Misdaadstatistieke: Moordkoers neem steeds toe

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die jongste misdaadstatistieke is Vrydag bekend gemaak met moorde wat die afgelope boekjaar weer toegeneem het.

Genl.maj. Norman Sekhukhune, die polisie se hoof van misdaadnavorsing en -statistiek, het die statistieke vir die boekjaar 2015-’16 in die parlement bekend gemaak. Volgens Sekhukhune het moorde landwyd die afgelope boekjaar met 4,9% toegeneem. Dit beteken 18 673 mense is tussen April 2015 en Maart 2016 in Suid-Afrika vermoor.

In die vorige boekjaar (April 2014 tot Maart 2015) is 17 805 mense vermoor. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die moordkoers styg.

“Dit blyk steeds ʼn problematiese misdaad te wees,” het Sekhukhune gesê. Dit is slegs in die Noord-Kaap waar die aantal moorde afgeneem het. “In die ander provinsies was daar ʼn toename van tussen 1,3% en 15,6% soos in Limpopo aangeteken.” In die Oos-Kaap het die aantal moorde met 9,9% toegeneem.
Daar is in die afgelope boekjaar meer as 1,7 miljoen ernstige misdade deur die gemeenskap by die polisie aangemeld.

Gevalle van poging tot moord het met 3,4% toegeneem. In die Noord-Kaap het dit met 17,1% toegeneem gevolg deur ʼn toename van 125 in die Oos-Kaap. Gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 0,2% toegeneem.

Motorkapings het met 14,3% toegeneem terwyl die diefstal van motors met 2,3% afgeneem het. Huisrooftogte het landwyd met 2,7% toegeneem. In die Wes-Kaap het dit egter met 19,3% toegeneem. Sakerooftogte het landwyd met 2,85% toegeneem.

Die statistieke word later Vrydagmiddag aan die media bekend gestel na afloop van die parlementêre sessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

andre ·

dit is mos nou n land waar n mens huis kan koop ,en jou kinders kan groot maak

Adeline ·

Kommerwekkend.. wonder hoeveel van daai skokkende syfer is witmense

Karma ·

@Adeline, ag tog! Moord bly moord, of jy nou rooi, geel, blou of groen is. Dit is vir die naasbestaandes van enige vermoorde traumaties en hartseer. Ook vir “hulle”, die anderskleuriges.

Adeline ·

Ag tog karma…ek dink baie mense wonder oor dieselfde ding, niks fout daarmee nie. Veral as jy self al n slagoffer was

m ·

Daar is geen afskrikmiddel nie so natuurlik sal moord statistieke styg……..Niks gaan ooit verbeter nie….

Popeye ·

Die antwoord gaan le in LEIERSKAP. Hopelik kyk ons nie lank van nou af nie, terug en se ; sjoe, dit was ‘n slegte tydperk daai…..

Lance ·

Die anc regering is net PATETIES ! Versuim en versaak die burgers van SA op alle gebiede !

Karma ·

@Lance … soos jy praat, word die waarheid ontbloot. Daar is drie elemente, dink ek, wat dringend aangespreek moet word: (1) die onmiddellike sluiting en bewaking van ons landsgrense; (2) streng toegangs- of immigrasie beleide en (3) die moontlikheid van ‘n referendum oor die terugbring van die doodstraf. Maar ek wonder net – omdat die regering hulle niks aan die man op die straat steur nie, hoe gaan ons dit regkry?

john samuel ·

Wonder hoeveel van die klaagsters hier wat nou so bedroefd is het tog so lekker “ja” gestem destyds… Ja vir Verandering! Ek hoop dit verander nou Lekker vir al daardie ja-broers =)

Anti regering ·

My opinie is misdaadvoorkoming moet opgeskerp word ,patrollies in die wyke,polisie lede op fietse te voet of berede polisie vir landelike gebiede en die spesialis eenhede moet weer ingestel word.

Sê maar net ·

My opinie is, verander of herskryf die grondwet en bring die doodstraf terug. As jy ‘n lewe neem of verkrag verbeur jy jou kans op ‘n lewe, al is dit ook in die tronk. Maar ons regering sal nie, al wat vir hulle saakmaak is om Zuma te beskerm, hulleself te verryk en die res van die dag snert kwyt te raak. Dinge wat belangrik is, pla hulle nie, het nie vantevore nie, pla nie nou nie, en sal ook nie in die toekoms pla nie

Lana ·

Hulle wil dan nou vir die prisoniere ‘n maandelikse salaris gee asook ‘n bonus vir as hulle vrygelaat word, dat hulle ‘n nuwe begin kan maak. Die regering is ‘n joke. Stook die misdadegers in hulle kwaad. Ek meen, wie wil dan nou nie tronk toe gaan nie. Dis mos die lewe daai. Salarisse tussen R3000 en 10 000. Kan jy dit oorvertel.

Spook ·

Vir solank dat die mense gaan dink die regering het n behoefte om sy mense te bskerm sal dit elke jaar se syfers laat styg. Die enigste manier hoe ons,onself gaan beveilig is om dit self te doen. Die regering het net 1 verantwoordelikheid en dis om sy landsburgers veilig te hou maar hulle stel meer daarin belang om te heuning pot leeg te steel

E ·

Werk en gesinspeplanning!!!!
Where are the so called jobs jou promised the people?
En nou word mense vermoor vir R4 !!!

Denise ·

Karma die meeste moorde is wit mense en dit is onskuldige mense hoekom so sarkasties wees met Adeline sy praat net die waarheid en die wit mense wat vermoor is haal nie eens die nuus nie !!!!!! As jy mooi lees simpatiseer die mense met almal wat vermoor word nie net met wit mense nie !!!!

Adeline ·

Dankie Denise, dis presies my punt. Ek dink jy’t dit net beter gestel.

JC ·

@Karma, ‘n referendum, hoe prysenswaardig dan ook al, gaan nie help nie.
Net soos ons respek het vir die feit dat die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, ons pragtige taal Afrikaans beskerm, met ons net someer respek daarvoor he dat i.g. die bepalings van die Grondwet (almal het die reg op lewe) doodstraf ongrondwetlik bevind is IN RSA deur die KH Hof in die saak van S v Makwanyane. Die enigste antwoord op MENSE se reg op lewe (m.a.w. dat jy nie sinloos, en soms net vir geldelike gewin, met ‘n goeie sopie haat of wraak daarby gevoeg, sommer voor die voet deur misdadigers AFGESLAG word nie, soos wat daagliks gebeur) SAL DAN WEES SELFBESKIKKING OF ‘N VORM VAN OUTONOMITEIT OF SELFBEHEER WAAR Jou VEILIGHEID EN DERHALWE JOU TOEKOMS en bestaan IN JOU EIE HANDE IS DEUR ‘N MINDERHEIDS (SELFVERKOSE) STAAT WAT AANDRING OP BESKERMING VAN LEWE VAN LANDSBURGERS as 1ste prioriteit EN NATUURLIK KULTUREEL EN TAALKUNDIG AANVAARBAAR IS AS DIE vervreemding teenoor REX wat daar tans is!!

Cherokee ·

Ag JC, daar waar jy hoofletters begin skryf het, het ek opgehou lees want julle sukkel om te verstaan dat dit nie lekker lees nie.

Erf Wetter ·

Elke jaar is dit presies dieselfde storie. Elke jaar is daar geen plan of visie van regeringskant af om ‘n oplossing vir hierdie krisis te vind nie. Daar bestaan net doodeenvoudig nie ‘n wil om iets daadwerkliks aan die situasie te doen nie.

Die enigste manier om dinge reg te ruk is as daar absoluut geen toleransie vir enige vorm van wetsoortreding is nie. Of dit nou is om oor ‘n rooi verkeerslig te ry, rommel te strooi, of voetgangers wat enige plek oor die pad drentel. Ernstige misdadigers moet genadeloos gejag word en daar moenie gerus word tot hulle aan die pen ry nie. Die nasie kort dissipline en moraliteit en dit ontbreek ongelukkig algeheel.

Anoniem ·

Skrikwekkend…Om te dink die goed gebeur omdat ons met die regering sit waarmee ons sit…Hulle gee niks vir ons om..Hulle is veronderstel om die grondwette na te kom en nie te verander soos hulle wil nie. Doodstraf sal nooit terugkom….Kan hul ooit die getalle lees…..Nie een van ons…..maak nie saak van watter kleur jy is verdien dit nie. Dis nie hoekom GOD ons geskape het nie!!!!!!!!Ek dink GOD huil meer as ons!!!!!!!!!

Anoniem ·

Ek hoop jy..meneer..mevrou…mejuffrou wat vir die ANC gestem het lees die berig en ek hoop dit laat jou aan die dink sit…..Voor ANC aanbewind gekom het was daardie statistieke nie daar……….

Helga ·

Lyfstraf en doodstraf net terugbring, dan sal dit beter gaan. want van kind af in die skool kan jy doen wat jy wil en niks word daaraangedoen nie.

Sydney ·

Kom ons wees eerlik, voor die 1994 verkiesing was daar ook mense wat vermoor was maar ons het ‘n stelsel gehad wat as jy gemoor het en jy was skuldig bevind daaraan in die hof, het jy gehang. Maar daar was ook mense wat onskuldig hulle lewe verloor het weens die feit dat hulle onregverdig skuldig bevind was.. Ons moet eerder terug gaan na ons Chrislike waardes toe. Parlement vergaderings open met gebed vir leiding en nie dol-osse rond gooi en vetrou dit gaan die toekoms verbeter nie.

Anie ·

Ek dink die beste oplossing is: ons gaan bly in die gevangenisse. Daar is sekuriteit kos, slaapplek, hospitaalgeriewe, dokters, sielkundiges, ens. Dis mos alles gratis!

CAV ·

Een probleem is dat die krimineel het meer regte as ek en jy ( mense regte ) . En word goed versorg indien gevonnis word

peanut ·

Mense, die spreekwoord se mos, ‘hindsight is perfect sight’. Niemand kan nou meer iets doen aan die ja of nee stemmery. Wat julle mense wel kan doen is om goed opgeleide buurtwag groepe in te bring. Beman hulle met radios, sodat almal deurentyd in kontak met mekaar is en patrolleer die strate. Neem selfoon fotos van enige verdagte persoon, wit of swart, of voertuig, en julle sal die vrugte pluk van julle eie insette.
Dit werk soos n bom hier by ons in Swakopmund, in Namibia. Hier by ons meld hulle voor hul skof aan by die polisie en een polisieman vergesel hulle op hul patrollie. Elke woonbuurt het 1 of 2 voertuie wat dan patrollie ry. Almal is vrywilligers wat in daai buurt bly en die verskillende buurte laat weet mekaar as daar suspisieuse persone of voertuie in die area is.
Sedert ons buurtwag begin het is ons misdaad ‘rockbottom’

Cherokee ·

Vergeet dit Peanut. Daar kan ook niks meer gedoen word aan apartheid nie maar dit word steeds voor ons koppe gegooi. Solank as wat hulle ons gaan herinner aan apartheid sal ons julle herinner aan jul Ja-stem en die newe-gevolge daarvan.

Ashlee ·

Unbelievable!!! 18,000 plus. Over the same time in the U.S.A all homisides, 16,121. And yes, too many. Yet, population in US 350 million.

Peet J ·

Soos ek die ding sien skiet die kriminele nou mense links en regs soos dit hulle pas. ‘n Mens sal nou vir jou veiligheid moet oorslaan om Ridder Pakke aan te skaf en te dra en die dames sal ook moet begin dink daaraan om “chestity belts” te dra om verkragtings te voorkom.

Koos ·

Genugtig. Motordiefstal het met 2.3% afgeneem en motorkapings het toegeneem met 14. 3%. Dink iemand ek is onnosel. Dit sė vir my motordiefstal het eintlik met 12% toegeneem. Kaap of steel. Die skelms is weg met jou besittings. Natuurlik kapings gaan gepaard met die nasionale sport. Moord!

Cherokee ·

Dit het my ook opgeval. Het ook opgelet dat motordiefstal en motorkapings in verskillende katogorië geklasifiseer word. Wat daardie persentasiesyfers eintlik vir jou sê is dat rathefboomslotte, alarms en ander kietergefties so goed werk dat dit kapings noodsaak om karre te steel.

Jan maak n plan ·

Ek het nou die berig twee maal deurgelees, maar lees niks oor plaasmoorde of moord van een ras op n ander nie. Duidelik dat dit vir die regering nie n baie belangrikke aspek is nie. Ek lees verder ook nie wat die persentasie is van hierdie sake wat deur die Saps op gelos is en die misdadiger toe gesluit is nie.

Ouma mix ·

Ja ek wonder vir wie gaan ou zumpie nou blameer? Jan of apaaarthaaaaid?

Lance ·

Dink nie dit gaan vinnig verander nie …jaar na jaar dieselfde patroon …net een woord vir die anc en sy polisie …..PATETIES !

wilma Potgieter ·

Ek wonder huveel van die 1.7miljoen ernstige misdade wat aangemeld is is opgelos. Ek glo seker nie eers die helfte nie. Hier op Calitzdorp moet inwoners maar self probeer om skuldiges vas te trek. Hahaha. Pateties

Johanna Botha ·

Jaar in en jaar uit kry ons die skokkende syfers en die ANC regering doen net mooi niks. Die mense ploeter voort jaar na jaar. Wat gaan dit neem voor die regering iets gaan begin doen ! Hoekom het Botswana nie die probleem nie dalk omdat hulle die doodstraf het. Hoeveel duisende onskuldige mense word vermoor verkrag besteel en beseer terwyl die regering gelate toekyk en NIKS doen of omgee nie.

Nita ·

Baie lande gaan gebuk onder werkloosheid en armoede, maar nerens anders in die wereld, is die mense so absoluut gewetenloos nie.

John ·

Baie sake word uit die hof gegooi weens verkeerde prosedures. Wat sou die syfer wees? Die getal aanvalle deur misdadigers op parool moet verskaf word en ook die syfer van hoeveel uit polisie-aanhouding ontsnap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.