‘Mislukte regering rede vir werkloosheid’

Argieffoto (via Wikimedia Commons)

Die VF Plus het Vrydag gesê die skuld vir Suid-Afrika se toenemende werkloosheid kan net voor die deur van die land se mislukte regering gelê word.

Dit volg nadat Statistiek SA vroeër vandeesweek bekendgemaak het dat werkloosheid in die eerste kwartaal van 2017 skerp gestyg het en nou op 27,7% staan. Dit is die hoogste werkloosheidskoers in 13 jaar. Die uitgebreide werkloosheidskoers is 36,4%.

Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer, het in ʼn verklaring werkloosheid as ʼn “volskaalse krisis” beskryf en gesê die ANC se talle werkskeppingsinisiatiewe is ʼn mislukking. “Die toename in werkloosheid in die Vrystaat is aanduidend van ekonomiese verval, mislukte beleidstellings én ʼn mislukte regering,” het hy gesê.

“Die haglike toestand van munisipaliteite in die Vrystaat weens algehele wanbestuur is verantwoordelik vir die verarming wat die Vrystaat beleef. Swak tot geen dienslewering en vervalle infrastruktuur skep ʼn omgewing waarin die privaat sektor nie kan uitbrei en werk skep nie.”

Wessels het beklemtoon dat die Vrystaat die hoogste werkloosheidskoers van al die provinsies het met 35,5% – die provinsie se uitgebreide werkloosheidskoers is 41,7%. Hy het ook genoem dat die provinsie sedert Maart 2016 altesaam 17 000 werkgeleenthede in privaat huishoudings, soos vir huishulpe en tuinwerkers, verloor het.

“Dit dui op die verarming van die middelklas in die Vrystaat. Die regering se wanbestuur asook ondeurdagte besluite, wetgewing en beleid wat werkskepping beperk, vernietig die ekonomie,” het hy gesê.

“Indien die nuwe nasionale minimum loon volgende jaar, soos beplan word, ingestel word, sal werkloosheid beslis nog meer toeneem. Wetgewing en beleid, soos die nasionale minimum loon, is beperkend veral in ag genome die swak ekonomiese groei en verarming wat Suid-Afrika beleef. Dit gee aanleiding tot afleggings en ʼn toename in meganisering wat die werkloosheidskrisis vererger.”

Wessels het gesê die ANC-regering se besteding van miljarde rande aan werkskeppingsprojekte lewer geen resultate op nie. “Werkloosheid sal nooit verminder indien die regering nie tot die besef kom dat die staat nie die primêre werkskepper kan wees nie, aangesien dit onvolhoubaar is. Die enigste oplossing vir werkloosheid is ekonomiese groei en beleidsekerheid wat ʼn gunstige omgewing vir die privaat sektor sal bied om werk te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johanna Botha ·

Presies onder die anc wat ons nou junk is …wie wil nou in SA bele ? ? En die anc se die heelryd goed wat beleggers afskrik …hoe dom en nou sit mense sonder werk …

Prof. Dr. Adv. Whatever Werkvark ·

Staatstenders, staatsondernemings en die menigde staatsdepartemente, nasionaal, provinsiaal en plaaslik, is die melkkoeie vir staatskapings en selfverryking en verarming van die gepeupel. Suid-Afrikaners sal kreatief ernstig moet besin aan ‘n nuwe unieke regeringstelsel vir enige koers op pad van wêreldkompeteerbaarheid. Geen “band-aid” oplossings en ongebreitelde bevolkingsaanwas gaan hierdie land red nie. Begin deur die staatsdiens drasties in te kort. Privatiseer departemente.

Hendrik 2 ·

staatsdepartemente sal nie deur anc privatiseer word nie. hulle wil in besit van alles wees. tot jou hond in jou erf

al ·

Die ANC regering skep anargie en hoë misdaad agv van hul onvermoë om die land na behore te regeer.

Paul ·

Oor-analise van die syfers. Jy kan nie kategorieë per provinsie neem en gevolgtrekkings daarop maak nie – die data is nie sterk genoeg nie.
So in die syfers vir die eerste kwartaal van 2016 was daar in die Vrystaat ‘n geskatte 100 000 mense wat in “privaat huishoudings” werk gedoen het. In die syfers vir die eerste kwartaal van 2017 was dit 82 000. Volgens die VF+ is dit ‘n aanduiding van hoe sleg dit met middelklas-huishoudings in die Vrystaat gaan.

Goed dan wat van ‘n vergelyking tussen die eerste kwartale van 2015 en 2016?
In dieselfde datareeks van StatsSA is daar geskat dat daar in die eerste kwartaal van 2015 ‘n volle 75 000 mense in “privaat huishoudings” gewerk het in die Vrystaat. So dis dan ‘n styging van 25 000 mense vanaf 2015 tot 2016.

Beteken dit dan dat dit baie goed gegaan het met middelklas-mense deur die loop van 2015 in die Vrystaat?

‘n Jaar vroeër was dit 80 000. Nog ‘n jaar gelede, 87 000. Voor dit 92 000, voor dit 91 000, voor dit 89 000, 93 000 en waar die reeks begin in 2008 was dit 91 000.

So al wat dit aantoon is dat die data baie rondspring omdat dit nie betroubaar is op so ‘n klein vlak soos sektor en provinsie nie.

Leendert ·

Nou hoekom spring die data so rond, dit doen mos nie vanself nie, dit is mos ‘n weerspieëling van wat op grondvlak gebeur. Die data is nie gemanupileer nie. As dit dan die konklusie is waartoe mense gekom het, wat dan? Nou kan mens seker nog statistiek gaan haal om te kyk watter ander invloede dit kon wees, wat dit so laat rondspring het, maar die kruks sal wees, ongeag die redes, dat dit was die aantal mense wat in daardie provinsies ekonomies in daardie sektore bedrywig was. Ook, hoe ‘sterk’ moet die statistiek dan nou wees? Die getalle hier bo is mos nie 10 of 20 nie.

jaco ·

27% is BAIE meer as die 9% wat wit mense van SA se bevolking uitmaak. S iets maak nie sin nie, want dit beteken baie swartes is ook sonder werk. Waars regstellende aksie dan, waarvolgens slegs die regte” velkleur nodig is om werk te kry. Eintlik moet werkloosheid dus op 9% staan. Dis regtig vreemd dat n swart regering wat wit mense so haat, nie eens werk vir al hulle rasgenote skep nie.

Jakobus ·

Ek dink jy is nou werklik snaaks, maar miskien het jy dit tog gevang, want dit is presies waarop die berig wys, die ANC regering maak hul eie mense werkloos omdat die regering ‘n mislukking is en nie ‘n idee het hoe jy die land moet bestuur nie, ook omdat hulle net eenvoudig te korrup is. Dus al teiken hulle die wit mense met BEE en regstellende aksie, werk dit nog steed nie, al sit meer witmense nou sonder werk, styg die werkloosheid ook onder die swart mense.

al ·

Die swartes het die afgelope jare met miljoene toegeneem, en ja om kinders te verwek is makliker as om finansieel in staat te wees om vir hul te sorg.

Leendert ·

Die mislukking van die staat en veral die onbevoegheid kan ook gesien word aan hoe dikwels hulle in die howe boer oor verkeerde besluite wat hulle geneem het, waaroor hulle howe toe gevat word, of dit nou korrupsie is, nie gekonsulteer het nie, of watter verkeerde prosesse hulle ook al gevolg het, maar as dit nie vir die howe was nie, dan was die land in ‘n verdere gemors.

walter ·

Dis mos vanself dat als minder word, deur Rand swakte word baie verloor die meeste mense besef nie dat deur inflasie die Rand waarde in minder dan 8 jaar meer dan 60% verminder het
waardeur alles opgegaan het. almal voel dit en kan dus minder spandeer. als n mens minder kan spandeer sal jy sny in goeters wat nie “hoofsaak is” nie. Als omset daal daal werkgeleenthede tot ons almal vrek. So gaan almaal onderkant toe. buite landse investeerdes is ook nie mal nie als die waarde van die Rand so hard val en onstabiel is dat hy die waarde van die geld (Dollars,Ponde,Euro s ….) waarme geinvesteer is nie by kan hou nie en hulle kry minder terug als hulle ingesit het trek hulle uit en sal wel 2 x dink om weer so te doen. in SA kan n mens nie wen nie net verloor tot jy vrek.

ek ·

Anc het almal aangemoedig om swanger re raak om stemme te kan kry.nou is die land oor bevolk.en te min werk geleenthede vir n oor bevolkte land ‘ niks verder as net aan stem te dink nie.tot die water is nou te min .

John ·

Kyk gerus na tv-kanaal 413, maar eers na ‘n koffie as voorbehoedmiddel ingeneem is. Dit is die lieflike pad waarna die regering se uitgebreide kundige ons wil lei. In laasgenoemdes se tuisland blom net armoed en ellende en het heilige koeie en ape meer reg op kos en skuiling as hul eie naaste. En nou bestuur hulle ons land onder die slapende oog van ‘n president onder hipnose tot 6vt onder… nie verder ondertoe nie want daar myn hulle uraan, olie en steenkool vir Oosterse kragsentrales en atoombomme….

Johann Marx ·

Die land se regering verstaan blykbaar hoe meer mense hulle in diens neem, hoe minder werkloosheid is daar en hoe groter werkskepping? Ek sal nie verbaas wees as hulle die getal bestaande provinsies verdubbel, en vir elke dorp TWEE munispaliteite gee nie……Problêm solved!!! Gaan kyk maar in die naaste swart woonbuurt……swart winkel-eienaars byvoorbeeld stel nie werkers aan nie…..Daar is eerder 600 klein winkeltjie wat elkeen ‘n “eienaar” het en presies dieselfde ware as die sypaadjie-entrepeneur langs hom verkoop. Dis nie werkskepping nie. Die mense wat fabrieke bou en groot winkels bedryf, en werk skep, is die blankes…..en DIT kan die regering nie toelaat of ondersteun nie, want dan groeie “‘white monopoly capital” en dit moet teen alle koste verhoed word…..volgens die regering. Dit is dus ‘n catch 22 situasie….die werkskeppers is die gehate witmense, en die wat nie werk het nie, se eie landgenote kan nie vir hulle werk skep nie. En so lyk dit in omtrent elke Afrika land….

WDP ·

Julle is alamal verkeerd -dit is Verwoerd en apartheid se skuld… – Die res van Afrika floreer onder hulle swart regerings en Zimbabwe is die2 de beste ontwikkelede land in Afrika.

Johannes van Staden ·

SA kannie werk skep met die korrupte anc wat so steel. Kyk maar na die res van Afrika veral Zimbabwe …dit n gemors ! Meeste van Zim se mense sit in SA en werk hier en mense stroom oor die grense deur die gebreekte drade opsoek na werk in SA

Elsa ·

asgevolg van werkloosheid wlhoekom nie optogte hou na regeringsamptenare en hul konfronteer nie…ipv plaasmoorde en grond beset? boosdoeners moet nou endkry om gruweldade te pleeg en op die regte plekke betoog….

anton ·

Soos ek verstaan het S.A met n bevolking van ongeveer 54 miljoen het meer mense indiens van die staat as wat Amerika in hulle staatsdiens het en hulle bevolking is ongeveer 500 tot 600 miljoen.
Nou hoe verklaar mens dit? Dit is belaglik verby!!!

Eish ·

Dis korrek, bykans dubbeld soveel. Maklik om te verklaar. Een woord, produktiwiteit en sy boetie, kapasiteit.

Johan. H. ·

Johan Marx. Ek stem saam . my opinie word egter gereeid delete want hulle weet wat die waarheid is maar hulle wil dit nie hoor nie,.Bottom line die regering is so dom soos planke en wasklippe.Gaan kyk oral . hulle dink werkskepping is om misdaat te bevorder. Maar hulle sien nie die tronke wat voller raak nie . Want hulle dink hulle is slim,,,, En ongelukkig is hulle te trots om die witman in die oe te kyk en hom regte advies te vra, N plamn wat sal werk. Tot daardie dag nie aanbreek nie ondersteun ek die planke soos vir spur,,,

Erik ·

Die cANCer laat my aan n springkaan plaag dink. Plante word tot op die grond afgevreet. Niks bly oor nie. Dan beweeg hulle aan om die proses te herhaal. Hulle skep niks. Verbruik en misbruik tot daar niks oor is nie. Maar wil nog en nog he.

Neanderthal ·

Ons ken nie van die wiel nie,ons ry hom net maar ons ons koop hom by Braziliee.Ons ons weet eintlik niks.Die tryn wat gebou is daar by Koedoespoort by Pretoria ons het hom verkoop daar by die scrap steel/Iscor ook ens….

Johannes van Staden ·

SA kannie werk skep met die korrupte anc wat so steel. Kyk maar na die res van Afrika veral Zimbabwe …dit n gemors ! Baie van Zim se mense sit in SA en werk hier en mense stroom oor die grense deur die gebreekte drade opsoek na werk in SA

Cato ·

Ja Johannes ons stuur af op n 2de Zim. Mense van Zim het gevlug na ons vir n toekoms. Wat nou? Waarna toe gaan ons vlug? Ek vat n raaiskoot, 20% van ons wat in Suid Afrika woon kan dit bekostig om hul goedtjies te pak en elders te gaan woon!

Cato ·

My hart is baie seer, hierdie sake raak almal maak nie saak wie jy is nie! Ek sien hoe beinvloed hierdie nuwe wette en reels ons en selfs my werkers wat swart is en baie betroubaar is! Hulle het ook harte wat smag na n beter toekoms en stem nie saam met die reels en regulasies van Zuma en die res van die spul nie. Zuma asb maak jou oe oop, eendag gaan jy omdraai en kyk en sien wat jul besluite veroorsaak het. Jy gaan eendag wakker word en besef jy was verkeerd! Kom ons bou saam aan n beter land! Jy wil tog nie sien hoe ek, jy en die res van die land ondergaan en vrek van hongerte nie, en hoe die res van die wereld skaam kry oor Suid Afrika nie!!!

Johann van Cullinan ·

Ja al dra ‘n aap ‘n goeie ring, bly hy ‘n lelike dom ding

Johann van Cullinan ·

Ja, deur die white monopoly uitsprake, onttrek die buiteland hulle besighede of het julle gedink, die tipe uitsprake bly net binne die grense van Suid-Afrika. Hoe dom om die brûe agter jou af te breek. Alles gaan net oor die agtergeblewenes. Wêl, as almal nou vir die staat werk, waar gaan die staat geld kry om die mense te betaal, as al die privaat sektore krimp. Ek is nie haatdraend nie, maar ek was ook afgelê in 2015 a.g.v die baie slim president, met sy goedkoop chinese invoer yster.

SARIE VAN HEERDENS ·

Werkloosheid kan nie altyd voor die deur van wie ookal gele word nie. Elkeen wat ‘n besem kan vashou is ‘n gekwalifiseerde skoonmaker en elke tuinier(?) wat ‘n graaf kan vashou is ‘n tuinenginieur en vra ‘n salaris (loon) gelykstaande aan ‘n werklik gekwalifiseerde persoon. Ander is weer HONGOR maar sal bv nie vir ‘n bord kos wil werk as die “werkgewer” nie die hoe loon kan bekostig nie. Natuurlik gaan werkloosheid styg te danke aan die aansoekers om werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.