‘Mislukte regering rede vir werkloosheid’

Argieffoto (via Wikimedia Commons)

Die VF Plus het Vrydag gesê die skuld vir Suid-Afrika se toenemende werkloosheid kan net voor die deur van die land se mislukte regering gelê word.

Dit volg nadat Statistiek SA vroeër vandeesweek bekendgemaak het dat werkloosheid in die eerste kwartaal van 2017 skerp gestyg het en nou op 27,7% staan. Dit is die hoogste werkloosheidskoers in 13 jaar. Die uitgebreide werkloosheidskoers is 36,4%.

Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer, het in ʼn verklaring werkloosheid as ʼn “volskaalse krisis” beskryf en gesê die ANC se talle werkskeppingsinisiatiewe is ʼn mislukking. “Die toename in werkloosheid in die Vrystaat is aanduidend van ekonomiese verval, mislukte beleidstellings én ʼn mislukte regering,” het hy gesê.

“Die haglike toestand van munisipaliteite in die Vrystaat weens algehele wanbestuur is verantwoordelik vir die verarming wat die Vrystaat beleef. Swak tot geen dienslewering en vervalle infrastruktuur skep ʼn omgewing waarin die privaat sektor nie kan uitbrei en werk skep nie.”

Wessels het beklemtoon dat die Vrystaat die hoogste werkloosheidskoers van al die provinsies het met 35,5% – die provinsie se uitgebreide werkloosheidskoers is 41,7%. Hy het ook genoem dat die provinsie sedert Maart 2016 altesaam 17 000 werkgeleenthede in privaat huishoudings, soos vir huishulpe en tuinwerkers, verloor het.

“Dit dui op die verarming van die middelklas in die Vrystaat. Die regering se wanbestuur asook ondeurdagte besluite, wetgewing en beleid wat werkskepping beperk, vernietig die ekonomie,” het hy gesê.

“Indien die nuwe nasionale minimum loon volgende jaar, soos beplan word, ingestel word, sal werkloosheid beslis nog meer toeneem. Wetgewing en beleid, soos die nasionale minimum loon, is beperkend veral in ag genome die swak ekonomiese groei en verarming wat Suid-Afrika beleef. Dit gee aanleiding tot afleggings en ʼn toename in meganisering wat die werkloosheidskrisis vererger.”

Wessels het gesê die ANC-regering se besteding van miljarde rande aan werkskeppingsprojekte lewer geen resultate op nie. “Werkloosheid sal nooit verminder indien die regering nie tot die besef kom dat die staat nie die primêre werkskepper kan wees nie, aangesien dit onvolhoubaar is. Die enigste oplossing vir werkloosheid is ekonomiese groei en beleidsekerheid wat ʼn gunstige omgewing vir die privaat sektor sal bied om werk te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Presies onder die anc wat ons nou junk is …wie wil nou in SA bele ? ? En die anc se die heelryd goed wat beleggers afskrik …hoe dom en nou sit mense sonder werk …

Prof. Dr. Adv. Whatever Werkvark

Staatstenders, staatsondernemings en die menigde staatsdepartemente, nasionaal, provinsiaal en plaaslik, is die melkkoeie vir staatskapings en selfverryking en verarming van die gepeupel. Suid-Afrikaners sal kreatief ernstig moet besin aan ‘n nuwe unieke regeringstelsel vir enige koers op pad van wêreldkompeteerbaarheid. Geen “band-aid” oplossings en ongebreitelde bevolkingsaanwas gaan hierdie land red nie. Begin deur die staatsdiens drasties in te kort. Privatiseer departemente.

al

Die ANC regering skep anargie en hoë misdaad agv van hul onvermoë om die land na behore te regeer.

Paul

Oor-analise van die syfers. Jy kan nie kategorieë per provinsie neem en gevolgtrekkings daarop maak nie – die data is nie sterk genoeg nie. So in die syfers vir die eerste kwartaal van 2016 was daar in die Vrystaat ‘n geskatte 100 000 mense wat in “privaat huishoudings” werk gedoen het. In die syfers vir die eerste kwartaal van 2017 was dit 82 000. Volgens die VF+ is dit ‘n aanduiding van hoe sleg dit met middelklas-huishoudings in die Vrystaat gaan. Goed dan wat van ‘n vergelyking tussen die eerste kwartale van 2015 en 2016? In dieselfde datareeks van StatsSA… Lees meer »

jaco

27% is BAIE meer as die 9% wat wit mense van SA se bevolking uitmaak. S iets maak nie sin nie, want dit beteken baie swartes is ook sonder werk. Waars regstellende aksie dan, waarvolgens slegs die regte” velkleur nodig is om werk te kry. Eintlik moet werkloosheid dus op 9% staan. Dis regtig vreemd dat n swart regering wat wit mense so haat, nie eens werk vir al hulle rasgenote skep nie.