Misdaadsyfer nie rooskleurig, erken minister

Bheki Cele. Foto: @GovernmentZA/Twitter

Die misdaadsyfer in Suid-Afrika is nie rooskleurig nie, het ʼn teleurgestelde genl. Bheki Cele, minister van polisie, vanoggend in die parlement erken.

Cele het die misdaadsyfers vir 2018-’19 tydens ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie bekend gemaak, en daarna ʼn mediakonferensie van die parlementêre perskorps toegespreek.

Cele het sy opmerking by die bekendstelling van verlede jaar se misdaadstatistieke in herinnering geroep, toe hy gesê het hy en die polisieleierskap onderneem plegtig dat misdaadsyfers sal daal of stabiliseer, maar beslis nie sal styg nie.

Die syfers wat Cele vandag bekend gemaak het, dui egter wel op ʼn styging buiten in enkele misdaadafdelings. Een soort misdaad wat volgens die polisie skerp afgeneem het, is plaasmoorde.

Sowat 60% van die moorde in Suid-Afrika word oor naweke gepleeg, veral tussen Vrydagaande om 21:00 en Saterdag-voordag om 03:00. Cele het dus met verskeie parlementslede saamgestem dat dit oorweeg moet word om polisiepersoneel meer gereeld vir naweekdiens te ontplooi.

Volgens Cele is een van die grootste uitdagings met die afbring van die moordsyfer die kwessie dat soveel slagoffers hul moordenaars goed ken, want soveel van die moordenaars is verwant aan of getroud met die slagoffers, of goed met hulle bevriend. Dit beteken gewone patrollerings- en beveiligingsmetodes gaan nie werk nie.

Die minister het Suid-Afrikaners daaraan herinner dat die land tot omtrent 2012 gereeld daarin geslaag het om misdaadvlakke te laat daal, en het gevra vir ʼn gefokusde nasionale poging om dit weer reg te kry.

In reaksie het die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, gesê die polisie verloor geleidelik die stryd teen veral geweldsmisdaad. Hy het gevra dat alle onbekwame en oneerlike polisiepersoneel afgedank moet word.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het gesê Suid-Afrika raak ʼn al gevaarliker land om in te woon, soos blyk uit die toename in al sewe kontakmisdade. Dis die eerste keer dat al sewe in een jaar toeneem.

Volgens Groenewald is misdadigers in Suid-Afrika nie meer bang vir die polisie of om ʼn misdryf te pleeg nie. Landsburgers het die volste reg om onveilig te voel en daarop aan te dring dat die regering hulle verdedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

22 Kommentare

HEVW ·

Indien daar n afname in plaasmoorde bestaan, is dit te wyte aan boere wat meer veiligheidsbewus en paraat is en ook die rol wat privaatveiligheisinstansies verrig. Die polisieminister behoort sy dank daarvoor te betuig.

kyk nou net! ·

Wel hulle kan nie die keer wit mense die skild gee nie!! Want die meeste moorde is swart op wit en swart op swart!

Vra net ·

Is dit nie voor die hand liggend as ons na ons rasse demografie kyk nie? Dis soos om te sê die meeste misdaad in Australië word deur wit mense gepleeg? Natuurlik! En daar is ook misdaad, baie minder, maar daar is.

Linda J ·

Geagte Mnr. Cele, maak jou diens weer ‘n mag. Dring aan om die doodstraf terug te bring, niemand is meer bang om stronkstraf te kry nie. Raak asseblief ontslae van al die lui siek polisie manne wat vir meer as 200 dae by die huis lê met “TEMP INCAPACITY LEAVE” en boonop nog ‘n volle salaris met volle “SERVICE ALLOWANCE” ook verdien. Die polisie is maar net so skuldig aan kurrup.

Johann ·

En ek moet n WOORD of n STATISTIEK uit die ANC se anargie kaders glo? Dis kern deel van hulle aanslag op die land…kry dit so korrup en onveilig as moontlik. SIEK!!!!!

sweis ·

Kry n regte polisie mag met regte polisie wat kan lees en skryf en die misdaad sal daal die huidige polisie help nog die misdaad aan.

Manie ·

Wel doen die eerbare ding Cele en bedank omrede jy nie in staat is om jou werk na behore te verrig nie. As jy werklik omgee hieroor, sal jy padgee en toelaat dat iemand anders wat wel opgewasse vir die taak is oorneem.

Renee ·

Bel die polisie een aand het ‘n vrou hoor gil vir hulp in ‘n bakkie. Beskryf die polisie presies hoe die bakkie lyk. Antwoord wat ek kry. Sorry we cannot do that. ????????????????????????????????????????????????????

Renee ·

Bel die polisie een aand het ‘n vrou hoor gil vir hulp in ‘n bakkie. Beskryf die polisie presies hoe die bakkie lyk. Antwoord wat ek kry. Sorry we cannot do that. ????????????????????????????????????????????????????

Johan ·

Die wette van die land verhinder die polisie om n verskil te kan maak. Hulle kan so hard werk as moontlik, as die wette en howe so teen hulle bly indruis, sal daar niks van kom nie.

Johanna Botha ·

Misdaad OP verkragting en moord OP verkloosheid OP die Rand AF …..onder die anc is alles wat moet af OP …en alles wat moet OP is af ! Maar nee die dom kiesers leer nie ons wil en moet sukkel ! Volgende jaar selfde ou storie !

JohanR ·

Kan Bheki Cele nie vervang word deur iemand wat vinniger as ‘n skulpad beweeg, en soe bietjie voooooooma vertoon. My gooiste die ou is gevrek!

Strand looper ·

Mmmm lyk of hy uit die oertyd kom…selfde met sy doen en late!

chrisjan ·

Sit minstens 20% by die verklaarde misdaad syfers dan kom mens dalk nader aan die ware misdaadsyfers!.

schaun ·

Sa sit in n gemors situasie, die tronke is oorvol,die meerderheid polisie is nie bevoeg om misdaad te bekamp of hulle werk te doen nie en hulle minister is n grap en hoort nie in beheer te wees van die polisie nie.

Muriel ·

Ons as gesin kyk nie TV nie en het n paar jaar terug op n sekere TV oop kanaal die mees onsedelike en byne ponografiese beeldmateria tot ons skok toevallig ontdek. Met n tiener in die huis en die feit dat dit Vrydae aande uitgesaai is wanneer almal meestal ontspan en TV gekyk het. Statistiek wys dat hierdie verkragting rondom daardie tyd plaasvind. Onskuldige kinders en vrouens word dan slagoffers van hierdie mense wat deur wellus aangvuur word. Hou ons oop kanale gesinsvriendelik en die persone wat voorstanders van hierdie tipe kykstof verkies mot maar betaal vir daardie onding. Ponografie het n groter effek as wat ons besef. Dit is verslawing en onskuldige mense raak die slagoffers a.g.v die euwel. My man was 39 in die polisie en het met baie hartseer en woede hierdie gebeure ervaar. Pas maar weer die sensor raad toe as dit nodig is. Net my opinie

Schalk ·

Veels geluk syfers reflekteer onbevoegdheid,dus gelykstaande aan kaktus op die vlaktes niks met rose te doen.

emily ·

Weereens, Raak ontslae van Al die Korupte Polisie lede, ministers ens. ens. Die een is meer korupt as die ander. En hoekom draai hofsake, die verskoning is altyd, Daar is nie genoeg bewyse nie. Ag nee asb. Julle gee te maklik borg aan kriminele, wat maar weer dieselfde misdaasd gaan pleeg.
Die land het nie n Regstelsel nie. Alles is vir die krimineel. SAPS kyk anderpad. BC word tog wakker. Lei julle mense op en laat hulle vergeet van korupsie, Deesdae soek almal net bribes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.