Misdaadstatistieke: Moordkoers styg wéér

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die getal moorde in Suid-Afrika het van April 2014 tot Maart 2015 met 782 toegeneem in vergelyking met dieselfde vorige tydperk, het Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, Dinsdag aangekondig.

Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke het die getal moorde in Suid-Afrika van 17 023 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 17 805 in die tydperk April tot Maart 2015 toegeneem. Dit is ʼn toename van 4,6%. Dit is die derde jaar agtereenvolgend dat die moordkoers styg. Ander kontakmisdade het hoofsaaklik ook toegeneem.

Gevalle van poging tot moord het met 3,2% toegeneem van 16 989 in die vorige boekjaar tot 17 537 in die afgelope boekjaar. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 0,1% toegeneem van 182 333 tot 182 556 gevalle in die vorige boekjaar. Die getal rooftogte met verswarende omstandighede het met 8,5% toegeneem van 118 963 gevalle in die vorige boekjaar tot 129 045 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015.

Kapings het die afgelope boekjaar met 14,2% toegeneem van 11 180 kapings in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 12 773 kapings in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Huisbrake het volgens die polisie met 2,3% afgeneem van 259 784 tot 253 716 gevalle in die vorige boekjaar. Huisrooftogte het egter met 5,2% toegeneem van 19 284 tot 20 281 in die vorige boekjaar.

Gevalle van brandstigting het volgens die polisie met 6,1% afgeneem terwyl gevalle van kwaadwillige saakbeskadiging met 2,3% toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Well Done aan die Polisie!!
Is dit nou nie ‘n bewys dat julle NIE JULLE WERK DOEN NIE!!!
@Zuma, hier’s seker niks fout met die statistieke nie ne, alles is mos honkey dories in SA

Miemie

Huisbrake het nie afgeneem nie, mense meld dit net nie meer aan nie. Al daai moeite net vir ‘n saaknommer en paar sms’e om te sê jammer die saak word toegemaak. Nie genoeg luidrade of watokal nie. Dis tydmors. En VERSEKER nie ‘n afname nie.

SHANE

Wat ‘n siek siek grap. Ons vang laasjaar ‘n vriend wat inbreek, plaas hom onder arres en wag vir die polisie om te kom. In die tyd wat ons wag’ “oorreed” ons hom toe om te verklap waar sy makkers is en waar die goed weggesteek word wat hulle gesteel het. Na maande se gesukkel word ons uiteindelik as getuies gedagvaar om in die hof te verskyn. Ons het die hele dag in die hof gesit, net om te hoor die saak is uitgegee weens ‘n gebrek aan bewyse. Watse bewyse soek hulle dan nog? ons het die rampokker dan… Lees meer »

Elani

Bwahaaaaa haaaaa haaaaa, goeie grap geagte me polisiekommesaris!!!!! Niks het afgeneem nie, niemand van ons wil dit meer aanmeld nie aangesien niks gebeur van die polisie se kant af nie. So NIKS HET AFGENEEM NIE, MENSE WIL DIT NET NIE MEER AANMELD NIE. Verstaan dit en kry dit in jou kop geagte me polisisekommisaris. Net jammer, vir baie al deurgery die ou storie, net jammer hulle noem niks van die plaasmoorde nie……..

jakes

Onthou asb, genoemde statistiek is provinsiaal al aangepas, nasionale kantoor het dit nog verder afgewater. As ware statistiek bekend word sal niemand ooit weer slaap. Kan my glo as dit se’, het toegang tot provinsiale statistiek maar mag weens amp nie self in voet skiet.