Mishandelde leeus hervestig

Verwaarloosde leeus by ‘n fasiliteit in All Days. (Foto: Verskaf)

Twee leeus wat vroeër die maand uit twee fasiliteite in All Days, Limpopo, gered is, is veilig hervestig in hul nuwe tuiste.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is in Mei ingelig oor twee leeus wat in aanhouding is in twee verskillende fasiliteite wat deur dieselfde persoon besit word.

Die leeus was glo erg ondervoed.

“By die NDBV se aankoms op die perseel kon inspekteurs sien die diere het nie behoorlike skuilings nie en dat hul hokke klein en onhigiënies was. Die leeus het ook nie behoorlike mediese sorg gekry nie,” lui ʼn verklaring wat deur die NDBV uitgereik is.

ʼn Ander fasiliteit in Limpopo het intussen aangebied om die leeus, en ander diere wat by die oortreder se fasiliteite aangehou is, in te neem. “Die toestande by dié fasiliteite is ʼn reuseverbetering op dié van die leeus se vorige tuiste, met 24 uur mediese sorg, sekuriteit, skoon water en genoeg kos en skuiling. Die NDBV is meer as tevrede met die sorg wat dié leeus nou sal ontvang.”

Die NDBV sal die leeus in die toekoms besoek om te verseker datdié hoë gehalte sorg gehandhaaf word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Dit is die tipe oortreders, lees kriminele, wat gestraf moet word op ‘n manier wat as voorbeeld sal dien.

Tinus ·

Ek sien 3 leeus in die foto,maar net twee word genoem in die artikel.Leeus hoort nie in hokke nie! Punt!

Sandra ·

Ek se die enigste oplossing is dat die DBV hulle name bekendmaak sodat hulle nie weer diere mag aanhou nie. . Hoekom moet hulle beskerm word deur nie hul plek of name bekend te maak nie. Name and shame hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.