Misdaadstatistieke: ‘Suid-Afrikaners moet hulsélf beveilig’

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

AfriForum meen dat die polisieminister, Nkosinathi Nhleko, die publiek met die bekendmaking van die jongste misdaadstatistieke Vrydag mislei het.

“Die minister voer aan dat hulle die stryd teen misdaad geleidelik wen, terwyl misdrywe soos kapings, huisroof en die roof van ondernemings met sowat 6,1% toegeneem het. Dit is juis dié misdade wat moet afneem, maar dit gebeur nie,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

“Spesialiseenhede binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ’n oplossing wat kan help en beter aangewend kan word. AfriForum rig egter vandag opnuut ’n versoek aan gemeenskappe om by hul plaaslike buurt- of plaaswag aan te sluit in ʼn poging om sélf veiligheid binne die raamwerk van die wet te bevorder,” het hy bygevoeg.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het op sy beurt gesê die skerp styging in ernstige misdaad is simptomaties van die krisis waarin die SAPD-leierskap hom bevind.

Groenewald het gesê die jare lange leierskapkrisis in die polisie wat te wyte is aan politieke aanstellings, soos dié van Riah Phiyega, asook ondersoeke wat blyk dat dit persoonlike aksies insluit, is van die hoofredes vir die kommerwekkende styging in misdaad.

“Die VF Plus waarsku al lank oor faktore soos swak opleiding, dissipline en wanbestuur wat die getroue polisiemanne en -vroue wat wel daar is sonder die nodige hulpmiddele laat. Daar moet bekwame mense in leierskapsposisies in die polisie aangestel word, onder wie die minister.”

Hy het  gesê daar moet op die hoogste vlak dringende maatreëls getref word om dié ernstige misdaad met groot erns en dringendheid aan te pak.

“Hoewel statistieke toon dat plaasmoorde afgeneem het, is dit slegs statistieke tot einde Desember 2016. As in ag geneem word dat slegs in Februarie vanjaar 17 mense in meer as 40 plaasaanvalle vermoor is, dui dit op ʼn onaanvaarbare styging in plaasmoorde. Suid-Afrikaanse burgers kan nie weerloos gelaat word teen misdadigers in die veiligheid van hul eie huise en sakeondernemings nie,” het Groenewald gesê.

Klik hier vir die volledige statistiekverslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Ek ·

Is daar enige iets wat ons kan glo wat uit die ministers en hulle trawante se mode kom, hulle sal satan beskaam met hulle leuns en bedrog

Trevor ·

Plaasmoorde word nie onderwerpe of geklasifiseer as moord nie,maar wel huisbrake.Hoe de hel werk dit.Daar word niks gedoen omtrend die probleem nie.Ons is tans in n oorlog,maar die wat ons onskuldige Boere vermoor is besig om te wen want ons het geen hulp nie,ons is magteloos teen die regering.Ek sal gaan veg,maar ons het n leier nodig wat.Ons Vader slaap nie.

Paul ·

Nee, Trevor. Jy maak ‘n fout. Plaasmoorde word wel as moorde geklassifiseer.

Marie Visser ·

Dit is duidelik dat sekere ministers nie syfergeleerd is nie. Kan nou verstaan dat sekeres hulself sulke astronomiese verhogings gee. Shame, stuur hulle vir ABET opleiding voor aanstelling in ministeriële poste waar hul in diens van die gemeenskap is en nié om hulself te verryk nie. Dankie AfriForum en elke ander gemeenskapsdiens, wat die veiligheid van ons gemeenskappe met erns bejeen. God seën julle.

neidra ·

En dan is daar nie byfevoeg dat daar so 130 verkragting per dag plaasvind.

Johan. H. ·

Almal se ons moet doen ,,, ek is reg Wat moet ons doen? behalwe self beveiliging<<<

Johanna Botha ·

Presies ja wat van verkragting …hoogste in die wereld en dis bewys dat dit iemand is wat bekend is aan die slagoffer …SA is BAIE siek !

w ·

Ag asb. Wie glo tog die klomp tjol wat die minister kwytraak. Dalk sy eie mense wie ni wil sien ni

Johannes van Staden ·

Hierdie minister is die ou wat gese het volgens sy bevindinfe skuld Zuma nie n sent op nkandla …hoe was tog so verkeerd bewys …so kan mens die ou glo hy praat soos die wind waai en dit sy baas pas.

ada ·

Ons beveilig onsself al vanaf 1992 af weens De Klerk en Roelf Meyer (Nou in diens van die ANC).So laat ons dan verder vir onsself sorg. Ons gaan uiteindelik oorwin maar nie nou al nie. Baie water moet nog eersonder die brug loop. Maar dat ons gasn oorwin is n gegewe.

JR ·

Ek ruik steeds ‘n rot hier. Ek sal myself beveilig. Gee net my belasting terug. Waarvoor betaal ons dan?

Suzette ·

Ag JR so wonder ek ook. Hoekom befonds ons nog die gekkespul?????????????

Positive ·

Solang dit nie die ministers se families tref nie, sal nie iets verander nie. Hulle stel mos nie belang nie.

Johan de Kock ·

Die sogenaamde minister het ‘n nuwe bril nodig of sy rubriek skrywer moet vervang word

Moedeloos ·

Hoe beveilig enige iemand homself in SA?? Eks ook deel van statistiek. Geen slot of alarm hou skelms uit wat wil in. Die inbrake, diefstal, verkragting en moord word al hoe meer en al hoe meer barbaars. Ekt 2 tieners en hulle is deur genade en gebede ongeskonde. Eks pro SA maar heng gaan ons almal net sit en kla en toekyk. Wens ons kon saamstaan en aksie neem. Moeilik om positief te bly

Nico ·

Ek beveilig myself met graagte. Maar dan wil ek my diefwering, elektriese heining, veiligheidshekke en “armed response” aftrek van belasting.

IVR ·

Moenie die ammunisie en herlaai toerusting vergeet nie, ammo raak duur as jy gereeld oefen. Sal dit graag van my belasting wil aftrek.

Charmaine Griffiths ·

Stem saam Nico. Die besighede mag dit as ‘n uitgawe wys. Moet ook nie vergeet dat as ‘n insident wel plaasvind, die trauma en mediese kostes ook by belasting af te trek. Wat nie te praat van gratis TV lisensie aangesien ons in ons eie “tuistronke” moet bly en nie meer kan vrylik buite beweeg na sononder.

JoeV ·

Mens moet begin om die onkoste om mens self te beveilig van belisting terug te eis.

Annie ·

Julle het al weer met die syfers gebeter dit is hoekom dit so laag is asb God praat van die duiwel wat los is lees julle bybel JY MAG NIE STEEL NIE JY MAG NIE HOERREER NIE JY MAG NIE NIE JOU EIE LEWE NEEM OF DIE VAN JOU NAASTE NIE JY MAG NIE JOU NAASTE SE GOED BEGEER NIE JY MAG OOK NIE KWAAD STEEK NIE ag ek het net so klein bietjie van die wet van God uit gaan haal

pieter ·

Die vraag moet gevra word wie sit agter al die geweld is daar n derde mag vra net ???/? kyk na al die uitsprake deesdae veral van sogenaamde hooggeplaasdes

John ·

Wat is Afrika se grootste enkele eienskap? Steel. Beseerdes van motorongelukke word eerder besteel. Dodelike siekes in hospitale word deur verpleegpersoneel en halfdood mede-pasiente besteel. Grafte en nisse word besteel ook werkplekke en skole. Dorpshuise en plase loop deur en die eienaars betaal met hul lewens vir die ‘transaksies’. Banke en winkels word beroof. Posstukke, petrollorries, -stasies, sekuriteitswaens, treine, motors, kinders, museums, goudstawe en ou skagte word ge-be-roof. Ons voer koper uit sonder kopermyne. Selfs kwalifikasies en kopiereg word geroof. Biblioteke word beroof en messegoed/linne uit hotelle en eetplekke verdwyn. Rommel loop deur. Ou dokumente word nagegaan vir afpersing of diefstal. Bankkaarte word gesteel. Wapens word geroof; selfs deur die staat. Mense se identiteite en liggaamsdele word geroof. Nagmaalwyn word geroof… en… Hoeveel Bybels word geroof? Laat uitlanders grondstowwe, plante en diere der triljoene wegdra. En nou wil hulle ons plase en besighede (met 51% eienaarskap) bylas… Maar hulle sing: ‘God bless Africa.’ Wat kan Afrika wys van al die gesteelde weelde? Absoluut niks… Dis steeds vervalle, verdom…

Leana ·

Ek waardeer AfriForum se aanbeveling vir beveiliging… maar hoe gemaak vir die Suid-Afrikaner wat letter onder die broodlyn leef. Die gene wat wonder waar môre se brood vandaan kom en wat se kinders met hongerpyne moet skool toe gaan? Hierdie ouers voorsien eers in noodsaaklikhede soos kos en klere voor hul enigsins aan beveiliging kan dink. Dus is hierdie spesifieke groep mense ook ñ groter teiken vir geweld, roof en enige ander vorm van misdaad. Die onus van veiligheid behoort op ons land te wees. En nou is die realiteit… dit gebeur nie. As daar goedkoper opsies was vir beveiliging sou almal nie in vrees geleef het nie.

JoeV ·

Mens moet weet van sulke gevalle om iets daaraan te kan doen.

André Kruger ·

Leana en JOeV, sluit aan by jou buurtwag en weet wat aangaan in jou omgewing. Dit kos niks nie…..

Johannes Meintjes ·

Dit is die gerieflike aspek van ‘n demokratiese beskaawing. Baie praat, gesels, vergadering hou, fotos van belangrike mense, kommentare, buikspraak, bekoorlike towerfluitspel, warmlugborrels blaas, organisasies, instansies, politieke partye, kergenootskappe … maar vir die man, vrou en kind op die grond gaan dit al moeiliker. Die kritiese resultaat, naamlik ordelike regering, lae misdaad en weksgeleenthede vir almal bly afwesig voor en na elke demokratiese verkiesing, toepsraak, persverklaaring of beraad, – of niksseggende “misdaad statistiek”.

JR ·

Ek het kruis uit hout gemaak. Wit geverf. Joh 3:16 daarop geverf. En INRI

Dis op boom voor in my erf en kyk straat se kant toe. GEEN MAAR GEEN misdadiger sal verby my God kom om my eiendom wat Hy aan my toevertrou het, te steel nie. Amen en Amen

Barrie Vermeulen ·

Net twee regstellings: 1. Die regering probeer nie misdaad op wittes beperk nie, hulle keur dit in die stilligheid goed. 2. enige afname in misdaad sal te danke wees aan die toegewyde werk van Buurtwagte, Veiligheidsnetwerke en GPF’s. NIE DIE POLISIE OF DIE REGERING NIE!

Johannes ·

Tyd om te besef dat niks gaan verbeter nie – vir jou nageslag se toekoms moet emmigrasie nou ‘n ernstige opsie beskou word. Die getalle is teen ons volk en geen gepraat en gekerm gaan dit verander nie. Feite is feite

Christa ·

Hoekom is dieselfde ekskuus nie aan Zuma gegee voordat daardie R250 miljoen aan sy huis spandeer was vir “veiligheid” nie? “I thought we were all equal?”

Catryn ·

Misdaad verbloem die werklikheid want die regering verdien triljoene uit ons sakke uit met misdaad – versekering – medies – inbrake – kapings – 14% VAT en soms is dit VAT op VAT as daar meer ingebreek of aangeval word. Wie betaal jou doktersrekening?

Statistieke glo mens nie, want wie berei die statistieke voor? Soros en sy agentskappe? Hy finansier die Grondwet.

Ons het ‘n oplossing, ons mense moet of maar besluit of hulle almal wil vermoor/verkrag word of selfbeskikking steun, waar ons ons eie gebied het, eie leiers, wette, kultuur , weermag, Afrikaanse taal en eie identiteit, en niks van ‘n sogenaamde reënboogland nie wat nog nooit gewerk het nie, nie in SA nie , nie in Afrika nie nog minder in die wêreld. Soos wat swartes en khoisan hul eie Trustgebiede (ou Tuislande) behou het , so het ons almal ‘n internasionale reg tot selfbeskikking.

Swart bemagtiging, misdaad en moorde, grondonteiening gaan nie verdwyn nie … hartseer dae wag nog op ons.

Andre ·

Hoekom moet Suid Afrikaners hulself beveilig? Die regereing het ‘n konstitusionele verantwoordelikheid om sy burgers te beskerm. Doen netjulle flippen werk!

André Kruger ·

André, die dae wat jy kan sit en wag dat die SAPD in staat is om by alles uit tekom, en oor die vermoeë beskik om jou te beskerm, is lankal verby, vir verskeie redes. Wat my verstom is dat mense steeds dink hul bly in n land waar hul geen veiligheidsmaatreels hoef te tref nie en sit en wag vir ander om hulself te beveilig en net kretiek lewer as dit nie gebeur nie. Ons weet mos wat die probleme is, wat reken jy is die oplossings, want as ons nie self iets doen daaromtrent nie, sal ons maar net nog slagoffers word. Sluit aan by jou plaaslike buurtwag sodat jy ten minste bewus is van die misdaad in die omgewing, ons het te lank as volstruise gelewe, kop in die grond en hoop niks gebeur met ons nie, en as ons lugskep, kla ons…daai kite vlieg lank nie meer nie. Jy kann daadwerklike verkil maak in jou onmiddelike omgewing, jy skuld dit aan jouself en jou familie. Kom ons wys hulle dat ons kan organiseer en misdadigers verhinder om weg te kom met moord. Net jou oe en ore is nodig! Ons het n afname vir die 2e jaar in n ry in misdaad in ons buurt…..danksy toegewyde mense wat nie kla nie, maar bereid is om iets te doen om ons situasuie te verbeter. Sekere skofte van saps is beter as ander, dis die lewe!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.