Misdaadstatistieke: Tyd vir Operasie Misdaadvry

Argieffoto

Argieffoto

Na aanleiding van die stygende geweldsmisdaadsyfers in Suid-Afrika, wat Dinsdag deur die nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega en die minister van polisie, Nathi Nhleko, bekendgemaak is, stuur AfriForum Woensdag hul Operasie Misdaadvry van stapel.

“AfriForum sal sy strategie bekendmaak wanneer die organisasie die naweek ʼn patrollie met meer as 80 buurtwagte, polisiëringforums en privaat-veiligheidstrukture regoor Suid-Afrika sal koördineer, aangesien gemeenskapsingryping die enigste manier is om misdaad te bekamp,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Die bekendstelling vind om 13:00 in Pretoria plaas.

Maroela Media het Dinsdag berig die getal moorde in die land het van April 2014 tot Maart 2015 met 782 gestyg in vergelyking met die vorige jaar.

Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke, het die getal moorde in Suid-Afrika van 17 023 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 17 805 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015 toegeneem. Dit is ʼn toename van 4,6%. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die moordkoers styg. Ander kontakmisdade het hoofsaaklik ook toegeneem. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

Die situasie waar mense poste kry en ander moet die werk doen, het nou dreineer tot op die vlak van Jan publiek. Die beamptes, van hoog, laag en alle departemente(Justisie, Polisie, Korrektiewe Dienste, Politici) kry salarisse waarvoor die belasting betalers betaal. Dit is die taak van die Staat om inwoners se veiligheid te verseker, maar nou moet ons dit self doen? Kan maar net weereens vir Afriforum bedank en ook een en elke mens wat hieraan gaan deelneem. Sterkte, ek salueer julle almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.