Mishandelde baba se ribbes 27 keer gebreek

Argieffoto bloot ter illustrasie, (Foto: Unsplash)

’n Ortopediese chirurg het Donderdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria getuig oor die ernstige beserings wat ’n maande oue babadogtertjie opgedoen het toe sy verlede jaar na bewering deur haar ouers mishandel is.

Die hof het gehoor die kind se beserings is vergelykbaar met herhaalde episodes van fisieke aksies, soos dié van ’n baba wat met albei hande rondom die lyf vasgehou en geskud is.

Die babadogtertjie se ouers is in Augustus verlede jaar op aanklag van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling in hegtenis geneem. Die saak het vandeesweek in die hooggeregshof begin.

Dr. Helene Basson het namens die staat getuig dat die baba – toe vyf maande oud – se sleutelbeen, femur en verskeie ribbes gebreek was toe sy op 14 Julie verlede jaar na die Eugène Marais-hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Die kleinding se ribbes het sowat 27 breuke in totaal gehad.

Albei ouers het vroeër onskuldig op die aanklag teen hulle gepleit.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum se privaatvervolgingseenheid het op 24 Julie verlede jaar twee dokters en ’n maatskaplike werker by ’n polisiestasie in Pretoria bygestaan om ’n klag van kindermishandeling teen die ouers in te dien. Dít nadat die dogtertjie vir ’n tweede keer in dieselfde hospitaal opgeneem is met beserings wat met tekens van kindermishandeling ooreengekom het. Die dokters het reeds in April verlede jaar ’n klag van kindermishandeling by die polisie ingedien toe die baba slegs vyf weke oud was.

Die polisie het die saak aanvanklik ondersoek, maar die klaers ingelig dat die saak teen die ouers van die rol geskrap is omdat daar volgens die landdros ’n gebrek aan bewyse was.

Die baba is tydelik in haar ouma se sorg geplaas, maar sy is daarna weer terug na haar ouers. Die privaatvervolgingseenheid het intussen skrywes aan die departement van maatskaplike ontwikkeling en die polisie gerig waarin geëis word dat die beweerde mishandeling van die baba onmiddellik aandag moet geniet om verdere trauma vir die slagoffer te voorkom.

“Dit is onverstaanbaar hoe die saak in die eerste plek van die rol geskrap is nadat ’n deskundige sélf die klagtes ingedien het omdat sy die tekens van kindermishandeling herken het. Boonop is die mishandelde kind toe weer eens teruggeplaas in die sorg van die mense wat haar leed aangedoen het,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte.

Broodryk meen dit is “absoluut onlogies” en wys net weer eens dat politici se herhaaldelike uitlatings oor geweld teen kinders en vroue blote lippediens is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Casper ·

As die landros dan nie die deskundigheid getuies wou aanvaar nie op grond waarvan het hy of sy bevind dat daar nie genoegsame bewyse is nie. En boonop die baba weer terug plaas in die ouers se sorg.Ek vra net ‘n dom vraag.As deskundige getuies nie aanvaarbaar is by die mishandeling van babas nie hoe bevoeg is die landros om die saak aan te hoor.

Mariana ·

En daar is baie sulke gevalle in die land, maar soos gesê is, slegs lippetaal van politici. Die landdros moes die saak nie net summier geskrap het nie, swak. As mens dink wat daardie arme kindjie moes deurgaan en dit het herhaaldelik gebeur, is dit ‘n skande dat daar nie fermer opgetree en meer ondersoek ingestel os nie. Daai sogenaamde ouers moet nooit weer daglig sien nie en moet iewers in ‘n donker gat gegooi word. Vuilgoed.

Ovelia ·

Meeste probleme van ons land le in ons howe. Polisie vang vanaand n skelm moreoggend is hy weer vry

E ·

Die howe is absoluut terrible. En probeer jy deur ‘n prokureur gaan, dink jou prokureur ook dis niks nie.

Sarel ·

Ek stem saam.oor die Lippediens storie en dit sluit
Ons Howe in met strafopkegging

capie ·

Diegene wat oorspronklik nie die saak wou aanvat nie is mos nou ook in die situasie dat hulle aam=ngekla moet word van ernstige pligsversuim. Selfs die landdros is nie bo die wet verhewe nie.

Mieliestronk ·

Die reg beskerm die krimineel. Ons is daar, ons weet

Hannes ·

Hulle behoort nooit weer uit ‘n tronk te kom en hopelik breek medegevangenisse ook dieselfde bene van die ouers as wat hulle met’ n pap baba gedoen het. Die landros is onbevoeg. Watse bewys wou hy meer gehad het as die grusame bewys van die baba self? Mag die arme kind se toekoms goed en geseënd wees.

Kensy ·

Daar bestaan nie n swaar genoeg straf vir mense wat hul self aan sulke gedrag skuldig maak nie.
Ek kan die pyn wat daardie baba moes verduur, nie indink nie!!!

Nico ·

Daar is ‘n ander naam vir sulke tipe ouers wat nie hier genoem mag word nie, om ‘n 5 maande oue baba wat haarself nie kan beskerm nie is absoluut onmenslik en ‘n mees lafhartige optrede, sulke ouers verdien om ‘n babe te hê nie. Toemaar, God die Vader sal met hulle werk.

Kathleen ·

hoe doen ‘n ouer dit aan ‘n onskuldige 5 maande oue baba ? sy moet nooit ooit weer swanger raak nie . smyt hulle in die tronk en laat hulle nooit weer vry nie , dit is toetentaal onaanvaarbaar !

Misky ·

Absoluut ondenkbaar!!!! En die hartseer is, daar is honderde van die gevalle wat daagliks om ons gebeur en ons weet dit nie

Anoniem ·

My hart is stukkend. Hoe kan ‘n volwassene ‘n hulpelose baba so mishandel.

Tanniepetoors ·

Hoe regverdig die landdros sy/haar beslissing? Ek moet my emosies probeer in toom hou om nie bitterlik uit te vaar teen sulke onmenslikheid nie. Ai, die arme, arme onskuldige klein babatjie het nie gevra om gebore te word nie.

Toetsie ·

Daardie eerste regter wat die saak uitgegooi het, MOET ook aangekla word vir nalatigheid en ook sommer vir aandeel in tqeede keer se mishandeling!! Nee my magtig, hul kom met te veel sulke goed en bedrog weg, omdat hul dink hul is verhewe bo die gereg! Ja stuur die ouers tronk toe, maar asb, vervolg daardie regter en sy makkers!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.