Misdadiger ontsnap uit Pta-tronk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gevangene het Woensdagmiddag uit die Atteridgeville-gevangenis naby Pretoria ontsnap.

Kol. Amelia Dreyer, woordvoerder van die polisie, het gesê die 29-jarige misdadiger het ontsnap terwyl ander gevangenes besig was met sportaktiwiteite op die sportveld. Hy was in sy tronk-uniform.

Dreyer kon nie verduidelik hoe die man dit reggekry het om uit die gevangenis te ontsnap nie en het gesê die besonderhede is nog nie duidelik nie. “Die polisie het saam met ander wetstoepassingsagentskappe gehelp om na die verdagte te soek, maar hy is nog nie weer in hegtenis geneem nie.”

Die gevangene dien tans vier jaar tronkstraf uit vir motordiefstal.

“’n Saak van ontsnapping uit wettige aanhouding is by die Pretoria sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Kol. Dreyer moet net na Maroela se argieffoto kyk . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.