Misdaadsyfers: Moord het SA steeds in wurggreep

Die minister van polisie, Bheki Cele (middel) het Vrydag die misdaadsyfers vir Oktober tot Desember verlede jaar bekend gemaak. (Foto: SA Polisie)

Moord, poging tot moord en motorkaping is net sommige van die misdade wat in die derde kwartaal van verlede jaar toegeneem het.

Die minister van polisie, Bheki Cele, en sy polisiehoof, genl. Khehla Sitole, wie se klaarblyklike vyandigheid die afgelope ruk toenemend in die openbaar duidelik was, het Vrydag langs mekaar gesit terwyl die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak is. Al nege provinsiale polisiehoofde was ook teenwoordig.

Cele sê hoewel die syfers nie “noodwendig ʼn oorwinning vir die polisie is nie, is dit wel ʼn verbetering”.

Moord

In die drie maande waaroor verslag gedoen is – Oktober tot Desember verlede jaar – is 6 859 mense vermoor. Hiervan was 902 vroue en 352 kinders. Dit is ʼn toename van 562 voorvalle in vergelyking met dieselfde tydperk in 2020.

In 232 gevalle was die moord die gevolg van gesinsgeweld en 27 van die slagoffers was polisiebeamptes (wat aan of van diens vermoor is).

Die grootste toename in moorde was in Noordwes – ʼn styging van 24,3% – in vergelyking met dieselfde tydperk ʼn jaar tevore. Minder mense is egter in die Vrystaat en Wes-Kaap in die laaste drie maande van verlede jaar vermoor.

“ʼn Dubbelsyferdaling (21,1%) in moordgevalle is in die Vrystaat opgeteken en is baie goeie nuus,” sê Cele.

Die vier grootste oorsake van moord in Suid-Afrika is bakleiery, boendoegeregtigheid, rooftogte en voorvalle van wraak of vergelding.

  • Altesame 2 599 mense is in ʼn openbare plek soos ʼn oop veld, straat, parkeerterrein of verlate gebou vermoor.
  • Die tweede meeste moorde word by die huis van die slagoffer of oortreder gepleeg.
  • Drankwinkels is die plek waar die derde meeste moorde gepleeg word.

Altesame 11 mense is in 11 voorvalle op plase of kleinhoewes vermoor, ʼn daling van die 22 moorde wat in die vorige kwartaal opgeteken is. “Drie van hierdie moorde was plaasbewoners of ‑werkers, of verbygangers, wat aangemeld is as dat hulle vermoor is weens ʼn aanval deur die plaaseienaar of plaasbestuurder,” sê Cele.

Kontakmisdaad

Kontakmisdade het oor die algemeen met 4% gedaal.

Cele sê dit is algemeen bekend dat misdadigers slagoffers veral tydens die feestyd teiken. “Die feestyd het vantevore bekend gestaan as ʼn tyd wat misdadigers kon doen wat hulle wou, met ʼn toename in kontak- en handelsmisdaad.

“Dit is hierdie keer egter nie die geval nie. Die nasionale misdaadstatistieke vir die drie maande wys beduidende dalings in die getal misdaad wat gepleeg en by die polisie aangemeld is,” sê die minister.

Kontakmisdaad
 Okt.-Des. 2019‑’20Okt.-Des. 2020‑’21Okt.-Des.

2021‑’22

Getal sake% verandering
Moord5 9086 2976 859+562+8,9%
Seksuele oortredings15 32515 59514 188-1 407-9%
Poging tot moord5 0145 4525 645+193+3,5%
Ernstige aanranding49 42850 12446 513-3 611-7,2%
Aanranding47 59947 87547 081-794-1,7%
Gewapende roof13 53111 82210 524-1 298-11%
Roof verswarend37 35234 59934 134-456-1,3%
Totaal174 157171 764164 953-6 811-4%

 

Volgens die jongste misdaadsyfers, het alle seksuele misdrywe in die derde kwartaal gedaal in vergelyking met dieselfde kwartaal ʼn jaar tevore. Nietemin is 11 315 verkragtings in die tydperk aangemeld.

In 5 012 van verkragtingsvoorvalle het die voorval by die huis van die slagoffer, of dié van die verkragter plaasgevind. Altesame 674 voorvalle van verkragting het verband gehou met voorvalle van gesinsgeweld.

Seksuele misdrywe
 Okt.-Des. 2019‑’20Okt.-Des. 2020‑’21Okt.-Des.

2021‑’22

Getal sake% verandering
Verkragting12 03712 21811 315-903-7,4%
Seksuele aanranding2 2882 3902 069-321-13,4%
Poging tot seksuele aanranding639625524-101-16,2%
Kontak- seksuele misdaad361362280-82-22,7%
Totaal15 32515 59514 188-1 407-9%

 Genl.maj. Thulare Sekhukhune sê alkohol- en drankgebruik speel ʼn rol in talle voorvalle van moord en duisende voorvalle word by kuierplekke soos tavernes, kroeë, nagklubs of sjebiens aangemeld. Altesame 3 400 voorvalle van aanranding het by kuierplekke gebeur, 90 voorvalle van verkragting, 209 voorvalle van poging tot moord en 252 voorvalle van moord.

In 16 voorvalle van moorde was dwelms betrokke en by 280 moorde was drank betrokke. In ʼn beduidende 5 671 voorvalle van ernstige aanranding het drank ʼn rol gespeel, in 1 305 verkragtingsvoorvalle was drank betrokke en in 374 voorvalle van poging tot moord het drank ʼn rol gespeel.

Eiendomsverwante misdaad

Cele sê daar is “goeie nuus vir diegene wat eiendom en vee besit”. Eiendomsverwante misdaad in die algemeen het met 7,7% gedaal, met Mpumalanga waar ʼn daling van 15,5% in voorvalle gesien is.

Inbrake by huise en ander persele het ook aansienklik afgeneem, terwyl die diefstal van voertuie en motorfietse met meer as 20% gedaal het.

Voorvalle van veediefstal wat by die polisie aangemeld is, het in die meeste provinsies, behalwe in KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes, gedaal en 7 404 voorvalle is aangemeld. Dit is ʼn daling van 450 gevalle in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

  • Oos-Kaap: -11,7%
  • Vrystaat: -11,9%
  • Gauteng: -23,2%
  • KwaZulu-Natal: +0,8%
  • Limpopo: +16,7%
  • Mpumalanga: -6,7%
  • Noordwes: +8,7%
  • Noord-Kaap: -34,4%
  • Wes-Kaap: -22,5%
  • Nasionaal: -5,7%

Cele sê die syfers is ʼn aanduiding van hoe “ver ʼn behoorlike plan, geteikende polisiëring en hulpbronne” kan strek.

“Ons het ons daartoe verbind om die stand van polisiëring deur spesialispolisiëring te verbeter en weer te fokus op ons poging en vaardighede om georganiseerde misdaadsindikate te stuit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cobus ·

Reenboog droom, wonder hoe vergelyk syfers pre 92 met vandag. Mense wou mos ‘n bloedbad voorkom. Lyk my ons het eerder nou die bloedbad. Bitter jammer vir die wat geliefdes verloor het vir die drog reenboog hool.

casper ·

Jip — Ons het net die massamoord so bietjie uitgestel maar nou is dit hier in volle glorie !!

JohanR ·

Hy moet vir hom ‘n donker bril kry waar niemand van enige kant kan in sien nie want op die strand peel sy oe behoorlik uit!

JohanR ·

Haal die ou nie eers sy hoed af as hy binnekant is nie. Kan nie sien dat ‘n boer nie sy hoed afgehaal het sodra hy by ‘n saal, huis kerk ens ingeloop het. Dink net as PW Botha, John Vorster of FW de Klerk voor ‘n gehoor gesit het met ‘n hoed aan? Maar die ou het geen etiket of maniere nie, soe par for the course!

Henri ·

“Altesame 11 mense is in 11 voorvalle op plase of kleinhoewes vermoor, ʼn daling van die 22 moorde wat in die vorige kwartaal opgeteken is. “Drie van hierdie moorde was plaasbewoners of ‑werkers, of verbygangers, wat aangemeld is as dat hulle vermoor is weens ʼn aanval deur die plaaseienaar of plaasbestuurder,” sê Cele.”

Ek verstaan nie hoekom is die statistiek juis uitgelig deur minister Cele nie, juis teen die agtergrond van die Afriforum vs EFF hofsaak. Is hier meer in te lees? Dis dan 3 voorvalle uit ‘n totaal van 164 953 voorvalle.

Swerwer ·

Kan die geskapendes nou vir een oomblik dink hul moet geglo word. As hul na Malema se uitlatings geluister het sal hul hul antwoorde kry waarom daar so baie moord en misdaad is.

Jakes ·

Dit help weinig om hierdie statistiek bekend te maak. Hoekom sê die agbare minister nie liewer hoeveel van hierdie moordenaars is gevang en gevonnis nie? Die syfers wat genoem word is seker nie heeltemal korrek nie maar wat wel n feit is, is dat misdaad in SA steeds die gewildste stokperdjie is.

Di ·

As ek hulle was sou ek te skaam kry om die statistieke bekend te maak! Dis uiters skokkend dat misdaad net bly toeneem, duidelik wie nie hulle werk doen nie. Hoeveel mense het nie eers die misdaad aangemeld nie weens die feit dat hulle weet die polisie stel nie belang om hulle werk te doen en/of SELF ook korrup is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.