Misdaadstatistieke nou meer gereeld bekendgemaak

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Suid-Afrika se misdaadstatistieke sal binnekort op ʼn kwartaallikse basis uitgereik word, het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê.

Radebe het die media toegespreek na afloop van ʼn kabinetsvergadering en gesê daar is besluit dat een omvattende verslag jaarliks uitgereik sal word en misdaadstatistieke elke kwartaal. “Meer gereelde statistieke sal die regering in staat stel om beter besluite te neem oor kwessies wat spruit uit misdaadtendense,” het Radebe gesê.

“Die jaarlikse omvattende verslag sal dan die veranderinge in die misdaadstatistieke weergee wat spruit uit veranderinge in die stand van sake wat deur die loop van die jaar onder oorweging geneem word.”

Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het die aankondiging verwelkom en gesê die party vra al langer as ʼn dekade dat misdaadstatistiek kwartaalliks bekendgestel word.

“Kwartaallikse misdaadstatistieke sal verseker dat brandpunte gouer bekend gemaak word waardeur meer effektiewe misdaadsbestryding in werking gestel kan word. Die publiek het ook die reg om te weet waar hierdie brandpunte is en daarom sal kwartaallikse statistieke hulle beter ingelig hou,” het hy gesê.

“Die minister se verklaring dat ʼn jaarlikse verslag ʼn regstelling sal maak, bevestig die kritiek van die VF Plus dat die geloofwaardigheid van huidige misdaadstatistieke onder verdenking is. Die VF Plus vra ook sedert 2008 dat statistieke oor plaasmoorde en plaasaanvalle ook bekendgemaak word. Dit moet nou by hierdie statistieke ingesluit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Jip. Daar’s definitief ‘n verkiesing om die draai….ons beter begin doen wat die skapies oor blêr…solank hulle net vir die wolf stem wanneer dit saak maak…

christine ·

In 1993 het daar n lys met al die lede van die partye in Rapport verskyn ek het nog daardie lys Radebe se naam was eerste party SAKP so hoekom moet ons glo dat dat statestieke eerlik weergegee word.

Theresa B ·

Moet ons nou hande klap?? En die punt van die hele ding is…………….?

Chris ·

Die statistieke word so gekook, wat maak dit saak wanneer dit gegee word?

Willie ·

Wie van julle lesers kan met alle eerlikhied se, dat in jou direkte omgewing misdaad begin verdwyn, en dat julle trots is op julle Polisie stasie. Dat julle die polisie manne vertrou in jul omgewing… EK DOEN NIE…

Vloerlap ·

My oë kyk so oormekaar van al die slegte nuus, ek lees “muishondstatistieke nou meer gereeld bekend gemaak”

Grap ·

Die ware misdaadsyfer wat die versekerings maatskappye het of die gekookte syfers wat die saps voorlê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.