Die vakbond Solidariteit het Vrydag ʼn interdik deur die Noord-Gautengse hooggeregshof teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekom om die SAPD te dwing om alle inligting rakende hul omstrede NSF-projek (“Non-Statutory Forces”-projek) bekend te maak.
Schalk de Bruin, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê die vakbond was genoodsaak om die hof te nader nadat dit aan die lig gekom het dat die SAPD voortgaan met die ongrondwetlike bevordering van 628 MK-lede en die uitsluiting van 150 000 van die ander professionele SAPD-lede.
“Dié interdik is ʼn groot deurbraak in ons geveg om duisende professionele, loopbaangedrewe SAPD-lede te beskerm teen dié onwettige en diskriminerende projek wat hulle toekoms in die wiele sou ry,” sê De Bruin.
Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregdienste van Solidariteit, verduidelik die hof het die vakbond se aansoek met kostes toegestaan. “Ons is verheug oor die uitspraak, want geregtigheid het geseëvier,” sê Van der Bijl. “Hierdie uitspraak bevestig net weereens dat ons en ons SAPD-lede, as grootste aandeelhouer in ʼn staatsinstansie soos die SAPD, die reg het tot deursigtigheid en deelname aan die bestuur en bestuursbesluite van so ʼn instansie.”
Die vakbond sal nou volgens Van der Bijl die inligting wat die SAPD verskaf noukeurig nagaan om te verseker dat Solidariteit in ʼn posisie is om sy lede se belange en regte te beskerm en te bevorder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Baie geluk. Wens julle kan spoedig ook ‘n deurbraak maak met Malema se grond grype.
Wat is die doelwitte van MK na amper 25 jaar van ANC regering? Daar is mos n nasionale weermag en polisie.
Dit laat vrae ontstaan oor tot watter mate die ANC getransformeer het van ‘n revolusionere organisasie na n politieke party.
Mooi so baie geluk!
Maak hul almal Generaals
Wel gedaan, Solidariteit!