Misdadigers nié mense nie, sê Bheki Cele

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Bheki Cele, die nuutaangestelde minister van polisie, het Sondag tydens die begrafnis van kapt. Dumisani Mhlanzi in KwaZulu-Natal gesê misdadigers wat soos “ongediertes” optree, sal soos ongediertes behandel word.

Mhlanzi is op 23 Februarie doodgeskiet in Maphumulo. Hy was nié aan diens nie.

“Ons sal jou soos ʼn ongedierte moet behandel as jy soos ʼn ongedierte optree,” het hy gesê. “En ons sal aanhou om diegene wat soos mense optree, soos mense te behandel.”

Cele het gesê die meeste Suid-Afrikaners is wetsgehoorsame landsburgers na wie omgesien en wat beskerm moet word. Daar is egter ook baie “boewe en misdadigers en hulle moet dienooreenkomstig behandel word”.

“Ek wil hê julle moet dit baie duidelik verstaan. Ons moet verseker dat ons ons werk in ooreenstemming met menseregte en die Grondwet en uit respek vir die landswette doen. Maar menseregte is vir mense en nie vir diere nie. Diegene wat polisiebeamptes aan diens skiet en moor, is nie mense nie.”

Cele sê hoewel hy saam met “die menseregte-aktiviste saamstem dat mense wel menseregte verdien”, is iemand volgens hom nie meer menslik wanneer hy ʼn ander se lewe neem nie.

In die boekjaar 2015-’16 is 79 polisiebeamptes dood van wie 40 beamptes aan diens gesterf het. In die vorige boekjaar (2016-’17) is 57 polisiebeamptes dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bernard ·

Mnr Cele, nou verstaan ek nie! Jy reageer so wanneer daar ‘n polisieman doodgeskiet word, en dis reg so, maar wat van al die plaasboere en hul gesinne wat soos diere mishandel, verkrag en vermoor word. Gaan julle dieselfde fokus op daardie moored plaas as wat julle nou plaas op polisiemanne/vroue wat vermoor word?

ChristaT ·

Hy lees glad nie wat jy skryf nie. Jy mors net jou energie om hier te sit en gal braak en vrae vra. Hy stel nie belang in jou of enige ander blanke nie.

Lee ·

Ek stem saam Bernard.
Wat van die plaasmoorde. Of is ons nie mense nie.

Cherokee ·

Ek stem saam Christa. Om nou hier te sit en briefies skryf aan Cele in ‘n Afrikaanse koerant!

m4 ·

Ek hoop van harte dit geld vir diegene wat ons boere en families se lewens ook neem.

jan ·

Wat is mense regte ,is dit nou net vir die misdadeger of wat,Wat van ons gewoone mense se mense,se regte he??????? bestaan dit hoegenaamd nog.

Willie ·

Mnr Cele, het nie veel beteken voorheen met sy lawwe hoedens nie… Hoekom nou, voeg daad by word Cele… En spreek plaasmoorde aan!

anti-crime ·

Hy verneder diere – want hierdie moordenaars kan nie met diere vergelyk word nie – diere is beter as dit.

Alida ·

Ai mense hou net op kla. Mnr Cele was tot dusver die beste wat ons gehad het. Gee hom ‘n kans om sy voete te vind. Hierdie uitspraak het hy gemaak op ‘n SAPD lid se begragnis en dit sou onvanpas wees om plaasmoorde daar aan te spreek. Gee die man ‘n kans hy het nie tyd vir kriminele nie. Hy het homself reeds bewys tydens die wereld beker ‘n paar jaar gelede. Hier was nie een dag se misdaad in die land nie. Mens neem nie net sommer vanselfsprekend aan dat hy blankes haat nie. Ek dink dit is nie waar nie. Hy sal die misdaad op alle vlakke aanspreek op die regte tyd en forum.

Elle ·

Alida, jy is briljant en lees wyd! Jy praat SO waar.
As iemand die SAPS en misdaad in ons land gaan regruk is dit Bheki Cele!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.