“Misverstand was oorsaak van NWU-oproer”; geen skade aangerig

puk betoging

‘n Skermskoot uit die video.

Die protesaksie wat gistermiddag by die institusionele kantoor van die Noordwes-Universiteit (NWU) buite die Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind het, was ʼn beplande optog wat ontaard het na ʼn misverstand.

Só sê Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU. Volgens Jacobs het die groep van ongeveer 120 mense wat onder die vaandel van die ANC Jeugliga ʼn memorandum aan prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU, wou oorhandig, die nodige toestemming vir die optog van sowel die polisie as die universiteit gehad.

Die optog het egter begin handuit ruk toe die studente voor die toe hekke van die kantoor opgedaag het. “Ek dink die sekuriteitspersoneel was onder die indruk dat die optog voor die hekke sou stop, maar die groep was onder die indruk dat hulle die memorandum op die trappe van die kantoor mag oorhandig,” het Jacobs gesê.

“Ek sou beslis nie die optog as gewelddadig beskryf nie – daar is geen werklike beskadiging aan enige eiendom aangerig nie en niemand is beseer tydens die optog nie,” het hy bygevoeg. Die polisie het twee skokgranate afgevuur om die groep onder beheer te kry nadat hulle aan die hekke van die kantore begin ruk het, maar daar is nie rubberkoeëls op die betogers gevuur soos vroeër berig is nie.

Jacobs sowel as Johannes Froneman, woordvoerder vir Kgwadi, het bevestig dat gister se optog nie enige direkte uitwerking op die dag-tot-dag verrigtinge van die Potchefstroom-kampus van die NWU gehad het nie. “Geen student se veiligheid was in gedrang nie. As ʼn student nie toevallig verbygestap het na van die koshuise wat op die oud-Potchefstroomse onderwyskollege kampus is nie, sou hulle nie eers geweet het dat iets gebeur het nie,” het Froneman gesê.

In die betogers se memorandum het hulle onder meer geëis dat die NWU-raad onmiddellik ontbind, dat Engels hoofonderrigmedium van die universiteit moet word, dat prof. Herman van Schalkwyk, die Potchefstroom-kampus se rektor, geskors moet word en dat die forensiese verslag oor die R10-miljoen skenking van die NWU beskikbaar gestel moet word.

Jacobs het bevestig dat die visekanselier mettertyd terugvoer oor die eise in die memorandum sou gee. “Die groep se eise sal deur die bestuur hanteer word en onder die aandag van die raad gebring word, maar hierdie eise is niks nuuts nie. Die kwessie rondom die universiteit se taalbeleid en transformasie is aspekte wat reeds met die strategieproses onder hersiening is.”

Froneman, wat deur die groep betogers uitgejou is tydens die oorhandiging van die memorandum, sê die ervaring was onaangenaam en dat die optoggangers oor-emosioneel was, maar Kgwadi het die groep wel toegelaat om hulle eise op die trappe van die kantoor te maak. “Dit was teleurstellend, en hulle het nie hoflik tenoor die visekanselier opgetree nie, maar vryheid van spraak is nie altyd ʼn aangename ding nie,” het Froneman gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Pukke op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bruno Stef ·

Het die wereld te warm geword vir Froneman op die forum daarom die apologetiese verklaring van Louis Jacobs om gemoedere te kalmeer.Ek sien die kommentare word weer links en regs verwyder maar as die skoen julle pas trek hom aan moet nie met ons kinders se toekoms dobbel om die afstand van een gebou na n ander een te vergelyk en as gevolg daarvan te besluit of dit gevaarlik is al dan nie.

Zach Coetzee ·

Is dit wat die aard van ‘transformasie’ gaan wees? Is ditwat Prof Kgwadi vir Puk in vooruitsig het. Hoe is die aksies en die op Stellenbosch so kronologies gekoordineer? Duidelik georkestreer. Vanwaar? – sekerlik polities. Soos die unitere plan. Ook om saam te val met Raad se oorweging van nuwe strategie – gee impetus aan Prof Dan se ‘amper in werking’- plan – of is dit reeds in werking? Geen skade?? Veel erger as onskuldige studentepret van Eerstejaars. Gaan die getransformeerde Puk die inisiasie rituele van jonges (soos Tafelberg) moet akkommodeer? Wat van die sterfgevalle tydens inisiasie? Is dit nie veel erger as enige Puk aksie nie? Sal die belhamels en wildes van ander kampusse juis toegang en seggenskap op Poth. Kampus kry as dit uniter word?

chris ·

Bruno.
Ja jy is reg of hy het sopas agtergekom sy braso is klaar,soek seker nuwe botteltjie!!

Anneke ·

Die “groep” moet geskors word. As jy n kind kan skors oor n saluut , kan jy kind skors omdat hy homself so swak gedra dat n skokgranaat sy rigting ingestuur moet word! Die ander studente se veiligheid was in gedrang.As hierdie studente nie geskors word nie stuur dit n negatiewe boodskap dat nie almal regverdig behandel word op die PUK nie en dat sekere groepe voorkeur behandeling geniet.

Anon ·

Die lewens en gerigtinge van die studente was ontwrig. Ek het op kampus vasgesit. Alle onderwys studente is geraak. Rubberkoeëls was gevuur op die skare. Ek was daar.

iemand ·

Ek dink so bietjie na n jaar terug toe ons PUK studente n optog gehou het vir afrikaans, hoe ons by die een het bymekaar gekom het, gesels het, opgevang het en toe gekyk het hoe doe polisie n groep EFF mense moesvra om te loop toe hul die optog wou onderbreuk. Ons optog het begin op tyd (tydens ons ete uur) en ons het gestap, mense het gewaai, gelag en gesing, mense by die teologie gebou het uitgekom om te kyk en ons het almal voor die selfde hek gekom waar hul met ons gepraat het (dit was vertaal in Engels en Setwana (spelling? ) as ek dit nie mis het nie, en s3lfs my gebare taal dosent het dit vertaal in SASL), ons het still gebly en geluister na wat almal se, so nou em dan het n passievolle mans koshuis groepie geskree oor een of amder ding, en uiteindelik toe die memorandum oorhandig is en Dan sy se gese het het ons vreedsaam uit mekaar gestap en terug klas toe gegaan, ek onthou selfs studente wat papiere op getel het en gepraat het oor ons awesome kampus wat selfs voorsiening maak vor Dowes. Ekt gedink wow, prof Dan is nie so bad nie, hy gaan kyk na Afrikaans.

en nou n jaar later sit ons met doe gemors. Kyk net na die verskil in maniere hoe ons goed hanteer, em soos alles maar gaan, gaan hul hul son kry… ongelukkig werk vreedsame optogte nie, anders sou ons al die jaar meer duidelikheid en versekering vir ons taal by die PUK gehad het.

dit maak my hardseer om te sien wat hul aan ons kampus se beeld doen, wat hul doen aan ons persepsies van mekaar…

Gwen ·

Wag maar. Froneman gaan binnekort hier kommentaar lewer dan sien julle hoe gou verwyder Maroela almal se geldige kommentaar. Die DA se woord is mos wet.

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela Media het deesdae die manier om kommentaar ruim te verwyder. Wat gaan agter die skerms aan ?

Maxie ·

Dit is hoekom ek en n paar van my vriende ons maandelikse bydraes gekanselleer het. Geen vryheid van spraak

Gert ·

Ons het onlangs na New Zealand getrek en ek moet sê hierso stel hulle nie enige NWU vaal of mafikeng mense sommer aan nie, maar sê die puk studente is aanstelbaar omdat hulle beter maniere het, hulle werk hard en hulle Engels is beter as die ander kampusse se studente s’n. Weet nie hoe lank PUK se internasionale akkreditasie gaan hou as hulle deur “natuurlike transformasie” gaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.