en was gesmeek om as n Amerikaanse burger hom te borg vir werk en n groenkaart. Sy broer en skoonsuster was n week voor dit grusaam vermoor op hul kleinhoewe. Ek het die proses begind, $1.800 betaal vir registrasie, en hy kon my dit terugbetaal oor n tydperk sonder rente. Ek besit n perde teelplaas in California. Desember 2016 is hul groenkaarte goedgekeur, en hul wagtydperk oor. Hy kontak my Januarie 2017 met die woorde. Dankie vir als pellie, maar ons het besluit om n SA te bly. Sal jou die geld terug betaal oor n 4 jaar tydperk. ( Wou nog vir hom se, los maar geld, net teleurgesteld vir al die ure en ure se werk aan sy petisie, en nou dit) Nou lees ek, hy was vermoor, geskiet n dag of so gelede. Ai, waarom het jy anders besluit my vriend, jul het n pragtige toekoms verspeel. So hartseer.

Ben ·

Daar is net een oplossing , bring die kommando stelsel terug wat padblokkades kan hou en sigbaar patroleer

Deon Huysamen ·

Hierdie statistieke is nie die papier werd waarop dit geskryf word nie. Ek het persoonlik vir die afgelope drie jaar geen misdaad wat teen my of my eiendom geplaag is aangemeld nie. Mors van kosbare tyd want bekwame ondersoek is ‘n mite. Sake word summier afgesluit as “Onopgespoor”

Heike ·

Elkeen sal vir homself moet sorg totdat die “pot oorgekook” het. Ons gaan nog baie aanslae kry. Ons gaan egter die wa deur die drif trek en sal dan weer in beheer wees. Lees Siener en word wys. Moenie dat hierdie aanslae n verassing wees nie.

Sienersegatman. ·

Daar le n siener boek langs my waar ek nou le. Ek het weer daar deur gegaan die week. As ek kyk na wat hy voorspel het gedurende die tye wat verby is, kan ek nie anders as om te dink dat party Afrikaners elke dag meer en meer naief raak om te wil glo in die “Crap” wat hy kwyt geraak het nie. Die moeilikheid is hier en mense moet ophou glo dat sulke storietjies ons gaan red. Skrik net wakker! Watch jou 6.

Alida ·

Hulle moet dink ons is stupid. Ons handig ons wapens in en die polisie deel dit uit aan die kriminele. Ons wil sien hoe word dit vernietig! Ons wil ook sien waar en hoe vernietig hulle die dwelms wat op beslaggele word by die lughawens. Wys ons.

Rynhardt ·

Aida heeltemal reg! Jy handig jou vuurwapen in, nie net word jy ontwapen nie, maar die boef gebruik daai wapen teen jou.In 2015 het die polisie erken op rekord:”Ons verloor die stryd teen misdaad!” Nou is dit kamstig nog so buite beheer nie.Die politici in parlement glo die polisie en verstaan nog steeds nie hoe dinge werk in die nuwe SA nie.Misdaadstatistieke word bekook om Anc goed te laat lyk.Alles word getransformeer om indiens van Anc te wees!Politicie in parlement:Daar is geen vorm van doodstraf nie! SA is ekonomies vernietig! Oopgrense laat nie misdaad afneem nie.Moorde op boere neem toe! Werkloosheid gedy! Politici, kan jul glad nie sien wat aangaan in SA nie? Het geld julle oorgewig ooms heeltemal blind gemaak vir die waarheid????

Marina ·

Hmm, soos dit vir my klink word die plaasmoorde UITGESLUIT en alle ander gevalle op ons

Antjie ·

27 plaasmoorde oor 6 maande is 13.5 oor 3 maande of byna 4.5 oor ‘n maand. Die 17 moorde van Februarie is dus byna ‘n 400% styging!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.