Misdaadstatistieke: Moord, poging tot moord neem skerp toe

Minister Bheki Cele het Vrydag die misdaadstatistieke van die vierde kwartaal van 2020-’21-boekjaar tydens ’n mediakonferensie bekendgemaak. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Terwyl daar ’n afname in sekere kontakmisdaad was, het moord en poging tot moord in Suid-Afrika in die laaste kwartaal van 2020 met meer as 8% toegeneem.

Minister Bheki Cele het Vrydag die misdaadstatistieke van die vierde kwartaal van 2020-’21-boekjaar tydens ’n mediakonferensie bekendgemaak.

Luidens die statistieke het moord en poging tot moord onderskeidelik met 8, 4% en 8, 7% gestyg.

Volgens Cele is 4 976 moorde tussen Januarie 2020 en Maart 2021 gepleeg.

“Dit beteken dat 387 meer mense vermoor is, vergeleke die vorige jaar se syfers vir dieselfde tydperk.”

Die polisie het altesaam 4 582 gevalle van poging tot moord tussen Januarie 2020 en Maart 2021 aangeteken.

Volgens Cele was daar ook ’n toename in kapings (4,9%), rooftogte by residensiële eiendomme (7,6%) en rooftogte by nie-residensiële eiendomme (2,8%).

Hoewel daar ’n afname van 10,6% in transitorooftogte was, blyk daar ’n skerp toename in die kaping van trokke te wees.

Volgens Cele het die polisie 354 voorvalle van trokkapings aangeteken vergeleke met 284 voorvalle in dieselfde tyd die vorige jaar. Daar is ook een bankroof aangeteken.

Wat seksuele misdrywe betref was daar ’n totale afname van 3,9%, wat volgens Cele ’n “positiewe teken” is.

Soveel as 12 133 seksuele misdrywe is vir dié tydperk aangeteken, waarvan 9 518 verkragtingsake was.

Cele het gesê in baie gevalle blyk dit dat die slagoffer en oortreder mekaar geken het.

“Hoewel dit lyk asof seksuele misdrywe stabiliseer, kan ons nie bekostig om slap te lê nie. Wees verseker dat die polisie geslagsgebaseerde geweld as prioriteit ag.”

Hy het ook gesê dat die polisie onverpoos werk om die reuse-agterstand in DNS-toetse van sake soos dié in te haal.

Maroela Media het vroeër berig dat die regering ’n nuwe stelsel vir die bestuur van forensiese bewyse (Fem) ingestel het nadat talle DNS-toetse die afgelope jaar opgehoop het, maar dat dit egter stadig vorder wat geslagsgeweldsake betref.

Benewens ’n afname in seksuele misdrywe blyk daar ook ’n afname in sekere kontakmisdaad te wees.

Roof en aanranding met verswarende omstandighede het onderskeidelik met 7,9% en 9,3% afgeneem. Algemene roof en aanranding het ook afgeneem.

Cele het tydens sy toespraak sy waardering teenoor polisiebeamptes uitgespreek en hulle bedank vir hulle diens te midde die Covid-19-pandemie.

“Ek glo dat ons teen dié tempo ’n werklike verskil in die bekamping van misdaad kan maak.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Drico ·

Julle statistieke stink en daar is niks positiefs daaraan nie.

Celeste ·

Al wat die berig net beklemtoon is die feit dat die polisie nie werk nie. Dit is ook n feit dat die kriminele weet ons polisie kom nie by misdaad tonele uit nie want of hulle eet of hulle het nie bakkies nie, of hulle is maar net bloot te lui.

Genis ·

Cele, please go… This is not Heathrow airport, you do not have to announce your departure… Just GO!!!

isabelle ·

Cele please give someone else a opportunity IT DOESN’T LOOK LIKE YOU ARE THE MAN FOR THE JOB EISH!!

Persheks Adri ·

Jy lieg hoedeman! Jou syfers klink nie reg nie nog minder is geslagsgebaseerde misdaad nie jou prioriteit nie nog minder om vordering te maak om misdaad te bekamp tsssk man jy lieg!

Di ·

Dis logies dat statitieke meer sal raak want die grense word mos oopgestel vir “our brothers”. Die EFF het dit mos duidelik gemaak in die nuus dat die grensposte oopgestel word vir hulle boeties wat so swaar kry in Zimbabwe, Mosambiek, Nigeria en Lesotho. Daar is tans miljoene onwettige immigrante in hierdie land. Pleeg hulle kriminele dade hier kan hulle nie opgespoor word nie.

Jr ·

Swart Kojac gaan vir almal vertel. I am really shocked to hear this eish as I was not informed or aware of this. – yeees

Arno ·

Duidelik doen hy NIE sy werk nie, maar is uitstekend om mense van die strande af te hou en na vrouens in hulle bikini’s te lê en kyk.

Johan ·

Hy is die grootsre dief zuma het hom weg gejaag en wow nou minister

Dapper Patriot ·

Hi Maroela media span!
Kyk net asb. na die 4de paragraaf, moet dit dalk nie Januarie 2021 wees nie? Sover soos wat ek weet is dit die syfers van die eerste 3 maande van 2021.

Excalibur ·

Slegs varke slaap & speel in hul eie mis en maak hul teenwoordigheid onbekof luidkeels bekend; denkend hul is spesiaal en wonderlik; hul sal self fauna & flora eet gevrot of te not en daarby kom nog kanibalisme en as gevaar dreig hol hul in alle rigtings skreeuend MAAR katte maak hul mis nederig toe, vee hul voetjies af en was hul gereeld om altyd deur ‘n ring getrek te word; beweeg en kommunikeer amper geruisloos met waardigheid maar wanneer dit saak maak is hul stem ferm en respekword onmiddelik afgedwing in die natuur maar wanneer gevaar dreig sal hul eers ontleed wat dit is en of hul dit kan uitoorle met flinkheid & krag; aldan nie word daar geruisloos onttrek. Politieke Partye wat in die Parlement ons ou mees Suidelike saamgeflansde Volkie in alle glorie verteenwoordig en moet toesien dat daar HOOP & VERTROUE bly staan vir ‘n beter more vir ons nageslag … Waar bevind U uself … Vark of Semel of Kat?? Die statistiek lui tans, Dankie vir niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.