‘Misdadigers vrees nie meer die polisie nie’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die aanval op die polisiekantoor op Ngcobo in die Oos-Kaap dien as bewys dat misdadigers in Suid-Afrika die polisie nie meer vrees nie. Só meen Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“Een rede hiervoor is dat daar talle misdadigers in die polisie se eie geledere is. Dit is algemeen bekend, maar niks word daaraan gedoen nie,” het hy gesê.

Groenewald meen wanneer ʼn land ʼn goeie en professionele polisiediens het, is die misdadigers bang vir die polisie en nie andersom nie.

“Dit is dan ook die rede waarom lede van die publiek hulself bewapen – om hulself te beskerm. Daarom is dit vermetel dat ʼn parlementslid soos Shaik Eman van die NFP probeer om die skuld vir aanvalle op die polisie ook op private wapeneienaars te pak.”

“Ek wil die nuwe minister van polisie versoek om sonder meer ontslae te raak van die misdadigers in die polisiediens. Eers dan sal misdadigers die polisie weer begin vrees en die publiek sal die polisie weer begin vertrou.”

Groenewald het gesê die groot rede waarom die polisie se intelligensiestrukture oor die afgelope jare in duie gestort het, is omdat politici van die regering dit misbruik het vir partypolitieke doeleindes.

“Wat by Ngcobo gebeur het, was georganiseerde misdaad. Dit was ʼn groep mense wat beplan het om ʼn polisiekantoor aan te val sonder dat die intelligensiedienste daarvan bewus was. Het die minister al gevra vir die notules van die gemeenskapspolisiëringsforum? Ek is oortuig daarvan die gemeenskap sou op daardie vergaderings al gekla het oor die misdadigers by die betrokke kerke.”

Groenewald sê verder indien dit nie gebeur het nie, sou dit beteken dat die gemeenskap die polisie in die steek gelaat het.

“Die VF Plus salueer die goeie, hardwerkende, professionele polisielede wat selfs bereid is om hul lewe in diens van Suid-Afrika op te offer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jerry ·

Stem 100% saam. Die polisie is nie goed opgelei nie, is bang en het te veel lede met kriminele rekords. OPOD sal elke skietvoorval waarby polisielede betrokke raak moet ondersoek, want baie onskuldige mense gaan sterf!

Willie ·

Ag regtig, maak die polisie skoon, dan is daar amper niks oor.. die grootste krimenele is in die Polisie… Boonop te moeg om hulle werk te doen… Ek het geen respek vir n Polisieman nie… En Cele kon niks vroeer doen as om soos n Cowboy te lyk, en verspotte hoedens te dra… Maak homself n Generaal, asseblief….

Riouna Martin ·

SA HET KLAAR STRYD VERLOOR. DIT SAL NET ERGER WORD. EK KAN NIE POSITIEWE UITKOMS MEER SIEN NIE
DIT IS SO JAMMER SA WAS N PRAGTIGE LAND BAIE JARE TERUG SAL DIT NOOIT OOIT WEER SIEN NIE

kla-kous ·

Die probleem is weier as net die feit dat die polisie nie gevrees word nie: Misdadigers vrees nie die regstelsel in sy geheel nie. Minderjariges word ook nie vervolg vir baie oortredings nie. Dit klink baie eerbaar, maar dan moet daar ‘n stelsel wees wat wel hul oortredings aanspreek. Hulle word groot met ‘n algehele minagting van die gemeenskap se norme en word gebruik deur volwasse misdadigers vir grootskaalse diefstal.

Selfbeskikking ·

Ons lewens is niks meer werd nie en moordenaars kry borgtog. Ons het geen ander opsie as selfbeskikking nie, dis al hoe ons sal oorleef. Laat ons nou met die regering begin praat daaroor wanneer die grondgrypgesprekke begin.

Isabel ·

Ek het n vraag… hoe weet jy wie is die misdadigers in die polisie? Staan dit op hulle gesigte geskryf? As dit so maklik was sou daar nie een misdadiger die die aarde bewandel het nie… hulle sou almal in die tronk gewees het en ons met vrede in ons harte sou so vreedsaam kon lewe. Maar die waarheid is dat jy hulle nie kan uitken nie. Ons hoor so baie van mense wat jare indiens is by iemand en dan vermoor hulle die mense. Jy loop in n mall en eweskielik klap die skote. Jy kom van die kerk af dan word jy by jou hek vermoor…. nou vra ek weer… hoe word daar van die polisie verwag om ontslae te raak van die misdadiger in hulle diens as ons self nie eers kan sien hoe hulle lyk nie?

Jy moet erens begin ISABEL ·

Hulle vang hulle terwyl hulle mense omkoop, maar draai dan ‘n blind eye, jy stel strikke vir polisiemanne, nog nooit daarvan gehoor nie? As daar ordentlike BEHEER is sal jy ook gou agterkom wie is die vrot appels. Polisiemanne wat met evidence peuter of dockets laat wegraak (jy teken vir daardie goed – dis nie sommer net ‘n leer wat erens gebere word nie.). WAPENS word uitverhuur om mee misdaad te pleeg, jy weet seker elke wapen het ‘n nommer en word aan ‘n spesifieke persoon toegeken dan nie? Verder word daar WEGGEKYK as polisiemanne mense by ‘n polisiestasie aanrand (daar was al videos daarvan gemaak waar hulle jong dames rondklap) . en dan natuurlik met die dwelmhuise in Rustenburg se raid is polisiemanne op HETERDAAD betrap terwyl hulle dwelms gekoop het . NIE SO MOEILIK NIE, o ja . en laat hulle sommer ‘n SPELTOETS skryf dan sal jy sien nie een kan SKRYF Nie .. MAKLIK . dit is waar jy begin ..

Hoe nou ·

Die polisie is veronderstel om misdadigers vas te vat, en ment deesdae se forensiese tegnologie, kameras ens is dit eintlik baie maklik, soos tesiene by ordentlik bestuurde polisiedepts regoor die wereld. Dit lei daartoe dat mense twee keer dink voor hulle misdaad doen, anders as hier waar almal doen wat hulle wil want hulle weet hulle gaan letterlik met moord wegkom. Verstaan jy nou?

Koos1 ·

Pieter, die probleem is grooter as dit. 90% van hierdie land se bevolking het op gegroei met die onderig dat die SAPS die onderdrukkers is en dat die landswette nie gehoorsaam moet word nie (Liberation before Education/We will make this country ungovernable).
Toe kry ons die mooiste grondwet, maar ongelukkig word kriminele BAIE goed beskerm deur die einste grondwet. Toe verander die mag na ‘n diens en toe kom die kriminele ook in die SAPS in. Nou het ons ook ‘n regstelsel wat kriminele bevoordeel.
Dis alle faktore wat bydra tot geen respek vir die landswette nie, en daar is die probleem!!

Swanna ·

Julle het weer vergeet soos altyd. Hulle is nie betroubaar nie en meeste van die kriminele sit ook in die parlement. He he he he he.

marous ·

Misdaad moet voorkom word en dit is duidelik nie die opdrag ie. Ondersoek na die tyd het geen afskrikking nie.

Hein ·

Doen poligraaf toetse op elke lid en raak ontslae van die skelms

Sarel swartbrand ·

Die polisie het verval na n las vir belasting betalers en die wat altyd terugkap dat hulle ook belasting betaal hoe voel dit om jou geld so gemors te sien word terwyl jy weet dat julle nikswerd meer is nie.

humor ·

Koos baie reg gese. Ek onthou nog hoe die die polisie destyds onder swartes bekend gestaan het as Foster se honde. Dissipline , gesag respek, selfrespek en n eerbare lewe het in sekere geledere eenvoudig maar net min ruimte.

DAVID ·

Ek is sowat 4 jaar gelede om 10 uur die oggend op die N3 naby Heidelberg deur twee SAPD lede gekaap,hulle was in uniform en het met amptelike SAPD voertuig gery,ek was egter gelukkig om weg te kom het dadelik “flying squad” gekontak en vir hulle die voertuig se reg no gegee hulle het my laat weet dat die voertuig nie by SAPD geregistreer is nie alhoewel dit n SAPD reg was,DIT is die krimenele wat met uniforms rondgaan en mense beroof,tot en met hede het ek nog NIKS van die DAPD gehoor nie,heel waarskynlik het die dosier weg geraak.Ek het sedert daardie voorval GEEN respek vir enige iemand wat daardie univorm dra nie ek gehoorsaam die wet en dit is al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.