MK-lid se saak na streekhof oorgeplaas

Oudpres. Jacob Zuma en Visvin Reddy. (Foto: Visvin Reddy)

Visvin Reddy, lid van die uMkhonto weSizwe (MK)-party, het Woensdag vlugtig in die Chatsworth-landdroshof verskyn op aanklagte van die aanhitsing tot openbare geweld.

Maroela Media het vroeër berig die aanklagte teen Reddy hou verband met video’s wat op sosiale media versprei is waarin hy gewaarsku het daar sal oproer wees as die MK-party nie toegelaat word om op die stembrief te verskyn nie.

Reddy het onder meer in een van die video’s gesê: “Daar sal anargie in hierdie land wees; daar sal onluste wees soos jy nog nooit in hierdie land gesien het nie. Daar sal geen verkiesing wees nie.”

In nog ʼn video sê Reddy die land sal in ʼn burgeroorlog verval as MK nie toegelaat word om sy veldtog te voer of om op die stembrief te verskyn nie.

Reddy het op sy amptelike TikTok-blad in nog ʼn video gesê hy is buite konteks aangehaal en dat hy onder meer in sy vorige video’s na die Julie-onluste van 2022 verwys het toe Zuma in hegtenis geneem is.

@visvinreddy

#SAMA28 #southafrica #stitch #fyp #jacobzuma #zuma #elections2024 #ethekwinimunicipality #trending #anc #votemk2024 #tiktoksa #ramaphosa

♬ original sound – VisvinReddyOfficialPage

Ná sy uitlatings is daar vandeesweek ʼn dagvaarding uitgereik vir Reddy om in die hof te verskyn, het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, bevestig.

Reddy se saak is Woensdag, ná ʼn vlugtige verskyning in die landdroshof, na die streekhof in Durban oorgeplaas.

Hy moet weer op 14 Junie in dié hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie ·

Nou vrae ek maar net terloops mnr Eff maak elke dag dreigemente en die staat doen niks.Is hulle bang vir hom?

Misky ·

Hy verskyn op 14 Junie weer in die hof en stemdag is 29 Mei. Wat is nou eintlik die punt of boodskap wat uitgestuur word?

Watsenaam ·

Reddy en sy “your (un) honorable” leier moes al lankal saam in die (politieke) bed geklim het om so te kan lieg. Jaag altwee Gaza toe om saam met hamas te leer wat die uitkoms van onheiligheid, kwaadpraat en van lieg is.

Watsenaam ·

Danie, net ‘n opmerking, julle gaan verbaas staan om te sien wat die twee partye EAFNFC (Die selfde ouens net anders voorgestel)se bloedbroers al die tyd in die mou voer. Dink julle dis verniet dat hulle so n groot ding van die wannabee zumpi se nuwe party maak. Als n rook skerm, kyk maar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.