Niemand is Sondagaand beseer tydens ʼn mislukte rooftog by die Brooklyn-winkelsentrum in die ooste van Pretoria nie.
Nicole van Kan, die sentrum se woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn groep mans het gepoog om die Woolworths te beroof ná die winkel toegemaak het. “Die verdagtes is deur die polisie verjaag sonder dat hulle iets kon steel. Niemand is tydens die voorval beseer nie,” het Van Kan gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.