Misverstand oor Gary Player se twiet

Gary en Ian Player

Gary en Ian Player

Project Rhino KZN het Vrydag berigte dat die natuurbewaarder Ian Player oorlede is, ontken.

“Neem asseblief kennis dat daar ʼn misverstand ontstaan het oor ʼn twiet van Ian se broer, Gary,” het woordvoerder Sheelagh Antrobus aan Sapa gesê. “Ian is nog steeds by ons, saam met sy liefdevolle familie en vriende.”

Sy het gesê die gesin sal ʼn amptelike kennisgewing uitreik indien sy toestand verander.

Die bekende golfspeler, Gary Player, het Vrydag op Twitter geskryf: “My geliefde broer Ian het sy kano op die rivier van die lewe laat vaar en hy sal binnekort na die anderkant geneem word. Ek gaan jou mis. Liefde.”

Die Wilderness Network het Woensdag gesê Player herstel ná ʼn ernstige beroerte met komplikasies. “Hy is gemaklik by sy huis in die Karkloof in KwaZulu-Natal,” het die organisasie gesê. “Sy vrou, Ann en ander gesinslede ondersteun hom.”

Player (87) het verlede Donderdag die beroerte gehad. Hy is veral bekend daarvoor dat hy die witrenosters in die 1950’s in KwaZulu-Natal van uitsterwing gered het.

Gary Player se tweet

Gary Player se tweet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.