Mishandelde honde op bakkie ‘reeds landuit’

Die verdagte se voertuig. Foto: Nico Pieterse / Facebook.

Die verdagte se voertuig. Foto: Nico Pieterse / Facebook.

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gesê hy het ʼn aantal partye geïdentifiseer wat betrokke was by die voorval waar twee mishandelde honde in die openbaar agter op ʼn bakkie vervoer is.

Volgens die DBV is daar ná uitgebreide ondersoeke saam met die Yeoville SAPD en IRS Forensic Investigations vasgestel dat die oortreders met die honde landuit gevlug het. “Ons informante en ooggetuies het ons in kennis gestel dat die verdagtes in die vroeë oggendure bewus gemaak is van die soektog na hulle waarna hulle in ʼn ander voertuig gevlug het.”

Foto’s van die voorval het Woensdag soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Nico Pieterse, ʼn motorryer en lid van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het die honde gesien, hulle afgeneem en die inligting op sosiale media gedeel. Pieterse het gesê die honde is in verskriklike toestand en is met drade vasgebind. Op sy foto’s kan ʼn mens sien een van die honde het bloed om sy bek. Hy het die bakkie agtervolg en die polisie probeer ontbied, maar die bakkie in die middestad verloor nadat die twee insittendes hom glo in ʼn lokval probeer lei het.

Volgens die DBV werk hulle tans saam met dierewelsyngroepe oor die grens sowel as grensbeheer in ʼn poging om die honde en verdagtes te vind. “Terwyl ons ten volle verstaan dat die aksies wat deur die publiek geneem is, met die suiwerste bedoelings en bereidwilligheid was om te help, het dit die ondersoek nadelig beïnvloed en die welsyn van die betrokke diere verder in gedrang gebring, aangesien die NDBV nou geen jurisdiksie het om verder op te tree nie.”

Die DBV het ʼn beroep gedoen op die publiek om in die toekoms sake van dieremishandeling direk by hul naaste DBV aan te meld en nie reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Hoe kon hulle landuit gevlug het? Verlang ons buurlande nie permitte voordat diere oor die grens hulle land ingebring word nie?

Neptunus ·

Dis walglik om diere so te behandel. Party mense moet nou maar eenmaal nie diere of kinders hê nie. Na watter land is daar nogal gevlug, hoekom word dit verswyg? Daar is ‘n ZA plakker agterop die bakkie, so die perd steek dalk gereeld die grens oor. Vir al wat mens weet word die honde dalk gesmokkel en as kos gesmous êrens.

chantell ·

Hoe kan mense hom net los by die robot ek sal uitklim en soos ek nou voel na die berig hom peppersproei gee en hom vasvat ek haat mense wat diere mishandel dis hkm die land is waar dit is omdat alles net gelos word so nou het hulle gevlug more terug om selfde goed te doen

Sollie ·

Die spul moet dan mos goed dopgehou word – natuurlik is hul besig met gesmokkel. Arme diere wat nie self kan praat nie. Ek wil ook weet hoe is hulle ENIGSINS deur ‘n grenspos. Daar word nou vreeslik gelet op onwetige immigrante maar is hierdie nie eitnlik net so erg of erger nie?

Attie Kruger ·

Die SAP was ontbied gewees maar het nie uigekom na die voorval nie.Die DBV sê rapporteer sulke gevalle aan by jou naaste DBV.Nou wonder ek by myself of daar op elke hoek en draai van die strate borde op is om die sogenaande ‘naaste’ DBV se informasie aan te dui.In di geval sou die SAP ieg moes reageer as die DBV hulle gekontak het om te laat weet hulle gaan moontlik in n gevaar situasie in om mishandelde diere te konfiskeer.Nou bly die vraag.Hoekom het die SAP nie reageer toe n lid van die publiek hulle verwittig het daarvan?Die lid van die publiek het nie die ondersoek benadeel deur die fotos op publieke blad te plaas nie,die SAP het veroorsaak dat die verdagtes saam die honde weg is deur nie hulle basiese take te verrig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.