Misverstand lei glo tot bejaarde se moord

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man (55) is in hegtenis geneem ná hy glo sy bejaarde ma (88) met ʼn byl doodgekap het weens ʼn misverstand.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag ná 21:00 in die Kgcwazi-nedersetting in Ngqamakhwe plaasgevind.

“Na bewering was daar ʼn misverstand tussen die seun en die ma by hul huis en die verdagte het glo ʼn byl gebruik om sy ma, Nogem Mahamba, om die lewe te bring,” het Manatha gesê.

Manatha het gesê hoewel die vrou se kleinkinders [haar seun se kinders] in die aangrensende kamer was, was hulle te bang om enigiets te doen aangesien hul pa ʼn byl gehad het.

Die man is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Ngqamakhwe-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Des ·

Daarom moet ons ten alle tye gereed wees vir selfverdediging.

Werner ·

As hulle dit met hulle eie ouers doen wat se genade moet die boere te wagte wees

Karin ·

Ja nee kyk na Henri ook ne, hy’t sy hele familie uitgewis.

Snowball ·

‘Matricide’ of moedermoord kan nie aan ‘n bevolkingsgroep toegeskryf word nie; dit is ‘n verskynsel so oud soos die mensdom self. Dit kom in Griekse mitologie voor en Nero het sy ma laat vermoor. Dis afgryslik, maar dit gebeur oral, dwarsoor die wêreld.

Awie Opperman ·

Sekerlik waar dat barbaarse optrede nie aan ‘n spesifieke bevolkingsgroep toegeskryf kan word nie, maar Nero is nie juis ‘n goeie voorbeeld nie. Daar is sommige van sy tydgenote wat gemeen het dat hy die duiwel was en hy het gereel dat sy ma vermoor word en haar nie self met ‘n byl doodgemaak nie. Hierdie bly die werke van mense wat nie die Here ken nie.

Snowball ·

Ek stem saam Awie, dit is voorwaar by mense wat nie die Here ken nie.

M ·

Snowball en Awie, ek is ‘n ateïs, maar is nie van plan om enige iemand te vermoor nie.

Snowball ·

@M, kom ons sê sekere gelowe laat nie die eet van sekere vleis toe nie, beteken dit dan noodwendig dat alle mense buite daardie gelowe daardie vleis wel eet, of bly dit ‘n persoonlike keuse?

Spyker ·

……….op 25 000 voet in ‘n vliegtuig wat val, glo ons almal aan “iets”!!!!

Karolis ·

Watter misverstand kan so erg wees om jou eie ma te vermoor?
Ek kan nie aan een dink nie en ek sal ook nie wil nie.

Cherokee ·

Snaaks dat jy sonder werklike aanleiding, graag daarop wil wys dat dit in wit geledere ook gebeur.

Ranonkel ·

Cherokee, het jy die eerste drie kommentare gelees? Vir my het dit geklink of hulle die tipe daad verbind aan n sekere bevolkinsgroep. Die twee kommentare daarna het ook daarna verwys. Moenie Vergeet se kommentaar is volgens my nie uit die bloute uit nie.

Cherokee ·

Toegegee Ranonkel, (het dit weer gaan lees soos voorgestel) maar ek het onderneem om geen terugvoering te gee aan mense wat aanhoudend van naam verander nie. Die probleem is dat jy kommentaar kan lewer as patata en as ek daarop reageer kan terugvoer as ertappelslaai. Ek is fed-up met mense wat nie wil pa staan vir hul eie kommentare nie en sal steeds eenmalig kommentaar lewer op enige kommentaar maar skielike nuwe name wat uit die lug gegryp word sal ignoreer word, want Dr Jekyll & Mr Hyde behoort nie hier gespeel te word nie. Wiè op aarde is Ranonkel wat (‘n blêddie netjie terugvoering gee, maar) nie werklik bekend is nie? Jy kan netnou antwoord as ‘Stem Saam’ en my ondersteun terwyl jy ‘Moenie Vergeet nie’ tackle maar intussen dieselfde kommentator wees. Sò, ek bly by my besluit om nie die uit die lug gegrypte name te antwoord nie. Dankie steeds vir jou hoflike terugvoering. Mag jy geseënd wees.

Ranonkel ·

What’s in a name? That which
we call a rose
By any other name
Smell as sweet

Penellope Jones ·

Wanneer gaan die gedagtegange verby moord, doodslag, ens beweeg?

Isabel van wyk ·

Wanneer gaan daar weer eendag goeie nuus wees. Ons lewe in vrees elke dag

Theresa ·

Maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie – om jou ouer (of enige iemand anders) met ‘n byl (of enige ander wapen) te vermoor – is angswekkend en vreeslik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.