MiWay-baas sê jammer oor omstrede twiet

René Otto, MiWay se uitvoerende hoof (Foto: MiWay)

René Otto, die uitvoerende hoof van MiWay, het om verskoning gevra vir ʼn omstrede twiet wat talle sosialemediagebruikers, en veral Afrikaanssprekendes, warm onder die kraag gelaat het.

Otto se twiet op 9 Augustus het verwys na die boek Die seuns van Bird Island, ʼn boek wat self onlangs wyd opslae veroorsaak het. In die twiet sê Otto dié boek is ʼn moet-lees vir wit Suid-Afrikaners, “veral Afrikaners wat glo hulle is God se verkose volk, wat steeds in ontkenning is oor die verwoesting van die Apartheidsera”. Otto sê verder die boek het hom platgeslaan. “Wat leer ons hieruit en kan ons dit ooit regstel?”

Otto se twiet is met ʼn stortvloed kritiek begroet. Talle mense het hom oor die kole gehaal en onder meer aangevoer dit is onregverdig dat alle Afrikaners nou blameer word vir enkele individue se beweerde oortredings, dat Otto ʼn blinde oog draai vir die huidige regering se mislukkings en dat die bewerings in die Bird Island-boek nie bewys is nie. Verskeie mense het ook gesê hulle sal hul versekeringsdekking by MiWay kanselleer in protes teen Otto se uitlatings.

Otto het enkele dae later in nog ʼn twiet om verskoning gevra vir sy woorde. Hy het erken hy kon die oorspronklike twiet “beter bewoord het” en het gesê hy wou bloot die boek vir alle Suid-Afrikaners aanbeveel. Hy het ook reageer op individue se reaksies op sy twiet en om verskoning gevra.

Nadat die storm om Otto se kop klaarblyklik nie gaan lê het nie, het hy Sondag ʼn formele verklaring oor die aangeleentheid uitgereik. In die verklaring beklemtoon hy dat hy die plasing in sy persoonlike hoedanigheid getwiet het en dat dit nie die sienings van MiWay reflekteer nie.

“My bedoeling met die twiet, hoewel uitlokkend, was nie om enige persoon of kultuur skade te berokken nie, maar om die lees van die boek aan te moedig en alle Suid-Afrikaners, veral Afrikaanssprekendes (wat myself insluit), uit te daag om te debatteer oor hul rol in nasiebou,” lui die verklaring.

“In retrospek het ek klaaglik misluk. Ek het van omstrede bewoording gebruik gemaak wat Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners beledig en seergemaak het. Toe ek bewus geword het van die aanstoot wat ek veroorsaak het, het ek ʼn onvoorwaardelike verskoning op Twitter gepubliseer. Ek wil die verskoning weer hier herhaal. Ek neem ten volle verantwoordelikheid vir my optrede. Ek moes van beter geweet het. Dit is nie in my aard om kwetsend of aanstootlik te wees nie, tog is die reaksie op die twiet ʼn aanduiding dat die plasing mense wel aanstoot gegee en seergemaak het. Ek kan net myself hiervoor blameer.”

miway-twiet

Otto se omstrede twiet. Foto: Verskaf.

Otto het gesê baie van die afleidings en interpretasies wat later uit die twiet gemaak is, is onregverdig en onwaar. “Ek wil dit duidelik stel dat ek nie Afrikaners haat nie en ook nooit so gesê het nie. Ek glo nie alle Afrikaners of Suid-Afrikaners is sleg nie en het ook nooit so gesê nie. Ek het ook nooit geïmpliseer dat Afrikaners pedofiele of moordenaars is nie,” het hy gesê.

“Inteendeel, ek ag die oorgrote meerderheid van Afrikaners as eerbare, hardwerkende mense wat op verskeie maniere ʼn massiewe bydrae tot hierdie land maak.”

Hy het bygevoeg dat hy wel meen daar is ruimte vir opbouende debatvoering oor die rol wat alle Suid-Afrikaners kan speel om by te dra tot nasiebou. Hy het gesê hy glo dat indien Suid-Afrikaners versuim om suksesvolle nasiebou te bewerkstellig, sal dit tot almal se nadeel wees.

“Hierdie ervaring het my ʼn baie harde les geleer. Ek sal daaruit leer en groei en hopelik ʼn beter mens wees as gevolg daarvan.”

Die seuns van Bird Island beweer dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was. Volgens die boek was genl. Magnus Malan, ʼn voormalige minister van verdediging, sowel as John Wiley, ʼn voormalige minister van omgewingsake, en ʼn derde minister wat nog leef en wie se naam op regsadvies weerhou word, glo by die oortredings betrokke, maar is polisie-ondersoeke na die bewerings destyds in die kiem gesmoor.

Mark Minnie, een van die skrywers van die boek, is verlede week dood op ʼn kleinhoewe buite Port Elizabeth aangetref. Hy het glo sy eie lewe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

163 Kommentare

Gat Gegrawe ·

Sorry – ou – jy het nou vir jouself ‘n gat gegrawe. Sommer so by jouself.

Henry ·

En nogals van die ” ceo” !!!!!!!!so watter soort besigheids etiek het sy maatskappy nie …dan kan ons ook die gevolgtrekking maak (Jumping to conclusions ) dat hulle by MIWAY nie die publiek se sake goed ondersoek en hanteer nie…En jammer ek aanvaar nie daai deel waar hy sê die tweets was in sy eie persoonlike hoedanigheid gemaak nie….Skoenmaker hou jou by jou leuse. Jy wou dit tweet ” YOUR WAY” nou kry vir jou ou bul!!

Sjoe ·

Sjoe vir n man in so hoe pos werklik sommer n ongetoetste skrywe glo en dan gaan veralgemeen, onglobaar. Die ou gesegde van “Sorry don’t stop the pain” geld hier, ons kan nie net goed kwytraak en dan sorry sê nie, dit vat nie jou bedoelings weg nie.

Henry ·

Ek weet nie van watter Henry’s jy is nie, maar ek stem saam dat Otto op sy baaisiekkil loop klim en saam met Miway, die pad vat…vêêêr weg.
Hy moet tog nie verder tyd mors met askies-sê stories nie. Sallie werkie.
Laat die Afrikaanse geld praat!!!
:-)

Marinda ·

Nee wat,,,.Mi-way moet my nie eers weer bel nie…..ek raak mooi gat vol vir die alewige “apartheid” liedjie…alles maar net mooi alles wat in die land verkeerd gaan kry die blaam vir apartheid….hoeveel jare is dit wat ons terug gestaan het…. elke woordjie uit ‘n pen of mond kan baie skade berokken…ek is ‘n baie hartseer Suid Afrikaner wat elke dag wens ek het ‘n towerstaf gehad ….nee wat Mnr Otto…mens kan nie terug vat wat gesê is nie..

Laurika ·

Hoe nou meneer Renè? Hoekom moet ek verantwoordelikheid neem of jammer sê vir iets waarmee ek niks te doen gehad het nie? Omdat ek ‘n blanke Afrikaner is? Ek dink NIE so nie. Ek hoop MiWay voel die volle finansiele impak van hierdie man se woorde.

Piet ·

Nou dat dit by die geld kom nou word n ander deuntjie geflyt?

Elsa ·

Ja Piet. Hoop hy word afgedank. Dan kan hy ook byvoeg: fluit fluit my stories is uit. Nou René, hoe was jy so benadeel voor 1994 dat jy só n pos kon losslaan?

Hy wat gedurig terug kyk, kan nie aan beweeg nie.

Ai ·

Mnr Otto, ek stem nie saam met wat in daardie jare gebeur het nie of dit waar is of nie. Dit gaan in teen my grein. Maar jy is so openlik, stem jy saam met wat in hierdie land nou gebeur. Dis hartseer!!!!!!!!!!!

"ore" ·

so honderde mense moet hul werke verloor as Mi-way vou, oor een man wie se kwaad in sy spies lê, nie kon dink voordat hy sy opinie gelig het nie. Mnr Otto, ek lees ook die boek, glo my dit laat my baie dinge voel, kwaad beslis een, maar ek blameer nie ‘n nasie vir wat ek lees nie, ek blameer die wat dit gedoen het, vir hulle dade. Die waarheid kan hier op aarde weerhou word, maar eendag as daardie mense moet rekenskap gee, gaan nie my of jou mond getuig vir n volk nie. Jy was verkeerd ek hoop jy skaam jou. Mi-Way was nie verkeerd nie.

Tiaan ·

Mi-Way sal nie vou as gevolg hiervan nie, daar is genoeg mense van ander kultuur groepe en politiese oortuigings wat hulle ondersteun. Dit is wel sleg dat die Afrikaner die slaansak geraak het vir elke jan rap en sy maat wat ‘n eier te le het.

Celtis Africana ·

Mnr. Otto, synde jy so meegevoer is deur die onthullings in die boek, tot dusver ongetoets, stel ek voor jy gaan lees die Bybel synde die sydelingse steek na Chistenskap van die Afrikaner nie ongesiens verbygaan het nie.
Ek is nie oortuig dat jou verskoning opregte berou reflekteer nie vanweë jou posisie in die maatskappy.
Stel nou vir n voorbeeld vir restitusie en skenk n stewige bedrag vir Akademia.
Ja, ek aanvaar jou verskoning. Née, ek gaan nie besigheid met julle doen nie.
Mev. Van der Merwe, wat vir my Engels gegee het meer as 40 jaar gelede, het ons geleer:
” Prevention is better than cure.”

Johan ·

Te laat vir verskonings. Waarvan die hart vol is….
Ek het my premies gekanselleer.

Noelene ·

Mnr Otto laat dit klink asof nèt Afrikaans-sprekendes die skuld moet dra vir Apartheid, so asof geen Engelssprekende persoon daauit bevoordeel was of stemreg gehad het in daardie jare nie.

Liezl ·

Die britte het veel erger dinge aangevang hier in ons land. Gaan lees maar die geskiedenis….plase afgevat en mense van hul plase gesit om huisvesting te gee vir hulle perde en hulle mense.

Breytenbach ·

Ja dis presies hoe die Engelse dit sien. Hulle was onskuldig veral aan kolonisasie en al die verdrukkende maatreels en oorlog wat hulle na die land gebring het. Mnr Otto jou verskoning is slegs daarop gemik om die skade wat jy veroorsaak het te beperk. ‘n Man in jou posisie moet 2 keer dink voor jy onderwerpe met politiese strekking op Twitter kwytraak. Gaan werk dan eerder vir ‘n politieke party wat jou siening kan akkommodeer.
Ek is bevrees julle besigheid sal gou besef dat sensitiwiteit aan die dag gele moet word met ‘n diverse klientebasis. Geluk met jou volgende loopbaan.

JSG ·

Inteendeel, die Britte het die apartheids idee in SA begin. Tot en met Paul Kruger se tyd het ons land nie apartheid geken. Gaan doen ‘n bietjie navorsing. Ons wetstelsel en parliament was op die van die Britte gebaseer. Hou meer van die woord afsonderlike ontwikkeling en die hele idee was om die Afrikane kans te gee om op hulle eie manier te ontwikkel in samewerking met die SA regering en dan later by SA in te skakel. Danksy die ANC het dit geflop.

Andre ·

Daars tye wat jy eerder moet stil bly meneer en jou opinie vir jouself hou. Hierdie uitlating gaan jou baie duur kos!!!!

Anti Afbreek ·

So hierdie Otto klap sy kliente deur die gesig – en dink dat hulle nog sy kliente sal bly?
Dit is nie meer ‘in’ om ons as Afrikaners die heeltyd af te breek nie – jy het vandag gekom waar is deur Afrikanerskap geskiednis.
Beste wat jy kan doen dis om in die openbaar te bevestig dat jy afstaan van jou Afrikanerskap – want ons weet mos nou waarvoor jy staan. En dit is defnitief nie Afrikanerskap of Afrikaans nie.
Kan nie wag om dit te hoor nie.

Kasper ·

As ek so na sy foto kyk , lyk hy nie baie jonk nie, dus moes hy ook groot geword het in die apartheidsjare. So dan moes hy ook voordeel uit daai era getrek het. Nou skielik braak hy gal, wat ‘n huigelaar.

Alet ·

Kasper, ek stem saam!!! Waar kom hy nou eweskielik vandaan? Geslaap???

Rudi Raaths ·

Met sy kommentaar verbind hy homself en sy voorsate aan gruwelike wandade teen die mensdom. N mens voel nie skuldig as daar nie n rede is nie. Wat le in jou verlede waaroor jy so skuldig voel, Mnr Otto?

Amelda Ferreira ·

Jammer meneertjie, sorry kom te laat. Hoop MiWay raak ontslae van jou want jy is ‘n “afbreker”!!!!

Snowball ·

Woorde gesê, is soos vere wat uit ‘n kussing geskud word, as dit eers uit is, kan jy hulle nooit weer terugsit nie…

Eugene ·

En ek is juis nou besig om nuwe veresekering te soek. Tsk, tsk, tsk….. Ek, my kinders en hulle het NIKS met die verlede uit te waai nie. Wat laat die geagte heer dink dat ek uitverkore voel? Nou sien ek ook dat MiWay onderskryf word deur Santam? So, Santam (tradisionele en ou Afrikaanse maatskappy) is goed genoeg om die man se salaris te betaal/ Neewat, hou maar verby.

Ansie ·

Ek hoop MiWay pos hom. Besef mense NOU nog nie dat openbare media NIE die plek is vir persoonlike menings nie? Hoeveel mense moet nog in die tronk beland oor hulle ? Die howe is oorvol en kan nie eers die werklik kriminele sake verhoor nie. Ongelukkig is dit deur die hele Afrikaner geskiedenis bewys dat ons maar skuldig is vir alles wat in hierdie land verkeerd gaan. Kom ons hou ons koppe hoog en vertrou op God om ons deur hierdie storms ook te lei.

liz ·

Wel my ou mater, nou is ons wit, afrikaner geld ook nie meer goed genoeg nie, sorry vir jou.

willie ·

Neewat gedane sake het geen keer nie, doen die regte ding en bedank! Nou dat dit julle besigheid negatief beinvloed nou vra jy om verskoning, dit beteken nie dat jy van opinie verander het nie! ta ta!!

Nico Stofberg ·

Mnr Otto, net soos al die spul liberales wat allewig dink deur die blanke Afrikaner in hierdie land (waarsonder SA nêrens sal wees nie) die skuld vir alles te gee, gaan jou die ANC se witbroodjie maak. Jy is in vir groot surprise meneer, hulle soek jou of jou besigheid nie hier nie. Dink weer voor jy jou mede volksgenote probeer verneder.

Celtis Africana ·

“Never was so much owed by so many to so few.”
Winston Churchill 20 August 1940.
Nog net soveel trefkrag presies 78 jaar later.

Ria ·

Mnr Otto, as afrikaner aanvaar ek jou verskoning…Hoeveel keer moet hy dit nog doen?…Ria.

Opregtheid ·

Sy verskoning dra nie kredietwaardigheid want daar kort ‘n paar elemente wat dit ‘n OPREG bedoelde verskoning maak. (As daar eers ‘n ge-impliseerde ‘maar’ uitkom val dit klaar plat.)
Laat jou sesde sintuig jou voel dat dit eerlik bedoel is?
As jy die heer se Twitter tydslyn lees sal jy ‘n beter prentjie vorm met wie ons te make het, en hoe hy dink.

Nee Ria ·

SOVEEL Keer soos MOMBERG en toe stuur hulle haar STEEDS tronk toe. Is dit nie vreemd dat sekere ouens net om VERSKONING kan vra soos die student wat alle wittes met Bazoekas wou vermoor maar Momberg kry boete en tronkstraf nie? Nou verwag jy dat Otto net hierdie flou verskoning opdis wat sy werkgewer tien teen een hom GEDWING ht om te doen? Neewat dit is geen regte verskoning nie, hy het PRESIES geweet wat hy se in sy Tweet.

Alet ·

Jammer Ria – daai saaidjie is klaar gesaai!!! En jy kan verseker wees daardie saaidjie is aangegryp en hy is seker nou al so groot soos Jan se boontjierank!

TP ·

Wat het van die kommentator ‘Oom Kalahari’ geword? Ek mis sy insette.

bren ·

En nou hoor mens nie meer n ding nie; alles is tjoepstil! Net nog aanvalle soos bogenoemdes.

Mellivora ·

Tata MiWay – sal NOOIT weer besigheid met julle doen nie!

Anoniem ·

Otto – Ek beplan glad nie om die boek te lees nie. Kan nie verstaan waarom mense alles glo wat in boeke en koerante gepubliseer word nie!!!!
Ek glo dat Magnus onskuldig is.
Sal nooit miway versekering uitneem of vir kwotasies vra nie, dankie. Totsiens mi-way!

JSG ·

@luca. Bring die konkrete bewyse, dan glo ek dalk die storie.

LouE ·

Ek het ongelukkig nie ‘n Mi-Way polis nie. Ek is lus en gaan neem een uit sodat ek dit ook kan kanselleer. Hy sê nou hy het dit nie so bedoel nie, maar in die oorspronklike boodskap lê sy haat vlak.

laspos ·

Kan julle agente asb minder Afrikaans sprekendes skakel ons stel nie belang in MI-Way
neem asb die HI-Way en verdwyn

What a joke! ·

Nou van watter oorsprong is jy nou eintlik Mnr die geagte die uwe Mnr otto dat jy dink jy is so spesiaal so verhewe bo ander blankes dat jy sommer die reg in eie hande neem ne!!! Iemand wat homself so hoog ag dat hy dink hy kan alle Afrikaners insluitend my onder dieselfde kam te skeer as daai storieboek karakters van jou wat jou klein gebreinspoelde
Koppie so op hol het huh? Jy is n regte mallema protoge wat Afrikaners om elke hoek sleg praat en niks verantoordelikheid vir sy eie dwase woorde wil vat nie!!! Wil net vir jou een ding se daar is n groot berg hul noem hom die Magaliesberg gaan loop van hom af toe….

pieter ·

OTTO,SE NET JY VERSTAAN ENGELS NIE MOOI NIE,DAN IS JY VERGEWE.

Mielie ·

Baie duidelik val die man blanke Afr sprekendes aan. Sê niks oor die twee blanke engelsprekende mans nie, nie n woord nie. Hy wou duidelik n punt maak en het dit ook gedoen. Chris Hart en baie ander het in hul persoonlike kapasiteit dinge kwyt geraak, wat hul maatskappy in gedrang gebring het en het sodoende hul werk verloor. Dit gaan my verstand te bowe dat mense sulke goed kwyt raak op sosiale media. Bly hulle nie op hoogte van wat die gevolge kan wees nie? Dankbaar dat ek nog nooit n klient van of hulle of Santam was nie.

Ben ·

Stem saam Mielie, dan is hy nog ‘n CEO van ‘n Maatskap nogaal. Ek kry ‘n gevoel Santam soek ‘n verskoning om MiWay toe te maak daarom die onwyse uitlating van ‘n CEO. ‘n Werklike CEO sou nie so onwys wees nie. ……..

Vonkprop ·

Wat ek nooit van ons mensdom sal verstaan nie is dat nadat hulle iets gesê het, en meestal oor sosiale media, en hulle kom in die moeilikheid dan is hulle vinnig om te sê dit is nie wat hulle bedoel het nie en dan sê hulle wat hulle “eintlik wou sê”. Nou hoekom het jy nie in die eerste plek die gesê wat jy eintlik WOU en gedink voor jy getik het nie? Ek kan verstaan as jy per ongeluk iets verkeerd sê as jy praat maar as jy iets tik of skryf het jy tyd om te dink wat jy wil sê en dan word die regte woorde altyd as ‘n flou verskoning opgedis!!!??? Die woorde is in die twiet hoe kan hy nog stry dis nie wat hy gesê het nie. Ek is nou so kwaad ek neem sommer ‘n MiWay polis uit………en kanselleer hom ontmiddelik.

Johann ·

Mense in SA is baie roekeloos met wat hulle se. Nie net in die geval nie.
Ek wonder net wanneer gaan iemand se, “Genoeg is genoeg”

Irene ·

So moeg om altyd te hoor van apartheid jare beweeg asb vorentoe

Ben ·

Steem saam Irene, hierdie apartheids gebruikers besef nie eers dat meeste van die huidige Afrikaans sprekendes gebore was NADAT apartheid tot stand gekom het nie. Nie een van ons kon iets daaraan doen of het iets daarmee te doen gehad nie. Dit is net so goed soos dat ons vir prince HARRY van die UK nou verantwoordelik hou vir die massamoord van vouens en kinders in die konsentrasie kampe in Suid Afrika. Prinse Harry is eers na die tyd gebore? Apartheid is boonop ‘n konsep – die werklike probleem was ‘n Politieke party – Nasionale Party – wat uit “Mason” ens bestaan het. Bla bla bla….

My mening ·

Ja, regtig, Tot wanneer gaan apartheid nog die skuld vir alles kry? Dis so goed ons blameer nog die Duitsers vir wat Adolf Hitler gedoen het en haat hulle en probeer hulle uitmoor daaroor, of wat die Amerikaners aan die Indiane gedoen het, of die Austaliers aan die inheemse volk, en, en, en. Apartheid is deel van ons land se geskiedenis, dalk nie ‘n baie mooi deel nie, maar niks wat enigiemand nou doen, kan dit laat verdwyn nie. Probeer eerder daaruit leer as om dit heeltyd by te sleep en te blameer vir alles. En dit geld veral vir die regering en die politici wat geen verantwoordelikheid vir hul eie verroting wil aanvaar nie en rassehaat aanwakker vir eie gewin.

Theresa ·

Ek weet darem nie so mooi nie – the words white and Afrikaner words were choosen in the communication – so how can it be said that it was not meant to injure either or.
Nee wat. Vermoedelik nie gedink dit gaan so wyd gelees word nie?? Die angel van seermaak breek soms af.

johannes ·

Jammer rene.
In die eerste plek is dit vir my onaanvaarbaar dat jy my as n “white saffas” aanspreek.
Tweedens is jy die laaste persoon wat vir my kan aanbeveel watse boek ek moet lees.
Derdens demonstreer jou gevolgtrekking (as uitvoerende hoof…) op grond van ongestaafde beweringe duidelik die mentaliteit binne myway en hoe besluite daar geneem word.
Dit stem 100% ooreen met my persoonlike ervaring in 2014 met myway, en bevestig net weereens my besluit om weg te bly van myway af.

Eerder “No Way” as myway.

Adam ·

Mnr Otto, jou versugting om ‘n debat te ontlok, val vreemd op. ‘n Debat oor wat??

Boxer ·

” You did it your way” nou is al jou kliente ” on their way”.

Isa ·

Stel ne belang om ‘n boek te lees wat net op hoor se gebasseer is nie, dit is ‘n skande dat die boek ooit die lig gesien het geskoei op leuns.

A3 ·

ek vertrou dat u beter kennis van versekering het as van politiek/landsake , anders gaan baie kliente met die verkeerde “Miway” versekering opgeskeep sit.

Deport ·

Almal hakkel nogsteeds oor die skade van apartheid, terwyl die saak van apartheid daardie tyd al voor die VN gebring is en hulle bevind het dat apartheid nie die menswaardigeheid van die ander volk skend nie, en dat dit inteendeel baie goed kan wees vir hulle.

Lerato ·

Delport

Watter geskiedenis boek het jy gelees?

Die geskiedenis boek wat ek gelees het sê. Die VN het bevind dat apartheid n skending was van menseregte.

Gertryda ·

Nog n “puppet on a string” van die meerderheid. Sugar coat hul maar

Careltjie ·

Ai, Miway dink nog steeds “my way”. Kan mens so stiksinnig wees dat jy die hand wegklap wat jou voer.

Hein ·

Meneer; Jy moet jou maar eerder by die versekeringswese hou en nie in die politiek betrokke raak nie. Ek dink jy is ‘n verleentheid vir jou aandeelhouers.

WILLIE ·

MNR OTTO JY KRAAK ONS AF NEE JY BELEDIG ONS DAN WIL JY VIR ONS SE JY WOU NET DIE BOEK VIR ONS AANBEVEEL LAGWEKKEND EK SAL MORE MY POLIS NR HIER PUBLISEER OM JOU TE WYS EK HET AL 4 MY MOTORS EN MY HUIS INHOUD BY JULLE GEKANSELLEER GENIET JOU DAG

Laurika ·

Mooi so Willie – laat hulle sakke die volle impak voel van hierdie man se snert.

Trots Afrikaans ·

My lys van besighede wat ek nie meer ondersteun nie raak nou lank:
Spur
DSTV
Castle
MiWay

Aan die ander kant gaan ek uit my pad uit om produkte wat Afrikaans op die etiket of pakkie het te koop.

GP ·

Hou baie van lees maar daardie boek sal en nie koop of lees nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

Praat met ons Afrikaners en Afrikaans-spekendes oor nasiebou??? Duidelik het jy die verkeerde deeltjie van SA se bevolking beet. Ons sal nasiebou met ope arms verwelkom het, maar ongelukkig het dit ontaard in moor, dood en elke dag se betogings. Kyk eerder waar die nasiebou platgeval het, en gaan mik op hulle. Miway sal nooit ooit my steun kry nie.

Hans ·

Het nog nie enigeiets op Sabc gesien nie oor mnr otto se opmerkings nie? Maar die Sabc nuusberigte en Fokus is nie objektief nie.

Chris ·

Mnr Otto ek dink jy het nou n te groot hap gevat wat jy nie kan hanteer nie. Ons hou die pers dop en kyk hoe jy en jou maaskappy gly all the way . Kom ons kyk hoe vinnig vat miway kliente hulle way weg van jou maatskappy. Volgens jou is die afrikaner niks maar net sy geld goed genoeg. Gelukkig het ek nog nooi belang gestel in enige van jou produkte nie en sal ook nie na dese nie.

Mickey ·

Diep binne my wens ek ek was een van God se verkose kinders maar ek is is nie. Ek is ook net n heidin wat God met my hele hart lief het. (Is die Jode nie God se verkose volk nie?). Sies, mnr Otto tewyl ons wit Afrikaanse mense bekommerd is oor hoe die land uitmekaar val en orals probeer vure doodslaan en probeer red wat amper nie meer te redde is nie bv Vaalrivier en ons skole ens sal daar wraggies mense soos jy wees wat alewig apartheid moet opbring en beklemtoon hoe sleg die witmens was en is. Wel ek stem geensin saam met jou nie ons land het wonderlike mense wat sout van die aarde is wat nooit raakgesien word nie!!! Bekommer jou eerder oor wat op die oomblik aangaan. Apartheid is mos nou jare terug al verby.

Piet Pille ·

Ek dink die mnr otto is definitief ook ‘n anc kader. Sy way moet hy maar vat, want no-way sal ek hulle ooit konsidereer nie.So ‘n bestuuder war nie kan dink voor hy praat…… Staan saam mens en laat hom voel!

Derick ·

Dankie René ……. ek sien die tyd het gekom om my miway polis te kanselleer …..

KanekVra? ·

Mnr Otto as mense in ‘n junior posisie sulke snert op sosiale media kwytraak word hulle baie keer ” gefire “. Jou verskoning beteken niks. Jou vuil onder rok hang uit.

Nel ·

Mnr Otto vee maar daai grynslag van jou bakkies af – onthou wie laaste lag, lag die lekkerste. Jy mag net dalkies jou woordenog sluk. En gaan koop gerus leesstof van ‘n opbouende aard soos Prof. Herman Giliomee se onlangse boek, Die Afrikaners. Dalk kry jy ‘n bietjie insig.

Marius ·

Mnr Otto dit is die Afrikaans sprekende verbruiker wat MiWay bestaansreg gee. Ek hoop dat jy terwyl jy so teleurgesteld is in jou betalende gehoor jy die genot ervaar van kwynende syfers. Ons praat nie die onreg van die verlede goed nie, maar jy maak ‘n baie wye stellings wat jou lojale lede erg kwets. Ons is so polities korrek dat ons nie bereid is om die vooruitgang raak te sien nie. Jy het moeite gedoen om jou misnoë op sosiale media uit te blaker en vir almal jou sentimente te wys – nou moet jy man genoeg wees om pa te staan vir die gemors wat jy veroorsaak het. Taai tye

Wonder maar net ·

Heeltemal n ander Mnr Otto as die een in die Mondli saak…. of is hy net vol verwyt asb dit by die Afrikaner kom? Ek het lankal my MiWay polis gekanseleer, stel nie belang in MiWay of Santam solank die dubbele standaarde vol van homself Otto daar is nie.

Willie ·

Mnr Otto, jy verstaan nie die krag van sosiale media as hierdie White Saffas jou kop eis nie.
Hoop jy kry ‘n (not so golden) handshake.

Breytenbach ·

Waar kom die idee van ‘n uitverkore volk vandaan? Dis net nog ‘n wanvoorstelling om ons mee by te kom? Mnr Otto die meeste van ons het reeds gedurende die oorgang in 1994 ons sienings en houdings getransformeer en aangepas. Baie van ons is gereeld betrokke by deelname aan projekte om gemeenskappe te help ophef of te help integreer op vlakke wat relevant is. Ons gaan onsself definitief nie uitrangeer of in ‘n hopie sit en verval weens ‘n skuldgevoel oor ons minder goeie apartheidsverlede nie, ons hou ons besig met positiewe bydraes tot die samelewing. Ons erken diversiteit en het nie nodig om mense te tipeer of af te knou nie. Om ons almal gelyk te stel aan verkragters, pedofiele of diewe maak ons net meer vasberade om die teendeel te bewys.

Frank ·

Ek aanvaar jou verskoning, dit is eerbaar van jou.
Ongelukkig het ek reeds my versekering van jou maatskappy weggeskuif…

Afrikaanse Knaap ·

“Jammer, maar”. Dis nooit ‘n goeie verskoning nie, maar ‘n begin. Ek aanvaar dit.
‘n Uitvoerende Hoof moenie twiet nie, punt. Veral nie sy persoonlike opinie nie.
Nie eers Mr Trump kom daarmee wer nie.

bgj van der westhuizen ·

beledig ons en vra dan verskoning om dat h y gesien het hulle gaan geld verloor hou jou verskoning

Boy ·

Die idioom se. Daar is n vlieg in die salf. Spreekwoordelik is die hele botteltjie salf dus verderf. My- way wat n filliaal van Santam is , het dus nou die houding van al die ceo”s in die versekerings reus geopenbaar. Graag verneem ek van Santam wat hul houding gaan wees en kommentaar van hul Ceo. Anders stel ek voor dat ons maar vir Santam ook moet groet. Vir Seker. Wat goed is vir die een is goed vir die ander. Draai maar die ander wang ook Santam. Dit is nie jou skuld nie , maar dit bly jou verantwoordelikheid.

toy ·

MNR OTTO jy het sopas die brug gebrand by so baaaie afrikaners. Ons familie sal nie van Miway gebruik maak nie.

Piet Pompies ·

Uit René se twiet kan jy in sy sinsbou sien dat hy neerhalend na wit Suid Afrikaners verwys, God se uitverkore volk. Nie net praat hy neerhalend teenoor ons as wit Suid Afrikaners maar ook teenoor God, hy is lasterlik teenoor God. Ek as Suid Afrikaner wil my ook nie vereenseldig met MiWay aangesien René neerhalend is teenoor wit mense in sy privaat hoedanigheid en dit is sekerlik dieselfde in sy uitvoering van pligte by MiWay. Die naam moet nou verander van MiWay na HiWay……

VLIEG ·

NEE OU MAAT dit werk nie vir WITTES om net jammer te se nie .. jy het GEWEET wat jy gese het . voordat mens SEND druk weet jy PRESIES wat jy gese het .. ten minste weet ons nou wat jy dink van ons .. dis doodreg so . ek hou geen wrok teen jou nie, ek sal net NOOIT weer iets van jou of die maatskappy wat jy verteenwoordig dink of ondersteun nie.

Jurie ·

Jammer mnr Otto dit is my keuse of ek jou versioning aanvaar al dan nie,ek verkies om dit nie te aanvaar
Die Uwe
Jurie Zwiegelaar.

Liezl ·

Ag nee mnr Otto maaaaan!! Mens byt mos nou nie die hand wat jou voed nie maaan!! Ai, en nou kry jy die wind van voor omdat jy ook polities “korrek” wil wees…. Kry vir jou!

Val maar ·

Dan is dit maar so . dan moet SANTAM ook al iets gese het maar hulle is doodstil oor hulle MIWAY MANNETJIE .ek is jammer as die EFF hierdie man in die bek geruk het nadat hy iets van Zoeloes of Xhosas gese het was hy reeds afgedank en in die tronk .. hy kom te LIG af omdat hy iets van AFRIKANERS gese het . POS HOM .. en as die aandele prys moet val dan moet dit maar ..

LHS ·

Hou op lieg en verskonings wil maak, dit wat jy geskryf het is presies hoe jy is. Moet nou nie probeer om die maatskappy se naam te wil beskerm nie, wees nou n man en staan by dit wat jy kwytgeraak het. Tipies.

Oudste ·

Net om duidelikheid te gee: Ek was meer as 30 jaar lank deel van die korporatiewe bedryf in SA. Ongelukkig vlieg daardie verskoning van jou dat jy dit in jou persoonlike hoedanigheid kwyt geraak het en geensins op MiWay reflekteer nie, glad nie. Jy kan nie 2 hoedens dra nie, jy is die HUB van MiWay en dit is die gesig en optrede waaraan die maatskappy gekoppel word, punt. Wanneer gaan jy leer dat jou optrede a- polities moet wees? Baie teleurgesteld en jy behoort eintlik die ware heer hier te wees, en bedank uit jou pos uit.

Lindie ·

Ek is seker hy as CEO sou personeel wat In hul “persoonlike kapasiteit” iets soort gelyk op sy/haar sosiale media kwyt geraak het ontslaan het. Soos Bv Chris Hart wat In sy “persoonlike kapasiteit” op sosiale media sy mening gegee het, wat sy werkgewer nie aangestaan het nie. Dit is ‘n twee snydende swaard! Ongeag wat gesê is, jy verteenwoordig jou werkgewer op sosiale media, al is dit in jou “privaat hoedanigheid”. My man het ‘n sosiale gedrag kode wat sy werknemer hom mee ingelig het. Sou hy teen die gedrag optree, is dit in hul reg om hom af te dank.

Viv ·

Hoop iemand vat die man na die menseregte komitee vir naamskending en leuens

sipho ·

die boek gaan oor BEWERINGS. het enige van die sogenaamde slagoffers met die skrywers self beraadslaag? na vore gekom en hulle klagte gelê? hulle was verontreg. hulle is nie meer minderjarig nie, dus kan hulle kop in lug na vore kom en sê wat aan hulle gedoen was en deur wie. geen kind behoort deur sulke trauma te gaan nie.

maar…. my miway versekering is defnitief gekanselleer

Groot Fout Gemaak ·

Wie is jou White Saffas ou?
Jy het die verkeerde perd opgesaal.
Wat jy saai sal jy maai en nou kry jy dit!
Vat dit soos ‘n man en bedank. Beste wat jy kan doen want jy het klaar jou naam weggegooi asook die naam van MiWay.
MiWay kan maar verby hou.

Willem ·

As hy hierdie teenoor swart mense kwytgeraak het, was hy nou in die tronk.

Foeitog ·

Ai mnr CEO Otto. Dit was n baie “dom brawe” uitlating van jou kant en dit om polities korrek te wees. Jy moet onthou Afrikaners word in 2 kampe gedeel nl. linkses (liberale) en regses (koloniale).
Nérens het ek nog gehoor dat n “regse” se naam gekoppel word aan hierdie skandaal van Bird Island nie. Moet dus nie almal onder dieselfde kam skeer nie, en dink voor jy praat. Die skuldiges is almal linkses, SOOS JY. Jy het dus jouself en jou mede linkses beledig. Foeitog

Ander Annie ·

Mnr Otto, daar is ‘n spreekwoord wat sê “skoenmaker hou jou by jou lees”. Ek verstaan glad en geheel nie hoekom sommige besigheidsmense altyd ‘n eier moet lê waar dit totaal onvanpas is. Jy behoort jou tyd en energie produktief aan te wend om Miway te bevorder. Die gereg moet sy gang aan in hierdie saak. Ek dink jy het vele mense baie die harnas in.

Retha ·

Geen verskoning kan dit wat gesê is terug trek nie. Daarom moet jy te alle tye ‘n wag voor jou mond (vingers) plaas.

Dee ·

Die reeks advertensies van die maatskappy weerspieel duidelik wie hulle verkose kliente is So die kastige verskoning wat nou gemaak word is betekenloos Ons het gelukkig jare gelede agtergekom dat n mens nie hierdie maatskappy se beloftes kan glo nie Bly weg!

Anneli Smit ·

Hmmmmm mnr. Otto, spyt kom te laat.
Dit is vir almal duidelik wat in jou hart aangaan. Jy kan maar vure probeer doodslaan soveel jy kan, daardie woorde kan nie ongedaan gemaak word nie.
Ons Afrikaners kan en sal ons besigheid gee waar ons veilig voel- en dit is duidelik nie by Miway nie

Afrikaanssprekende ·

A.g.v. hierdie uitlatings, sal ek nooit van MiWay se dienste gebruikmaak nie. Verder sal ek ook my kinders afraai om met MiWay besigheid te doen.

Leonidas ·

Mnr Otto, ek glo jou firma se kliëntebasis is groot genoeg om nie van die Afrikaners afhanklik te wees nie, want glo my, jy gaan nie een enkele Afrikaner oorhou nie.

In die gees van u onlangse boekklubaanbeveling, doen dan die regte ding, en beveel op u twietgevolg aan dat alle nie-Afrikaner Suid-Afrikaners dan die boek “Kill the Boer” lees. Dit bevat feite, eerder as gerugte, en sal ander Suid-Afrikaners se perspektief dalk bietjie verander.
Lees dit sommer self ook, dit is juis in Engels geskryf om dit vir ‘n wyer gehoor toeganklik te maak.
Nietemin, sterkte.

Francois ·

Mnr Otto.
Ek gaan more al my gemors by Santam en MiWay kanselleer.
Ek vra ook om verskoning.

Karen ·

Mnr Otto het ‘n LLB en LLM. Wil jy nou regtig vir my sê iemand met so wye regskennis het nie eers gedink voordat hy sulke snert kwytgeraak het nie. Asb tog die man het presies geweet wat hy skryf en het duidelik die intensie gehad om te beledig. Eers toe hy sien mense gaan dit nie net vat nie het hy omverskoning gevra en dan ook nog so patetiese veskoning. Nee wat maar net nog ‘n voorbeeld van ‘n twit op twitter. Pateet

Lerato ·

Ek sien verskeie kommentators op die blog sê. Hulle gaan nie die boek lees nie want dis op leuens geskoei.

As jy nie die boek lees nie. Hoe weet jy dis leuens?

Vra maar net.

Willem ·

Lees jy nie die media en wat die regsgeleerdes wat die boek gelees het sê nie? Ook die redakteurs van die koerante is dit eens. Daar is net bewerings, dis hoekom die FW de Klerk stigting ook die parlement gevra het of hulle nie die bewerings wil laat ondersoek nie.

Lerato ·

Willem
Die feit dat iets nie as waar bewys kan word nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie.

Kom ek gee jou n voorbeeld. Galileo het gesê die aarde draai om die son. Maar omdat dit op daai stadium nie bewys kon word nie, het mense gesê dis nie waar nie.

Dalk is die FW stigting juis daarop uit om die waarheid en geregtigheid vir die seuns te kry.

Ek glo nie aan tweede handse kennis nie. Ek sal self die boek lees en besluit.

Te veel mense laat ander vir hulle dink

Adam ·

Glo my, ek het presies dit gedoen en dit was ‘n enorme groot fout.

Ronel ·

Stem saam Adam, Verseker is verseker pateties! Ek het my polis vir twee voertuie ‘n maand gelede gekanseleer, net omdat die groep Afrikaans vooropstel maak nie noodwendig van hulle ‘n goeie maaatskappy nie!

Stefan ·

Ai tog. Mense is so sensitief deesdae. Mens kan letterlik niks meer sê en ñ hele bevolking vat sommer aanstoot.

What a joke! ·

Kry bietjie rugraat ou Stefan..
As jy aanhou op iemand pik in die geval die Afrikaner nasie alweer/nogsteeds dan raak n ou maar bietjie sensitief met n rede en net soms begin jy dan terug pik…..

Nico ·

Virseker gaan my mi way word. Beter premie en onapologeties trots Afrikaans

Deon Meyer ·

Die moordenaar natuurlik.As jy weet,meld dit by die SAPS aan,want bespiegeling is nie waarop die regstelsel werk nie.

KoosGrapJas ·

Ek dink Mr. Otto slaan die spyker op die kop. Ek dink net sy tyds berekening is dalk verkeerd.

Blanke Suid Afrikaners is maar net keelvol verby om te hoor als is hulle skuld. Ongelukkig as jy jou mond oopmaak om vir die “meerderheid” tereg te wys, is jy outomaties ñ rasis gebrandmerk.

SAnik(s) ·

Terloops: Baie geluk aan Steve met die prys wat sy film Treurgrond internasionaal gewen het

GP ·

Wow 126 kommentare sommer tjop tjop. Dit oor n tweet. Ek verskil nie van die kommentare nie maar sien die plaas wat oorgevat word in Burgersfort kry skaars 20 kommentare. Is ons fokus nie op verkeerde plek nie?

What a joke! ·

Dit word stil stil gedoen soos n dief in die nag!Dit is duidelik hul modes operandi!!!!Baie mense weet sekerlik nie eers daarvan nie GP…ek was een maar te danke aan jou weet ek nou..so wat kan ek doen..???.Ek staan by TLU en sal optree maar wat moet ons doen teen die klomp skelm helle van n regering wat die Blankes Afrikaners om elke hoek te probeer verdruk en uitwerk! Wat doen ons GP? Ek luister????

Landi ·

Ek stem saam met hom. Hy het nie gesê hy haat Afrikaners nie. Hyt nie gesê almal is sleg nie. Hy het gesê dat almal die boek moet lees VERAL die mense wat altyd voel/sê dat apartheid nie so groot invloed gehad het nie en mense wat destyds geskuil het agter godsdiens/geloof om bose dade te pleeg.
As jý nie onder daai kategorie val nie het jy mos niks om oor sleg te voel nie.
Of is dit juis OMDAT jy in daai kategorie val dat dit jou so ontstel?

Driekie ·

Mense mense….julle is almal so vinnig om te oordeel en klippe te gooi! Mnr Otto se bewoording was dalk net n bietjie kras maar hy het baie mooi om verskoning gevra. Waar is jul Christelike vergewings gesindheid?? Onthou niemand van ons weet verseker of die inhoud van die boek waar is aldan nie… Mnr Otto se bedoeling was dat ons Afrikaners moet besin en nie moet dink dat alle hoog geplaaste persone ( uit die verlede en teenswoordige tyd) “heilig” of sonder foute is of was nie…..Daar IS baie Suid-Afrikaners (van verskeie kleure en tale) wat dink hulle is verhewe bo ander….! En …NS. n Aanbeveling om n boek te lees is presies wat dit se…n Aanbeveling…. Dis nie n bevel of opdrag nie…. (Sjoe sommige mense se interpertasie van die Afrikaanse woordeskat (nogal) skiet te kort….)

druk i driekie ·

Ag driekie, asseblief…..Christelikheid se norm is ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Otto moet maar kry.

Tamatie ·

Ek het vir Rene Otto gewerk by Mi-way.Hy is een van die arrogantste mense wat ek in my hele lewe teëgekom het.Hy is lief vir sy eie stem en soos in sy twiet baie vinnig om sy “wysheid” en siening uit te blaker asof dit wat sy opinie is,joune moet wees ander gaan jy nie juis in jou lewe so ver soos hy kom nie, basies alwetend.Ek is glad nie verbaas oor sy twiet nie, ek het nog altyd gedink hy gaan iewers sy vingers brand met so tipe ding.Ek kan wel vir jou se Mnr Otto, die twiet was nie so wys nie, en vir iemand wat graag jou “wysheid” deel,knapgedaan slim vang sy baas.Ek hoop hulle raak van hom ontslae om eerlik te wees.Ek kan ook bevestig dat hy baie liewer vir hulle as vir ons is.

Juan ·

Liberalisme is n geestelike versteuring – dis al
Altyd interesant hoe n liberalis dit nodig vind om Christene te wys op hulle “foute”, maar tog begewe hulle moed hulle om muslims aan te vat!

Johanna Botha ·

MM is onder die kluite en ons moet nou blameer word vir die verlede …..ASB net soos met baie ander goed uit die verlede kry die huidige geslag die skuld en was toe nog nie eers gebore nie …..gaan dit OOIT end kry!

White Rhino ·

Otto gaan nie meer vir lank so grynslag nie . Dankie tog hy kry die wind van voor.
Hy verdien dit – regte kwaadsteker en toe brand hy sy vingers!
Mooi man.

Ottorasie ·

Nou wonder ek of dit die tipe praatjies is wat in die board rooms van Santam en Miway gepraat word? Melk die Afrikaner koei, terwyl ons hom eintlik verafsku. Maar geld is mos geld, dis net die kleur v geld wat saak maak, nie die kleur vd ou in wie se sak dit lê nie, ne mnr Otto. Santam en Miway kan mos maar Afrikaners verafsku solank hulle net ons geld kan vat mnr Otto?

Yaya ·

Te laat Otto.

Ek het klaar gister my polis gekanselleeer. Ek hoop REGTIG julle voel hierdie ou foutjie aan julle sakke

RobC ·

Lyk my mense in korporatiewe bestuur het nog nie gelees oor die “Streisand effect” nie… kan nogal duur wees as jy dit nie ken nie.

waarheid ·

Daar is baie sulkes soos Otto tussen ons- maak julle ore en oe oop en julle sal dit agterkom.
Lyk my die tipe ouens dink die regering is hulle goedgesind indien hulle die Afrikaner afkraak maar ek het nuus vir hulle – die regering voel vir ‘n veer vir hulle – en ons ook – so hulle gaan maar draadsitters bly vir die res van hulle lewens.

Nettie ·

@waarheid – ek stem saam met jou. DAAR IS HONDERDE DUISENDE tussen ons wat presies, op ‘n daaglikse basis, doen en sê wat Otto gesê het. Hulle doen dit egter nie in die openbaar nie.

Ek dink Otto is deur sy base en PR mense aangesê om “onvoorwaardelik om verskoning te vra”. EN HY BEDOEL DIT NIE. Die inhoud van die tweet was nie in die MINSTE om mense aan te raai om die boek te lees nie, dit was om die BLANKE AFRIKANER af te breek, te verkleineer en te isoleer as “kwaaddoeners” tydens die Apartheidsera.

CDK ·

Nee dankie vir MIWAY – Klaar gesê wat julle dink van die wit Afrikaans sprekende nasie.

CDK ·

Wat wie dink die man is hy ? Nee dankie MIWAY nee dankie Mnr Otto – Ek spandeer my “wit geld” eerder elders :-)

Stuiwer ·

Nasiebou? ALMAL moet daartoe bydra, nie net wit Afrikaners nie!

Buffel ·

“MiWay” = “No Way”. Dalk moet Otto en van Tonder van Spur saam ‘n besigheid begin…….

jimmy ·

Middag My goeie Makelaar,
Attie, ek het reeds gister met jou gekommunikeer dat ek regtig nie meer met Santam kan besigheid doen nie. Ek is regtig nie skaam om ‘n Blanke Afrikaner te wees nie en is ver verwyderd van wat meneer Rene Otto oor ons Afrikaners kwytraak. Alhoewel hy 10 dae later verskoning gevra het, na baie druk, het sy verskoning grootliks behels dat hy verkeerd verstaan is. Santam het ook steeds geen word gerep nie en het hom ook nie gerepudieer nie. Mens wonder wat sou gebeur indien hy bv soortgelyke beskuldigings na die Zulu, Xhosa of in die algemeen teenoor Swartmense sou kwytraak.
Kan julle asseblief my versekering kanselleer op 30 September 2018 en dus vanaf 1 Oktober geen meer premies verhaal nie. Hierdie is net ten opsigte van my eie versekering.
Baie dankie.

Jimmy

Andrea ·

Ongelukkig het ek nie n polis by MiWay nie, sou graag een wou hê sodat ek hom kon kanselleer. Maar hul advertensies het my nog altyd grensloos geïrriteer met hul ‘MaWay’-uitspraak van ‘MiWay’. Hoekom dan nie die storie ‘MaWay’ noem nie?

Unknown Bird ·

Rene OTTO, jy is ‘n “faust”! Uiteraard hengse onvergenoegd met jou skynbare suksesvolle posisie en jy kom vir my erg verveeld met jouself voor. Ek wonder hoeveel geraamtes het jy in jou kas??

Hennie Prinsloo ·

MiWay probeer nou al jare om hulle markaandeel in ń uiterste kompeterende mark te vestig. Dit is tragies dat insette wat sekerlik met groot entoesiasme gedoen is, deur swak oordeel van iemand ( wat MiWay se belange eerste moes stel) jare se harde werk so kan vermorsel.
ń Sekere, eens gewilde restaurantgroep, se omsette dui daarop dat die Afrikaner se geld tog net ń positiewe verskil kan maak.
Afrikaners gaan hopelik van nog ń ongevraagde kritikus ń voorbeeld maak.
Mnr Otto behoort nou die eerbare ding te doen. BEDANK !!!!!!!

White Rhino ·

Dankie aan almal wat hierdie Otto-mannetjie vertel waar Dawid die wortels begrawe het.
Hoop hy word gepos sodat hy op sy eie way kan gaan. Hy sal nou nie meer so lekker kan skouer skuur met van die groot manne wat Afrikaans is nie – hy het homself nou op sy eie alleen eiland geplaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.