Misdadigers só beskerm deur moetie, sê LUR

Argieffoto

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in Mpumalanga, sê ouers moet ophou om hul kinders wat misdade pleeg na tradisionele leiers te neem vir beskerming.

Ngomane het die afgelope naweek by ʼn simposium in Leandrea gesê misdaadbestryding kan nooit seëvier as mense misdadigers beskerm in plaas daarvan om hulle aan die polisie oor te gee nie.

Volgens hom maak talle ouers asook ander lede van die publiek hulle waarskynlik daaraan skuldig om moetie te gebruik om misdadigers te beskerm.

Die LUR het in sy toespraak gesê dié tradisionele middel keer dus dat misdadigers deur die polisie vasgetrek word .

“Watter soort ouers is diegene wat misdadigers in hul huise wegsteek terwyl onskuldige lede van die gemeenskap slagoffers word van hul kinders se dade? Ons wil hulle nie doodmaak nie, maar bloot in ʼn plek hou waar hulle nuwe morele waardes aanleer. Ons vra julle dus om asseblief misdadigers aan die polisie oor te gee,” het hy gesê.

Ngomane het ook gesê gemeenskapslede behoort nie toeskouers in die stryd teen misdaad te wees nie, maar deel te neem aan die instelling van strategieë vir misdaadvoorkoming.

Hy het ook tradisionele leiers, genesers en pastore aangemoedig om liefs die regering te help om die “evangelie van ʼn veilige en misdaadvrye omgewing” te versprei, in plaas daarvan om moetie te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

zahn ·

Moetie? Praat ons nou van dieselfde bog wat hulle by Marikana oor die mense gesprinkel het om te keer dat hulle geskiet kon raak? Hoe dom kan mens dan wees?

Riaan Myburgh ·

Ai tog voorvader aanbidders vir leiers. Wat meer kan ek se. T.I.A

Schalk van der Merwe ·

En dis nou ‘n LUR wat besluite op regeringsvlak moet neem. Dan wonder ons hoekom dit so gaan in die land

anton ·

Schalk, stem saam met jou! Wat n grap!
Die ”polieste” is te ”useless” om die misdadigers te vang, nou is dit die muti se skuld/ krag wat maak dat hulle nie gevang kan word nie! What a JOKE!!!

Potlood ·

Eeeeeeeen dis hoekom hierdie land is waar dit is… Duiwels om elke hoek en draai…

Pleks maak die ouer net so. Se vir julle kinders “moetie steel nie…. :-)”

Pieter ·

Daar is nou vir ‘n paar eeue baie geld, moeite, tyd en lewens opgeoffer om die afrika inwoners te bekeer tot die christelike geloof. Die resultaat is nog steeds dat die afrika inwoners moetie maak en gebruik en in die voorvadergeeste glo en witmense in hul duisende besteel, vermink en vermoor want die moetie maak hulle bestand teen vervolging. Al die eeue se opoffering was pure verniet.

Johannes ·

Soos ek al ‘n vorige keer gese het: dit is nou die mentaliteit wat ons land regeer. Daar is werklik nie meer hoop nie…

JOHAN ·

Dis nou hulle se nerfiers so dun is dat hulle telkens pleit vir respek as “kolonialiste” iets negatief durf se. Geen wonder Afrika word beskryf as “the lost continent”

Veritas ·

Voorvadergeeste, toordokters en muti. Die groot probleem is dat baie van dié wat daaraan glo, sogenaamde Christene is. Satan is beslis hard aan die werk.

Hy's reg ·

Lees wéér die berig, die LUR is reg. Dit is nie hy wat daarin glo. By Spioenkop is ook grafskending gepleeg. Die gesigte word wit geverf om onsigbaar te wees vir die gestorwenes se ‘geeste’ om dan nie gesien te word deur die wat die beendere steel.
Ek weet van ‘n dorp ‘Leandra’ (Leslie en Eendracht) maar nie van ‘Leandrea’. Sou daar ook hier ‘n naamsverandering plaasgevind het?

Knaap ·

Wonder maar net wat gebruik Zupta, Giggelbaba met die land se beursie en dies meer om so weg te kom?

Jop ·

Mense gebruik julle verstand! Navolgers ! het ‘n tragiese bestaan

John ·

Die evangelie van ‘n veilige… omgewing… nee, die Evangelie van Christus. Sonder Christelike waardes in plek help ‘n geskree niks. Jeugleiers vra nou dat die Christelike geloof glo as deel van die sg verwerplike koloniale-pakket ook uitgeroei word en Afrika-gebruike en -bygelowe eerder weer onderrig word. Afrika se eie aard bly behoue en verwestering is bloot skyn. Ons sal dit weer en meer sien. Die destydse sendelinge het bygelowe beveg en woede ontketen wanneer dit as belaglik/sondig verklaar is. Die Christendom in Afrika is deurspek van vreemde ‘aanpassings’ vandaar slangrituele en massa-histerie in sekere denominasies.

Andre ·

Laat my dink aan so 3 jaar gelede toe die Regering ‘n ondersoek gelas het na die aanhoudende probleme wat ondervind was tydens die oprigting van ‘n nuwe kragstasie. ‘n “Konsultant” is aangestel vir die ondersoek. Sy het haar ondersoek voltooi en die amptelike bevinding was: die voorvadergeeste is kwaad omdat hul grafte op die terrein versteur is. Koste van die “ondersoek”: R15 miljoen.

Bo Blink ·

Muti vir my sê muti werk nie!! Ek vee dit elke keer aan my NUL belasting opgawe, en het nog niks terug gehoor nie. Ek vee dit ook aan my Sanral e-tol rekeninge en…..niks nie. Ooo, oooeee, nee…genade, verwar ek nou muti met my agterent….Nou kan ek nie onthou wat ek waaraan afvee nie….ek dink ek kort muti!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.