‘Misdadigers’ op plaas ontwapen

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie het op ʼn plaas in dié provinsie toegeslaan en op talle vuurwapens beslag gelê.

Beamptes van verskeie polisie-eenhede het op ʼn wenk gereageer en opgetree op die plaas in die Stutterheim-omgewing, 75 km noordwes van Oos-Londen, sê kapt. Mali Govender, Oos-Kaapse polisie woordvoerder.

Die beamptes het afgekom op etlike vuurwapens, waaronder twee gewere en 31 rondes ammunisie. Hulle het ʼn 40-jarige man in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van vuurwapens. Tydens dieselfde optrede het hulle ʼn 54-jarige man op dieselfde aanklagte gearresteer. Sy vuurwapens is ook gekonfiskeer.

Govender sê dit bly vir die SAPD ʼn prioriteit om die besit van onwettige vuurwapens hok te slaan. “Ons sal alles moontlik doen om misdadigers te ontwapen en te keer dat vuurwapens in die verkeerde hande beland waarmee misdaad gepleeg kan word.”

Genl.maj. André Swart, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het misdadigers gewaarsku dat die polisie gedurig inligting inwin oor hul misdaadplanne. “In die laaste paar weke het ons groot deurbrake gemaak en sal daarmee volhou.

“Mag ons optrede onder die misdaadgemeenskap versprei sodat hulle kan weet: ‘Ons is op julle spoor.’”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

James ·

Hierdie artikel is baie swak geskryf. Baie polities korrek asook swak gebruik van woorde soos talle en etlike. Seker ook bedoel ‘n plaas in die Stutterheim omgewing…

Helen ·

Knap gedaan aan die polisie beamptes. Elke bietjie help en word waardeer!!

Sê maar net ·

Stutterheim is 70 EN NIE 75km noord-wes van Ooslonden. En ook maar swak geskryfde artikel. Wat is julle joernaliste gr4 tweede taal?

johanII ·

Maak dit makliker om vuurwapens te registreer en meer sal wettig wees. Besit van n vuurwapen beteken nie jy is n misdadiger nie. Roof of ander misdryf met enige wapen maak jou n misdadiger…stupid kommuniste.

Carin ·

Is die wapens dalk “onwettig” omdat die mense sukkel om lisensies te kry?

Karolis ·

Die skrywer is moeg. Hy werk al van vroegoggend om kommentare te blok.

Dries du Toit ·

Ag nee kom nou mense. Waardeer die berig en moenie hare kloof nie. Enige geletterde mens kan als verstaan

Gemaskerde Sopbeen ·

En almal?…..klap hande vir ‘n instansie (SAPD) wat meer vuurwapens verloor as wat hulle vind?? Die volgende berig moet lees, “Die SAPD wat verlede jaar meer as 3000 wapens verloor en laat wegraak het, het op ‘n Stutterheim plaas 2 gewere en 31 rondtes terug gekry!!” Whoop-dee-Dhooo…..

madels ·

Gemarkerde Sopbeen, jy het my nou baie lekker laat lag…stem 100% saam :-)

Gerrie ·

Klink soos die eienaar of sy werkers wat net die wapens sonder lisensies aangehou het. Vir die wis en die onwis. Net jammer hulle het ander mense daarvan vertel. Indien jy onwettige vuurwapens het, HOU JOU BEK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.