Misdadiger teister Kaapse Skiereiland, nou lank agter tralies

Mxolisi Rwanqa. Foto: Verskaf

ʼn Reeksmisdadiger wat veral die Ocean View- en Vishoek-omgewing in die Kaapse Skiereiland geteister het, is vandeesweek ʼn swaar tronkstraf opgelê.

Sers. Noloyise Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die misdadiger, Mxolisi Rwanqa (35), is vandeesweek in die Kaapstad-hooggeregshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan ʼn reeks oortredings wat wissel van diefstal en verkragting tot moord.

“Die ondersoekspan het rede om te glimlag nadat die misdadiger ʼn swaar vonnis opgelê is. Hy is tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord en verkragting van ʼn 14-jarige seun van Ocean View,” het Rwexana gesê.

Hy is ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn 26-jarige vrou en vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak en diefstal. Hy is ook tronkstraf vir minstens twee huisbraaksake opgelê.

Al die misdrywe is sedert September 2015 gepleeg.

Die provinsiale polisie het die ondersoekbeamptes, ao. Van der Merwe, ao. Cloete en sers. Smith, geloof vir hul harde werk wat tot die swaar vonnis gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kiepie ·

Net jammer al die fonnisse word gesamentlik uitgedien en nie opeenvolgend nie. Maw dit kom alles maar net neer op 1 lewenslange fonnis (25 jaar as ek reg is) en dan gaan hy waarskynlik nog vroeër die geleentheid op parool kry.

willie ·

ja nie soos in Garsfontein waar ñ Mozambiek se burger wat inwoners al vir maande terroriseer vir die 2de keer vrygelaat is sonder ñ verhoor! Hy breek en steel en spring mure soos ñ springkaan en word elke keer met groot moeite gevang!

Lorieka ·

Goeie vonnis maar goeie gedra kom hy na 5 jaar uit nee doodstraf moet terugkom

Johan. H. ·

Kan iemand vir my as n leek net verduidelik hoe lank gaan hy effektief in die tronk sit ? ASB.

Landie van der Hof ·

By ‘n lewenslange vonnis kom die beskuldigde na 25 jaar in aanmerking vir parool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.