MK mág aan verkiesing deelneem – kieshof

Die kieshof het in ʼn sitting van die hooggeregshof in Johannesburg Dinsdag eenparig die ANC se aansoek om die MK-party se deelname aan die komende verkiesing te stuit, van die hand gewys.

Dit volg nadat die ANC ʼn aansoek by die hof ingedien het om die uMkhonto we Siswe (MK)-party van oudpres. Jacob Zuma se registrasie onregmatig en nietig te laat verklaar.

Die regerende party het op 19 Maart die kieshof, wat toe in die appèlhof in Bloemfontein die aansoek aangehoor het, genader om die MK-party se registrasie as politieke party op 7 September verlede jaar te hersien en ter syde te stel.

Die ANC het aangevoer die MK-party se registrasie is onregmatig omdat die party na bewering vervalste handtekeninge in sy aanvanklike registrasie-aansoek by die verkiesingskommissie ingedien het.

ʼn Volbank regters – Lebogang Modiba, Jeremiah Shongwe, Leicester Adams, prof. Nomthandazo Ntlama-Makhanya en prof. Moses Phooko – het die saak aangehoor.

Hulle het eenparig beslis die registrasie was nie onregmatig nie en dat die ANC versuim het om sy appèlaansoek by die verkiesingsingkommissie betyds in te dien.

Die ANC het ook voete gesleep en sy appèlaansoek maande ná die MK-party se registrasie in September by die kieshof ingedien.

“Die ANC se verduideliking – oor hoekom sy aansoek laat ingedien is – is irrasioneel,” het die regters bevind.

“Die ANC kon nie na behore verduidelik hoekom hy meer as ʼn maand geneem het om teen die kommissie se besluit te appelleer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Renier ·

Admin,dis meeste van die tyd die probleem by die anc,of aldus die bebrek aan admin.

OW ·

Die regerende party doen alles in stadiger as stadig aksie.MK party gaan hulle looi in Mpumalanga en Kwazulu Natal.Soos ons agbare president al gesê het,”watch this space”

skurweberg ·

Hulle leer uit die voorbeeld van die tyd van die Nasionale Party, voor1994. Hou baie fyn dop…

annie ·

Wel, as die hof andersom bedluit het, moes ons al begin koes voor die Paasnaweek. Nou sal slow mo verder inskop.

Frank ·

Dink nie die ANC het die MK ernstig genoeg opgeneem nie en word nou eers wakker toe peilings begin wys dat hulle dalk meer steun gaan kry as wat die ANC gedink het

Magda ·

Daar moet dringend n WET ingebring word wat iemand wat enige musfaad teen sy Naam het nie mag deelneem aan n vetkiesing nie,want nou kan elke jan rap en sy tronk maatjie n politieke party stig, wat n GRAP is di land nie, skaam my dood.

Keelvol ·

Wens die ANC wil zoveel moeite doen die kinderagtige eff uit die verkiezing te skip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.